praag.co.za

Tag: Kongo

  • Inwoners vlug na skermutselinge in Brazzaville

    Inwoners vlug na skermutselinge in Brazzaville

    Kongolese inwoners van die suidelike distrikte van Brazzaville skuil by ’n kerk nadat hulle Maandag van intensiewe skermutselinge tussen veiligheidsmagte en opposisie-voorstanders in die suide van die hoofstad van die Republiek van die Kongo gevlug het.

    Gevegte woed nog in dele van die stad, het AFP berig.

    Volgens verslaggewers op die toneel, het paniekbevange mense na die noorde van die stad gestroom, weg van suidelike gebiede, wat lojaal aan die opposisie is en pres. Denis Sassou Nguesso se onlangse herverkiesing teenstaan.

    Swaar geweervuur is sedert vroeg dié week in die hoofstad van die ­Republiek van die Kongo gehoor. ’n Regeringswoordvoerder het bevestig dat die polisie in gevegte met ­milisie-vegters gewikkel is.

    Die skietery is in die suidelike Bacongo- en Makelekele-woonbuurt van Brazzaville gehoor.

    Die milisie staan bekend as die ninjas. Dit was een van die hoof-anti­regeringsmagte in die 1998-’99-burgeroorlog in die land.

    Die groep staan onder leiding van die afvallige pastoor, Frederic Bitsangou. Die groep het die 1999-skietstilstandooreenkoms onderteken, maar vroeg in 2000 weer die wapen opgeneem en geëis om ’n rol in politieke en militêre besluitneming te speel.

    Die milisie onder Bitsangou is uiteindelik ontbind en hy is later as minister in die land se regering aangestel.

    Maandag se gevegte kom weke na die herverkiesing van die langdienende president, Denis Sassou N’Guesso. Hy regeer die land sedert 1979 met uitsondering van vyf jaar sedert 1992 toe hy in die land se eerste veelparty verkiesing uitgestem is en nie aan bewind was nie.

    Hy het weer in die verkiesing wat op 20 Maart gehou is, gestaan nadat ’n grondwetlike referendum die termyn en ouderdomsbeperking vir presidentskandidate geskrap het.

  • Kongo se president wen nadat hy termyne skrap

    Kongo se president wen nadat hy termyne skrap

    President Denis Sassou Nguesso van die Kongo het die afgelope naweek se presidentsverkiesing gewen nadat hy gesorg het dat ‘n beperking op die aantal termyne wat hy mag dien, afgeskaf is.

    Hy is die afgelope 30 jaar reeds in die regeringstoel. Die land se ministerie van Binnelandse Sake het die uitslag in Brazzaville bekendgemaak te midde van ‘n verbod op alle kommunikasie.

    In die hoofstad Brazzaville, het die president se ondersteuners begin om die uitslag Woensdag reeds te vier na die voorlopige resultate aangekondig is.

    “In gebiede waar die regering steun geniet is die strate besig en daar is feitlik geen polisie of weermag teenwoordig nie,” het alJazeera berig.

    Opposisieleiers sê egter hulle sal nie die oorwinning aanvaar nie. Die regering het selfoonseine en die internet geblokkeer om onrus te voorkom.

    Nguesso het 60 persent van die stemme gekry. Hy het verlede jaar veranderinge aan die land se grondwet laat aanbring wat hom toelaat om nog sewe jaar president te wees.

    Sedert die grondwetlike referendum in Oktober wat ‘n beperking op die presidensiële termyne beëindig het, was die kanse van die 72-jarige voormalige valskermsoldaat om te wen, verseker.

    Die land is ryk aan olie en hout.

    Suid-Afrikaanse boere in die Republiek van die Kongo het ook glo reeds ‘n indruk op die president gemaak.

    Die boere het hulle gevestig op ’n staatsplaas van 85 000 ha in die Niari-vallei. Binne enkele maande het die boere 1 200 ha ontbos en met mielies beplant.

