Limpopo se premier Stan Mathabatha het die skuld vir die gewelddadige betogings wat losgebars het in die Thulamela Plaaslike Munisipaliteit hierdie week op stamgebondenheid geblameer.
Die Malamulele gemeenskap het Maandag op ‘n plundertog gegaan, eiendom beskadig , ‘n padskraper, vragmotor, ses motors, twee openbare stoorkamers, 37 huise, en vier kantore wat aan die departement van openbare werke behoort vernietig.
Die betogers eis hul eie munisipaliteit, apart van die Thulamela munisipaliteit .
“Ons doen ‘n beroep vir die gemeenskap van Malamulele om hulself te weerhou van die gebruik van stamgebondenheid in hul eis ,” sê Mathabatha se woordvoerder Kenny Mathivha .
Mathivha het erken dat die Malamulele-stam hul eie munisipaliteit eis vir baie jare al.
Hy het gesê dit was nie die bevoegdheid van die provinsiale regering om af te baken nie, maar dié van die Afbakeningsraad .
“Die Afbakeningsraad is in die proses om hul probleme aan te spreek en hulle sal die antwoord baie gou weet .
“Suid-Afrika is nie ‘n federale regering nie, maar ‘n grondwetlike demokrasie. Ons kan nie toelaat dat mense skade aan die infrastruktuur in 20 jaar van demokrasie aanrig nie. . Ja, hulle het hul bekommernisse, maar moenie gewelddadig raak nie,” het hy gesê.
Die Thulamela Plaaslike Munisipaliteit is verdeel in twee groepe, hoofsaaklik Venda en Tsonga. Die taalverskille binne die munisipale raad is gereeld ‘n probleem.
Limpopo se polisiewoordvoerder Hangwani Mulaudzi het gesê die gewelddadige protes word deur 15 000 lede van die gemeenskap gedryf.
“Meer as 15 000 mense het Maandagoggend op ‘n plundertog gegaan, eiendom beskadig en winkels geplunder.
“Vier van hulle winkelsentrums is beskadig en heeltemal geplunder, hulle het 37 huise verwoes, en ‘n padskraper, ‘n vragmotor, en ses motors aan die brand gesteek.
“Ons kon daarin geslaag om hulle te keer om die plaaslike hospitaal af te brand, met magsvertoon … Maandag was ons op volle sterkte vir die hele dag en ons moes rubberkoeëls gebruik om hulle te stop,” het hy gesê.
Mulaudzi het gesê 51 mense is in hegtenis geneem en aangekla van openbare geweld . Hulle sal na verwagting in die hof verskyn Woensdag.
Die situasie is “kalm”, maar die polisie is steeds ontplooi.
Die regering wil hidrouliese breking as ’n “beheerde bedrywigheid” klassifiseer ingevolge die Nasionale Waterwet.
’n Kennisgewing van dié voorneme is in die Staatskoerant gepubliseer, het Edna Molewa, minister van waterwese en omgewingsake, Dinsdag in Pretoria gesê.
Dit beteken dat hidrouliese breking ’n “watergebruik is en dus ’n watergebruikslisensie vereis”.
Die kennisgewing is op 23 Augustus gepubliseer en 60 dae word vir openbare kommentaar toegelaat.
Molewa sê objektiwiteit is oor hidrobreking nodig. “Ek wil so objektief moontlik bly ten einde die beste meganisme te vind om die land vorentoe te neem sonder dat ons waterbronne beskadig word.
“Ek wil hê wat die beste is vir Suid-Afrika, veral vir ons waterbronne en omgewingsake.”
Molewa sê “alle voorsorgmaatreëls word getref om te verseker dat die moontlike uitwerking van hidrobreking op ons water versigtig, versigtig, bestuur en beperk word.”
Die kabinet het verlede jaar die moratorium op aansoeke om eksplorasie-lisensies vir skaliegas deur middel van hidrobreking opgehef. Eksplorasie in die Karoo sal moontlik reeds voor die 2014-verkiesing gemagtig word, het dr. Rob Davies, minister van handel en nywerheid, in Augustus gesê.
Die Alliance Against Fracking in SA meen wetgewing is onvoldoende om die bedryf te reguleer.
