Oscar Pistorius nie skuldig aan moord nie

Die Noord Gautengse hooggeregshof het bevind dat Oscar Pistorius nie aan moord op sy vriendin Reeva Steenkamp skuldig is nie.

Regter Thokozile Masipa, het kort voor die etenstydverdaging gesê die Staat het nie daarin geslaag om sonder enige redelike twyfel te bewys dat Pistorius Steenkamp wou doodskiet nie.

Pistorius kan steeds op aanklagte van strafbare manslag skuldig bevind word.

Pistorius het die regter se bevinding met sigbare verligting aangehoor en in trane uitgebars toe die regter die slotsom oorgedra het.

Uitspraak word binnekort voortgesit.

64 thoughts on “Oscar Pistorius nie skuldig aan moord nie”

      1. Nog iemand wat Afrikaans praat en helaas, nie ‘n benul van Afrikaans het én, wat maar net Praag toe kom om aandag, nie geselskap te soek nie.

        Whatever (Dis eintlik maar jou naam hier), Jy is kwaadwillig en uit om mense sleg te maak en vals te beskuldig.

        Die ironie is dat jy my vals beskuldig en boonop VEROORDEEL!

      2. Dikwels as iemand n opinie gee waarvan n ander persoon nie hou nie noem laasgenoemde die opinie n oordeel . Slim manier om jouself te verontskuldig en blaam op die ander een te plaas . Tensy jy , Irah , subliem-volmaak is , het jy verseker al ge-‘oordeel’.

  1. Ek glo dat enge persoon met ‘n gebrek, veral iemand wat nie bene het nie, homself op ‘n buitengewone manier moet beskerm.
    Gestel net dat Pistorius se storie wel in ‘n mate die waarheid is, en dat hy wel vermoed het dat ‘n inbreker dalk in sy huis kon wees. Hoe moet hy optree om homself te verdedig agv sy gebrek aan beweeglikheid?
    Dit kan wees dat hy oordadig opgetree het, soos wat aan hom gestel was. Normale mense dink en tree anders op as mense met gebreke. Dit moet in gedagte gehou word.
    Dit is ook so dat mense met ligaamlikke gebreke nie maklik sal erken dat hulle nie tot normale optrede instaat is nie, en sal eerder die straf, as die werlikheid aanvaar, dat hulle nie normaal optree nie.
    Hierdie Pistorius saak is, en was, en sal nooit werklik op enige manier regverdig opgelos kan word nie.
    Tot dusver kan ek nie van “My Lady” se uitspraak verskil nie.

    1. As hy werklik gedink het die dame het nog geslaap (Hulle het nie gesels toe hy opgestaan het nie – volgens hom nou.) en wat volgens hom gebeur het, het werklik net so gebeur, stem ek volkome saam met jou.

      Dat sy die insig en oordeelsvermoë het om die saak te beoordeel…? Die latyn wat sy aanhaal hoort nie eers in haar uitspraak nie. Dis “monkey-see, monkey do” kennis en redes vir ‘n uitspraak tot oordeel – sonder enige persoonlike inisiatief – insig.

      Die prag in dit alles vir my is die radikale verskille in perspektief en, waarop die resultante daarvan gegrond is.

      1. Wat jy sê Dolk is ook waar.Eintlik is alles wat almal sê waar. Dit is presies hier waar die probleem is. Almal suig hulle duime, want niemand was daar om te sien wat werklik gebeur het nie. Dit is ‘n kwesie van wie se storie is die mees aanvaarbare een. Dit is nou die stories van mense wat nie daar was nie.
        En jy moet ook nie dink dat “My Lady” so slim is nie. Sy reageer op haar raadgewers se aanbevelings. Wie hulle ookal mog wees. Duidelik het geen OC genoeg verstand om hierdie saak op so ‘n wyse te kon uitrafel soos wat sy gedoen het nie.
        En dan moet ons ook in gedagte hou dat Pistorius dalk oor meer “onvermoeëns” beskik as bloot net ‘n gebrek aan bene om mee te loop. Dit kon dalk een van die redes gewees het waarom sy kop uitgehak het. En watter man sal so ‘n bekentenis ten aanhore van die wêreld maak. Veral as dit hom tot moord gedryf het.