    Hulle het die waterpompe en pype na die grond herstel met die gevolg dat die plaaslike bevolking nou ook kraanwater het.

    Waar die plaaslike bakker maar enkele brode ’n week verkoop het, bak hy nou 200 brode per dag as gevolg van die nuwe werkgeleenthede en geld vir die plaaslike gemeenskap.

    Die Kongolese minister van Landbou het ’n video van die boere se suksesse gemaak ten einde dit aan die president te vertoon.

    Die projek is ook as ’n presidensiële projek verklaar.

  • Kongo stem binnekort oor president se derde termyn

    Pres. Denis Sassou Nguesso is reeds meer as 30 jaar aan die stuur van sake in die Republiek van die Kongo.

    Die 72-jarige president word grondwetlik verhinder om hom vir ‘n derde termyn verkiesbaar te stel en daar is ‘n ouderdomsbeperking van 70 jaar vasgestel, het AFP berig.

    Sassou Nguesso is onder verskeie Afrika-leiers wat in omstredenheid gedompel is omdat hulle verseg om die leisels prys te gee.

    Sassou Nguesso se besluit om hom vir ‘n derde termyn verkiesbaar te stel, het tot protesoptrede in die hoofstad, Brazzaville, gelei nadat die regering verlede maand sy voornemens aangekondig het.

    Soortgelyke planne deur sy eweknieë het vanjaar elders in Afrika tot geweldpleging gelei. In nabygeleë Burundi het pres. Pierre Nkurunziza se wyd veroordeelde derde termyn tot ‘n mislukte staatsgreep gelei.

    Laat verlede jaar is die ystervuis-leier van Burkina Faso, Blaise Compaore, uit die kussings gelig ná wydverspreide en gewilde straatprotes. Dít nadat hy probeer het om sy 27 jaar lange bewind te verleng.

    Die Oktober-referendum sal handel oor die twee-termyn-beperking en om die ouderdomsbeperking-voorsiening te skrap.
    Die referendum sal op 25 Oktober­­­­ plaasvind.

    Sassou Nguesso was van 1979 tot 1992 president. Daarna was hy die leier van die opposisie en het ná ‘n kort burgeroorlog in 1997 na die presidensiële paleis teruggekeer.

    Hy is in 2002 en weer in 2009 herkies as president midde ernstige besware van opposisiepartye rakende wydverspreide verkiesingsbedrog.

  • President dank twee ministers af wat kla oor nuwe termyn

    Reuters berig dat president Dennis Sassou Nguesso van die Republiek van Kongo twee ministers afgedank het wat gekant is teen voorgestelde grondwetlike wysigings om vir hom ’n verdere termyn as president moontlik te maak.

    Die 71-jarige Sassou Nguesso regeer al vir 31 jaar die olie-ryke Kongo. Volgens die huidige grondwet is hy tot twee termyne as staatshoof beperk.

    Hy het egter verlede maand ’n forum byeengeroep om grondwetlike hervormings te bespreek om die verhoging van die maksimum ouderdom van presidentskandidate en die tweetermyn-beperking te bespreek.

  • Aardbewing tref DRK

    ‘n Aardbewing van 5,6 het in die vroeë oggendure in die oostelike deel van die Demokratiese Republiek van die Kongo getref.

    Op Vrydag, plaaslike tyd, teen ‘n relatief vlak diepte van 10 km, het die Amerikaanse Geologiese Opname Donderdag berig dat die aardbewing na aan die land se grens met Rwanda voorgekom het.

    Die aardbewing het 39km noord van Bukavu, plaasgevind, het die USGS gesê.

    Die USGS aanvanklik berig die aardbewing het 5,8 op die Richterskaal gemeet.

    Verdere besonderhede is nog nie beskikbaar nie.

  • SA se gasinfrastuktuur gebrekkig sê rolspelers

    ‘n Voorlegging aan die Parlementêre portefeuljekomitee oor Energie het getoon dat ‘n gebrek aan infrastruktuur die verskaffing van gas vir huishoudelike en nywerheidsgebruik kniehalter.