Die Treasure Karoo Action Group sê die regering maak grootliks staat op navorsing wat in opdrag van die departement van minerale bronne gedoen is en dit skiet te kort. – Sapa
Unileverhet Dinsdag gesêhulle het ‘n advertensie vir‘n gewildemargarienhandelsmerkinSuid-Afrika onttrek nadat ditveroordeel is ashomofobies.
Die advertensievirFlora–margarien, watis beskouword rykinOmega-3vetsure engoed vir die hart, word vertoonmet die woorde “uhh,paek isgay”,by ‘nporseleinhart.
“Jy moet‘n sterkhartvandag hê,” lui dieopskriflangs dieFlora–logoteen ‘n ligtepienkagtergrond.
Unileverhethom gedistansieer vandieadvertensie,wat deur ‘nSuid-Afrikaanseagentskap vervaardig is.
“Die advertensie gee aanstoot en is onaanvaarbaar enons het‘n onmiddellikeeinde daaraan gemaak,” hetUnathiMgobozi,‘n woordvoerder virdie Suid-Afrikaansefiliaal vanUnilever gesêin‘n kortverklaring aanAFP.
Sy het niebesonderhede gegeevanhoe lankdie advertensiealloopofwaar ditgepubliseer is nie.
“Hierdie advertensieis opgestel deur‘n eksterneagentskapinSuid-Afrika enisnie goedgekeur deuriemandbyUnilever nie,” het sy gesê.
“Unileveristrots op dieondersteuning watons weetons gee aan lesbiese,gay,biseksuele entransgendermense, insluitendedie onlangseveldtog vir gelyke huwelike.“
Dieplaaslike advertensie-maatskappy wat verantwoordelik isvir dieFlora–advertensiehet nie dadelik reageerop ‘n versoekvir kommentaar nie.
Ten spyte vanwetlike beskermingvirgaymense,loop Suid-Afrikadeur onder homofobiesegeweld, insluitende ‘n hoë voorkoms van “korrektieweverkragting“. – Sapa/AFP
Die regsverteenwoordiger vir Flippie Engelbrecht, wat as tiener na bewering deur ‘n boer van Ashton in die Wes-Kaap en sy plaasbestuurder aangerand is, het bekendgemaak dat die saak voortgaan.
Die boer, Johnny Burger het die week selfmoord gepleeg, maar Carina Papenfus sê siviele eise sal teen Burger se boedel ingestel word.
Burger en sy bestuurder, Wilhelm Treurnicht moes volgende Vrydag in die hof verskyn weens die beweerde aanranding wat 5 jaar gelede glo plaasgevind het.
Papenfus sê haar kliënt, Engelbrecht, is geskok deur die nuus oor die selfmoord en ook teleurgesteld dat hy nou nooit die waarheid sal weet nie.
Engelbrecht voer aan dat hy sy sig en sy hande as gevolg van die [beweerde] aanranding verloor het. – RSG
Flippie Engelbrecht in die omhelsing van Carina Papenfus
Die wynboer van die Bredevallei wat pas oorlede is, Johnny Burger, se prokureur het vroeër die venyn van die ongetoetste en valse beskuldigings teen sy kliënt oor die beweerde aanranding van ‘n plaaswerker, Flippie Engelbrecht, skerp gekritiseer.
Dit wil voorkom asof die volgehoue veldtog teen Burger deur die plaaswerker se regsverteenwoordiger Carina Papenfus, tot die tragiese dood van Burger gelei het. Burger het voor sy dood gesê hy is die “slagoffer van ‘n smeerveldtog deur ‘n kwaadsteker met ‘n politieke agenda”.
Die polisie kon nie bevestig of Burger sy eie lewe geneem het nie. Rapport het egter reeds op sy webtuiste verklaar dat Burger selfmoord gepleeg het.
Jaco Krauwkam, Burger se prokureur, het veral die wyse waarop “doelgerigte” sosiale media-veldtogte gevoer is om Burger in die media te stigmatiseer en te verhoor asook om Rietvallei-wynlandgoed ekonomies te knak, uitgewys.
Krauwkam het vroeër gesê dit dui op ’n doelbewuste “beswadderingspoging” deur Engelbrecht se regsverteenwoordiger, Papenfus.
Papenfus het tydens Burger se onlangse hofverskyning die publiek aangehits met uitroepe wat die spanning en woede van die gemeenskap verder verhoog het terwyl hulle moes wag vir die twee mans om te verskyn.