          1. Ek het hierdie Pistorius saak hoegenaamd nie gevolg nie Dolk. Ek reageer bloot op die bietjie wat mens nie kan verhelp om so in die uitgerektheid daarvan mis te loop nie.

          2. Toegegee Arnieann – ek het heelwat daarvan gevolg. Ek is gaande oor “medical detectives”)

            Arnieann, ek is redelik van werk uitgeput – wat ek skrywe is maar afgewater – van hoe ek dit graag sou wou skryf – dus, slegs ter illustrasie. Gestel ek was iemand soos hy… Met bene.

            In kort dus: Ek staan op, doen presies wat hy gesê het… Tot – TOT waar “ek” ‘n skuif-geluid hoor…

            (Hoe de “hel”, van al die moontlikhede wat ek ‘n my rustige gemoedstoestand dan sou kon kies, EIEN ek uit die bloute – ‘n dowwe geluid AGTER ‘n toe deur, OOMBLIKLIK! – as ‘n MOORDDADIGE, GEWAPENDE INBREKER?! (Verskoon asb. die hoofletters – dis vir ‘n rede…)

            Daar is genoeg lig om my wapen LANGS my meisie te gaan gryp – in die stikdonkerte – sonder om eers aan haar DAN te dink – haar dalk saggies wakker te maak – sodat die MOORDDADIGE ROWER in ‘n ander toe vertrek my nie hoor nie… (Ek meen, ek “glo” nog net toe – daar’s ‘n monster in die toe toilet!)

            Dit is GRAFSTIL in die woonstel. Stikdonker. Ek is skielik, sonder enige rede, te bevrees om selfs die lig aan te skakel! Wat sal ek doen? Ek gil vir my (slapende) meisie – bel 911! (Iets in die lyn van dit… )

            Dit is nogsteeds GRAFSTIL in die woonstel. Nogsteeds stikdonker. Ek storm dapper?, al gillende in die stikdonkerte na ‘n toe deur- wat ek nie kan sien nie (Vanselfsprekend natuurlik) en gil (Ek meen gil!) “Get the f**k out of my house!”

            Ek weet nie waarom ek juis die woorde gegil het nie… Dit het net toe die “regte ding” gevoel om te doen) Ek wou eers die lig aan skakel en die gewapende Geluid vra om die deur stadig oop te maak… Toe dink ek “F” jou en druk die sneller een keer…

            Die vlam, die geweldige slag van die ontploffing – die terugslag-skok, die reuk van kordiet…! Dis toe dat ek weer sê: “F” dit ou, nou gaan ek jou ordentlik vrekmaak! Ek neem my staan in en, toe druk ek die sneller weer drie keer – die keer, meer moeiteloos.

            Dit is nogsteeds GRAFSTIL in die woonstel. Nogsteeds stikdonker. Dis toe dat ek my meisie onthou…, en met ‘n selftevrede grynslag omdraai…, en die krieketkolf gaan haal…

            Helaas… Die ligte het die heeltyd gebrand.

          3. Hierdie hele katostrofe is ‘n Skrywers Droom Dolk. Die moontlikhede is legio.
            Ek wil amper wed dat daar nog groot geld aan Pistorius betaal gaan word vir “Film regte”. Hang net af watter begaafde draaiboek skrywer met die beste vertolking tevoorskyn gaan kom.

    2. Arnie, ek verskil van jou oor hierdie een. Voordat jy in jou eie huis losbrand moet jy baie seker wees waar jou huismense is. SO baie tragedies het al so plaasgevind. As jy gereed is om daardie sneller te trek moet jy baie baie seker wees jou lewe is in gevaar.