    Rolspelers in die gassektor, insluitende SASOL, PetroSA, NERSA en die Departement van Energie het die Parlementêre komitee ingelig.

    Die Nasionale Energiereguleerder, NERSA sê plaaslike gasreserwes voldoen nie aan die potensiële vraag nie.

    ‘n Woordvoerder van NERSA, Nomfundo Maseti, sê alhoewel gas in buurlande ontdek word, is daar beperkte infrastruktuur om dit die land in te bring.

    Maseti sê daar is groot gasvondse in Mosambiek, Ghana, Tanzanië en in die Kongo. Die gasvoorraad is dus nie die probleem nie, maar die infrastruktuur om dit uit die buurstate by Suid-Afrika te kry.

  • Ebola-koors styg

    Die Wêrelgesondheidsorganisasie (WGO), het in Washington bekend gemaak dat byna 2000 mense reeds weens die ebola-virus dood is.

    Die hoof van die WGO, Margaret Chan het gewaarsku dat die siekte besig is om verder uit te kring. Daar is reeds 3500 gevalle in Guinee, Sierra Leone en Liberië bevestig.

    Die jongste syfer is aansienlik hoër as die 1552 sterftes wat vroeër aangemeld is.

    Chan sê die WGO hoop dat die oordrag van ebola binne ses tot nege maande gestuit kan word danksy die internasionale reaksie op die gesondheidsramp.

    Die Amerikaanse ambassadeur in Liberië, Deborah Malac het druk op president Ellen Johnson Sirleaf van Liberië geplaas om te bedank omdat sy glo nie die ebola-krisis reg bestuur nie.

    Die George Soros-stigting en ander nie-regeringsorganisasies wat die Amerikaanse regering steun, het die eis herhaal. Soros het ook gevra dat Wes-Afrika-troepe, ECOWAS, in die land ontplooi word.

    Malac beweer dat die Amerikaanse regering gesien het dat die Liberiese weermag op mense in kwarantyn skiet. Liberië het 1,3 miljoen mense onder kwarantyn geplaas nadat die WGO ‘n ebola-epidemie verklaar het. Dié mense het glo nie genoeg voedsel nie.

    Daar is vandeesweek 13 ebola-sterftes in die Kongo bevestig, maar die virus behoort nie tot dieselfde stam as dié in Wes-Afrika nie.

    Talle lande, waaronder ook Rusland, het aangedui dat hulle waarnemers sal stuur om ‘n oplossing vir die siekte te probeer vind.

    Die Minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi het aan die Nasionale Vergadering gesê die O.R. Thambo lughawe in Johannesburg is die toegangspunt wat die grootste risiko inhou waar mense die land met die ebola-virus kan binnekom.

    Hy het gesê weens die potensiële risiko is staatshospitale in Gauteng toegerus met beskermde toerusting sodat gesondheidswerkers doeltreffend teen die siekte kan optree.

    Die Lanseria lughawe word ook as ‘n risiko bestempel. Motsoaledi sê hulle stel op die oomblik ondersoek in na die risiko’s by die Kaapse Internasionale lughawe en die Koning Shaka lughawe in Durban.

  • VSA skenk geld vir Kongolese verkragtingslagoffers

    VSA skenk geld vir Kongolese verkragtingslagoffers

    hillary clintonDie Verenigde State gaan ‘n program finansier om die tienduisende vroueslagoffers van seksuele geweld in die oostelike Demokratiese Republiek van die Kongo te help, die Amerikaanse ambassade gister aangekondig.

    “Hierdie projek van sewe miljoen dollar (R54 miljoen) verleen steun aan klinieke, hospitale en gemeenskapsentra vir vroue en kinders,” wat slagoffers van verkragtings was, het die ambassade in ‘n verklaring gesê.

    Die projek, wat Espoir (Hoop) genoem is, is gesamentlik deur die Kongolese regering en die Amerikaanse ambassade geloods en word deur die USAID-ontwikkelingsagentskap gefinansier.