Meer as 100 plaaswerkers en lede van die gemeenskap wat uit Oudtshoorn, Swellendam, Barrydale en Piketberg ingebus is, het vanaf 9:00 buite die hof saamgedrom om die Engelbrecht-gesin te ondersteun.
Burger en sy voorman Treurnicht het eers ná 11:00 opgedaag, weens ‘n ongesteldheid. Dit het daartoe aanleiding gegee dat woede-uitbarstings vanuit die gallery gehoor is.
Uitroepe van “Hoekom is jy so spesiaal? Wie dink jy is jy?” het weerklink toe die twee die hofsaal binnegekom het.
“Jy sê dat jy nie goed voel nie. Hoe dink jy voel hierdie kind en al die ander kinders wat jy aanrand,” het Carina Papenfus, sekretaris van die Freedom Trust, geskree.
Na ‘n kort verskyning, het landdros Francois van Deventer die saak uitgestel tot 13 September.
Toe die twee die beskuldigdebank verlaat, het ‘n lid van die gemeenskap geskree: “Druk hom vas!” Daar was ‘n stormloop vir die deur, en die polisie moes ‘n bontstaan om die twee te beskerm toe die skare skielik op hulle toesak.
Die manne het hul bakkie veilig bereik, maar die oproeriges het begin om die voertuig van kant tot kant te skud, terwyl hulle teen die vensters en enjinkap gehamer het.
Krete van “Brand hom!” is gehoor en die skare het begin klippe gooi toe die bakkie wegtrek. Die polisie moes van ‘n skokgranaat gebruikmaak om die woedende skare uiteen te jaag.
Krouwkam het in ’n aparte verklaring gesê dat Engelbrecht na die beste van sy kliënt se wete in goeie gesondheid was toe hy die plaas in 2008 verlaat het.
Hy was beslis nie blind nie en het albei sy hande gehad. Hy het bygevoeg dat die Engelbrecht-egpaar ernstige drankprobleme gehad het en dat dit die rede was waarom hulle gevra is om Rietvallei te verlaat.
Burger het toe gesê hy sal enige vervolging ten sterkste teenstaan en die “kwaadstokers” wat dié valse aantygings maak aan die kaak stel en “tot verantwoording bring”.
Engelbrecht beweer die twee mans het op 25 Januarie 2008 sy kop só hard teen ’n wyntenk gestamp dat hy daarna gereelde epileptiese aanvalle gekry het. Nadat ’n operasie om die drukking op sy brein te verlig skeefgeloop het, het hy blind geword. In September 2009 het hy sy hande so erg verbrand nadat hy ’n epileptiese aanval langs ’n vuur gehad het dat sy hande geamputeer moes word.
Engelbrecht eis vergoeding, asook sy hande en sig terug. “Daai boer het my hart baie seer gemaak.”
Papenfus, van die Freedom Trust, het intussen ‘n Amerikaanse ontwerper, Ivan Owen, ingespan om duur prostetiese hande vir Engelbrecht te maak met die hulp van Richard van As.
Solomzi Ntlalombi, een van die betogers, het gesê dat hoewel hy nie vir Flippie ken nie, het hy gekom om hom te ondersteun .
“‘n Besering aan een is ‘n besering aan almal. Ons ondersteun hom as gevolg van die pyn wat hy gehad het.”
Engelbrecht het aanvanklik die bewerings van sy aanranding in die teenwoordigheid van Papenfus en twee senior lede van die Wes-Kaapse ANC, Pat Maran en Sanette Smit asook Shirley Davids van die “Mawabuye-grondregtebeweging” gedoen. Die foutiewe spelling verwys waarskynlik na die Mazibuye-grondregtebeweging.
Die omstrede Mazibuye-grondregtebeweging weier om ag te slaan op die toenemende kritiek uit linkse kringe oor sy anti-Indiese retoriek.
Die groep pleit ondermeer dat ook Indiese grond in KwaZulu-Natal herverdeel moet word onder swartes en dat Indiërs hul SEB-status moet verloor.
Die minister van Kuns en Kultuur, Paul Mashatile, het weer herhaal wat die regering se standpunt oor die Tshwane-Pretoria debat is. Mashatile sê Pretoria kan nie beskou word as ‘n stad nie.
Burgerlike organisasies, het die naamsverandering in die hof betwis. Hulle argumenteer dat die publiek nie geraadpleeg is oor die besluit nie.
In Oktober sal daar weer openbare verhore oor die kwessie gehou word.