          1. Nou maak jy my hartseer! (Dalk is dit jou opregte, aangename, Trippie-tipe kommentaar wat my nostalgies laat?)

        1. Dankie vir die kompliment Dolk. Ek reken as mens op ‘n senuwee druk dan gaan jy reaksie kry. Gelukkig is ek nou vir Praag ge”ontblok” – Daar is ook mos ander wat reken ek is radikaal, sjoe as ek radikaal is wat is die EFF en die ANC dan?
          Ja ek raak kwaad as my mense leed aangedoen word. Maar ek blaas nooit geweld aan nie – oorlog is net nooit die moeit werd nie. Verder het ek deernis vir die volk en hulle manier – ek is nie daarteen nie, ek wil net nie onder daardie manier van hulle lewe nie. Hulle kultuur is uniek, laat hulle dit na hartelus uitlewe, maar ek wil nie deel daarvan wees nie. Dit is al wat ek vra – skeiding tussen die nasies sodat ek in vrede en veligheid in my eie land kan woon. My eie taal kan praat en na my mense kan omsien. Ek gun die volk al hierdie dinge, ook al die rykdom in die wêreld as hulle daarvoor gewerk het, maar nie as hulle die bietjie wat ek het kom steel ook nie.

  2. Die groteske tragedie rondom Oscar is sooo lewenswaar en tipies van ons getikte samelewing in Tsafendastan dat almal daarmee identifiseer.
    Dis soortvan die Afrikaner se nuwe maatskaplike orde credo. Die kwessie van jou Naaste –

    Wat gebeur met jou Naastes as jy bietjie opgestress word?

    Soos met die geval van Gammat wat iemand gruwelik vermoor en vermink het se verklaring:
    Dat hy nie skuldig is aan moord nie want hy het dit nie aspres gedoen nie [Nie die OPSET gehad nie] – dit was bloot ‘n ongeluk toe hy gesuip was. Oorledene was dan sy beste vriend!!
    Regter:”Nou hoe is dit moontlik dat jy jou ‘ beste vriend’ op so ‘n gruwelike manier kon vermoor? Hmm?”
    Gammat: “:Djou Onner, die saak staan nou eitlik soe: Hy was die NAASTE!!”

    Die matelose tragedie van ons volk se vervloekte gesinsgeweld is al vir dekades die hoogste in die wêreld – dit kom van vêr af en hierdie verskroeide aarde en bosegees kanker voort.

    1. Eintlik kom dit nie van vêr af – soos iemand wat deur ‘n verskroeide aarde aangestap kom na jou toe nie… Nee, dit kom vlak – van diep hier binne in jou eie siel af…

      Waarom? Kain se gedagtes, handelinge daarna…, het my dit wys gemaak…

          1. Antwoord my vraag – jy is gedurig besig met persoonlike aanvalle – selde iets anders
            Gammat ander kawwer.

          2. Onder wat skryf jy nog “GAS”? Dink jy waaragtig jy kan mense bluf met jou verdagmakery? Staak hierdie lafhartige gepiep van jou teenoor ander en LEES wat ek geskryf het.

            Gaan spreek ‘n psigiater.

          3. Eerstens – jy is onbeskof en arrogant “GAS.”

            Tweedens, (Om jou ellendige vraag te antwoord) ek het nie ooit met: “Eintlik kom dit nie van vêr af – soos iemand wat deur ‘n verskroeide aarde aangestap kom na jou toe nie… Nee, dit kom vlak – van diep hier binne in jou eie siel af… Waarom? Kain se gedagtes, handelinge daarna…, het my dit wys gemaak…” na jóú verwys nie.

            Jou optrede beskou ek as narcisties, KLEINLIK en die van ‘n skoorsoeker, GAS.

          4. Juslaaik-nog ‘n persoonlike aanval in die laaste paragraaf.
            Julle Gammatteen Oscars is erg gevaarlike vir julle naastes.