    Die werk sal deur die nie-regeringsorganisasie, die Internasionale Reddingskomitee, uitgevoer word.

    In die middel van Augustus het die Amerikaase minister van buitelandse sake, Hillary Clinton, op besoek aan Goma, die hoofstad van die oostelike Noord-Kivu-provinsie, Washington daartoe verbind om saam met die regering in Kinshasa en verskeie instansies in die stryd teen seksuele geweld te werk.

    Tienduisende vroue en jong meisies in die provinsies Noord-Kivu en Suid-Kivu is aangerand, ontvoer, verkrag en liggaamlik geskend deur lede van gewapende groepe, asook soldate van die Kongolese weermag, die FARDC, volgens die Verenigde Nasies.

    free 5 poundФільчаков Олександр Васильович

  • Britse firmas aan DRK se onwettige mineraalhandel verbind

    Die Global Witness het gesê die Kongolese weermag en ander gewapende groepe in die ooste van die land beheer 'n groot deel van die mynbou en handel in tinerts, koltan, wolfram wat dikwels met dwangarbeid geproduseer word.

    Die verslag beweer dat dié handel die 12-jaar oue konflik in daardie land verleng, wat gekenmerk word deur massamoorde en -verkragtings. Ongeveer 100 000 mense is net oor die afgelope paar maande uit hul huise verdryf.

    "Solank die vegtende partye hulself deur internasionale handel kan finansier, sal hulle vermoë om grootskaalse geweld teen die bevolking te pleeg, voortduur," sê Patrick Alley, die direkteur van Global Witness.

    Die verslag vra vir VN-sanksies teen buitelandse firmas wat die minerale van tussengangers koop sonder om vas te stel wie by die transaksie baat. Vele van die ondernemings wat deur Global Witness beskuldig word, is Belgies maar vra ook vir sanksies teen 'n Britse firma, Amalgamated Metal Corporation (AMC) in Londen, waarvan die filiaal, Thaisarco, tin in die ooste van die DRK aankoop.

    Global Witness erken dat Thaisarco minerale van wettige, regeringsgemagtige makelaars aankoop, maar argumenteer dat die maatskappy meer kon gedoen het om uit te vind wie die makelaars se verskaffers is. Dit verwys na 'n VN-resolusie wat om sanksies vra, waaronder die bevriesing van bates van individue of maatskappye wat Kongolese gewapende groepe bystaan om handel in natuurlike hulpbronne te dryf.

    Die verslag beweer Thaisarco se hoofverskaffer in die Suid-Kivu-streek, die sentrum van die konflik, ontvang sy tinerts van myne wat deur die Demokratiese Front vir die Bevryding van Rwanda (FDLR), een van die hooffaksies in die oorlog. Leiers van dié groep sluit Hoetoes wat aan die volksmoord in 1994 deelgeneem het, in.

    AMC het enige vuilspel ontken en geantwoord dat dit altyd by VN-voorskrifte hou waar minerale vanuit die DRK ter sprake is. In ooreenstemming hiermee, koop Thaisarco DRK-minerale onderworpe aan 'n onlangs bygewerkte magtigingsproses wat deursigtigheid deur die hele verskaffingsketting verseker.

    Die nuwe maatreëls, wat as die Tinverskaffingskettinginisiatief bekendstaan, is op 1 Julie geloods nadat die Global Witness-verslag voltooi is.

    "Die verskaffingskettingooreenkoms stel die opspoorbaarheid van minerale as 'n sleuteldoelwit ten einde te verseker dat die handel nie renegaat- of rebellegroepe laat baat nie," het AMC in 'n verklaring gesê.

    Die Britse departement van buitelandse sake het gister 'n verlaring uitgereik waarin erken word dat "die handel in onwettige minerale een van die faktore is wat stabiliteit in die oostelike DRK belemmer".

    подвесной светильник стеклоФильчаков