“Daar is ‘n stad met die naam Tshwane en dit sluit in Mabopane, Soshanguve, Mamelodi in en dit sluit ook Pretoria in. En Pretoria is tans ‘n voorstad. Ek dink nie ‘n voorstad kan ‘n hoofstad genoem word nie,” sê die minister.
Die Minister van Minerale Hulpbronne, Susan Shabangu, het aan die media in Pretoria gesê indien die staking nie gou opgelos word nie, gaan dit die ekonomie ‘n knou kry.
Die regering is gereed om in te gryp in die goudmynsektor om skade wat die loongeskil aan die ekonomie veroorsaak, te keer.
Duisende vakbondlede van NUM het aangedui dat hulle by goudmyne in Gauteng en Noordwes sal begin staak.
Salarisonderhandelings het reeds twee maande gelede op ‘n dooiepunt bereik en vakbonde het ‘n finale aanbod deur die Kamer van Mynwese verwerp.
Na beraming kan die staking lei tot ‘n produksieverlies van meer as R350 miljoen per dag. Shabangu sê indien die regering moet ingryp, sal alle rolspelers betrek word.
Intussen staak werkers ook in die voertuigvervaardigingsbedryf en konstruksiesektor wat ‘n verdere nadelige uitwerking op die ekonomie het.
Ongeveer ‘n honderd werkers van Anglo American Platinum op Rustenburg in Noordwes wat afleggingskennisgewings ontvang het, het by die myn se Khomanani nommer twee skag byeengekom vir terugvoer van hul verteenwoordigers.
Amplats het vroeër aangedui dat meer as drieduisend werkers afgedank sal word. Die maatskappy sluit sy Khuseleka en Khomanani skagte in ‘n poging om mededingend te bly.
Myners vrees vir hulle toekoms en hoop dat Amplats sy besluit sal heroorweeg. Die strydende vakbonde, AMCU en die NUM, dreig met optrede.
Die myn se veiligheidsbeamptes monitor tans die situasie.
Die eienaar van die Rietvallei-wynlandgoed in die Boland, Johnny Burger het selfmoord gepleeg.
Burger is daarvan aangekla dat hy die seun van ‘n plaaswerker, die 19-jarige Flippie Engelbrecht vyf jaar gelede aangerand het.
Die bestuurder van Rietvallei, Wilhelm Treurnicht is ook aangekla. Engelbrecht is blind na die aanval, hy ly aan bloeding op die brein en hy kry epileptiese toevalle.
Sedert die beweerde aanranding het Engelbrecht ook albei sy hande verloor, toe hy tydens ‘n toeval in ‘n oop vuur beland het.
Die beskuldigdes moes weer op 13 September in die Ashton Landdroshof verskyn. – RSG
ProfessorRudolphZinn, ‘n professorinpolisiëring enforensieseondersoeke byUnisa, het gesêdie voortdurende gebruikvan oormatigegeweldinrooftogteis iets watbaieSuid-Afrikaanse navorsers “verstom”.
Zinnhet gesêterwyl baiegevangenes wat hyondervrahetgesê het dat hullegewoonlikgeweld gebruik om hul slagoffers te dwingomtydensrooftogte gehoor te gee aan hul eise, is wat gebeur in die meeste gevalle die uiterstemartelingen geweld.
Hy het ook gesêalkohol endwelms kannie as verskoning gebruik wordnie, omdat die meestegevangenesaangedui het dat terwyl hulle‘n misdaadpleeg, hulleverkies het om versigtig te weessodathulle nieiets aanvang wat kan lei tothulle arres of dat hulle bewyse van hul aandadigheid agterlaat nie.
“Hulle sê…ditis baie belangrikom dit te doenbinne so ‘n korttydsbestek as moontlik om nie gevang te word nie.Dit verduidelik egter nog nie die tipevan geweldwat gepaardgaan met misdaad nie.” – IOL
Dr. Jopie Breed, president van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU), het gister op die 17de hoofdesimposium gesê die vakbond kyk na stappe om Afrikaanse onderrig en die taal te beskerm.
Die SAOU sal die moontlikheid van ’n internasionaal erkende Afrikaanse matriekeindeksamen ondersoek, het Beeld berig.
Breed het gesê verteenwoordigers van die vakbond sal ‘n inligtingstoer na Afrikaanse stamlande onderneem om die moontlikheid van ’n internasionaal erkende matriekeksamen te ondersoek.