          5. Jy het duidelik geen benul wat die begrip “persoonlike aanval” beteken nie gas. Slaan dit na en kry asb. end met die beuselagtige en sinnelose gesanik.

      1. Jy is duidelik van meet af hierbo kleinlik en ‘n skoorsoeker – dis ‘n FEIT – nie ‘n persoonlike belediging nie boet, jan, piet, gertjie suzi, gatiep, lucky… Whatever jy jouself volgende keer noem.

        Jy sou ‘n WONDERLIKE Afrikaan uitgemaak het – die woorde “persoonlike belediging” sou jy net na “jou rassis” verander het – want dis al “nommer” wat jy kan uitkry as jou kop vassteek. (Raadpleeg die anale – dit mag dalk inderdaad ‘n geneties-gedrewe reaksie wees.)

        My laaste skrywe aan jou tommy – sien dit ook maar as ‘n “persoonlike belediging”.

        Cheers!

          1. Jy soek OPENLIK skoor met my dan kom jy soos ‘n SLAK twee dae later, laat in die aand – om jou wonde te kom lek – met jou beledigende skrywe om my sleg te probeer maak?

            Skielik praat jy met die “ander lesers” – om hulle jou “gedwonge jurie” te maak? Gas, jy sal my nie om die bos lei met jou (primitiewe) egoïstiese poging teen my nie… Vermy my liewer asb.

            Aan Niemand gesê: Ek verag onderduimsheid en valse verdagmakery, laat staan nog iemand wat ander se guns soek – om sy eie lyf se aderlike seilsels toe te vee…

          2. Voel jy omsingel bedreigd soos Oscar? Verbeel jy jou goed wat nie bestaan nie?
            Of jy ‘hoor gesigte’ en ‘sien stemme’ Boet. ?
            Dinge wat nie bestaan nie. Bietjie baie bomskok
            Drink jou halluperidol
            Ek dink Oscar kan ook goed doen met dieselfde medikasie.

          3. Ek het nou maar oor die naweek gehoor van Praag by n kollega
            en het dit gewaag om ook n klein kommentaartjie te plaas. Dadelik word ek as
            Afrikaansprekende Afrikaners taalkundig reggehelp en nou kom n iemand wat bang
            is vir sy naam en brei uit op die aanvalle. Wat makeer julle? Julle gaan mos
            maak dat niemand die vrymoedigheid gaan he om deel te neem nie?

          4. Ek volstaan by wat ek gesê het en beskou die gesprek as afgehandel.

            NS Skielik is die “gepiep” weer ‘n gesanik…

  3. Weet jy ooit waarvoor die afkorting “IK” staan? En as jy dit weet, kan jy dit spel? Ek glo nie.

    Met jou manier van skrywe en mentaliteit, kan jy dalk met ‘n bietjie inspanning ‘n Ebola virus word. (Dis een manier om belangrik te voel. 😉 Intussen moet jy maar stegie-katte se kenne gaan krap vir geselskap…

  4. Ouballie? 10/4? Ek lag my nog skeef vir julle klomp IK-gestemde trolle! LMAA!

    Maak julle nou beurte – om te kyk wie die domste ding kan kwytraak?

    Nee wat, ‘n ou chappie-papiertjie sal jou in ‘n hoek in kan redeneer…

    Maak julle beurte in die ouetehuis waar jy bly om die skootrekenaar te gebruik ouballie?

    Sterkte ouboet!

  5. Oeps! Dat jy nou so neerhalend van julle kan praat? Ai… Ek pik sommer ‘n paar krokodiltrane weg…

    Dit het niks met “slim” te doen nie. Kom ek stel dit so – trolle maak die “kat wat met muise speel” in my wakker… Jy is reg – ‘n kat het ‘n baie beter voorgee as muise.

    Ouballie? Nee, ek is nog te jonk vir daardie waardige titel.

    Verras my en skryf iets oorspronkliks toe?

Maak 'n opvolg-bydrae