Die gedagte is om pro-aktief te wees en saam met die Suid-Afrikaanse instituut vir omvattende assessering (Sacai) op te tree om ’n eksamen te kan aanbied vir Afrikaanse leerlinge wat nie in die toekoms toegang daartoe sal hê nie.
“Met dié stap wil ons glad nie sê ons wil in opposisie of ’n teenpool vir die departement wees nie. Dit is bloot om ’n Afrikaanse eksamen beskikbaar te stel waar dit in sekere provinsies in die toekoms dalk minder moontlik sal wees,” het Breed gesê.
Sacai is besig om as onafhanklike eksamenliggaam akkreditasie te kry by Umalusi, die raad vir gehalteversekering in algemene en verdere onderwys en opleiding. – Alet Rademeyer
Stakende werkers in die motorbedryf sal vandag ‘n optog hou na die kantore van die vereniging van motorvervaardigers, NAAMSA, in Pretoria.
‘n Woordvoerder van NUMSA, Castro Ngobese, sê hulle sal ‘n memorandum met eise aan die Werkgewersvereniging van Motorvervaardigers oorhandig. Die staking in die motorbedryf is nou in sy derde week.
Werkgewers bied ‘n tien persent verhoging aan, wat deur die vakbond verwerp is. Die staking het reeds ontwrigting veroorsaak by sewe van die land se vernaamste voertuigvervaardigingsaanlegte.
By die Volkswagen-aanleg op Uitenhage naby Port Elizabeth het werkers onderneem om nie hulle salariseise te laat vaar nie.
Dit volg te midde van meningsverskille oor die staking in die motorbedryf. Werkers by die aanleg het gister met streekleiers vergader oor of hulle die staking moet aflas of nie.
‘n Woordvoerder van NUMSA, Phumzile Nodongwe, sê verskillende menings tydens stakings is normaal, en hulle sal probeer om dit eerder te bestuur en nie toelaat dat dit eenheid in die vakbond ondermyn nie.
Vandag se staking in die goudmynbedryf kan die land meer as 350 miljoen rand per dag kos aan verlore produksie. Dit is volgens berekenings wat gegrond is op die huidige goudprys. Ekonome beraam dat meer as 700 kilogram goudproduksie per dag verlore sal gaan.
Die National Union of Mineworkers het vroeër gesê 80 000 van sy lede in die goudbedryf is gereed om van vandag af te begin staak. Die NUM is die eerste mynvakbond wat vanjaar oor salarisse begin staak.
Vakbondlede het gisteraand voor die nagskof sou begin massavergaderings gehou. – RSG
‘n Inwoner van IvoryPark wat aan motors werk, hetR1.29miljoenontvang in ‘n tussentydse skikking nadat hysy linkerarm verloor het toe die polisiehom geskiet het, het TheStarDinsdag berig.
NtantiseDanielTaliwe,37,het dieskikkingmet die polisie bereik,nadat hy aanvanklikmeer asR10 miljoeninskadevergoeding geëis het.
Die saakis nooit gehoor nie aangesien die minister van polisieinsy amptelike hoedanigheid, totaleaanspreeklikheid erken het.
Taliwewas besig om aan ‘n motor te werk saam met drievriendeop 19 Augustus2004,toe hulle hoordat skote klap,volgens die verslag.
Sy vriendehet weggehardloop, maarTaliwe is getref met ‘n koeëlvan agter.Die koeëlhet in dielinkerkant van sybors ingegaan, en ‘n slagaar beskadig.
Hyhet ‘n operasie gehad om die sirkulasiete herstel nasy arm,en ‘ntweede operasieweensgangreen,wat daartoe gelei het dat sy armgeamputeer moes wordbokant die elmboog.
Dieskikking is ten opsigte vanvorige en dietoekomstige verlies aaninkomste enskadevergoeding bereik.
Die koeranthet gesê die polisiehet geen verduidelikingvir die skietery gegee nie. – Sapa
‘n Lid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) wat na bewering ‘n ander soldaat by die Bloemspruit-lugmagbasis doodgeskiet en nog een gewond het, sal vandag in die landdroshof in Bloemfontein verskyn.
Die voorval het Sondagoggend by die lugmagbasis buite Bloemfontein plaasgevind.
Die weermag swyg oor die omstandighede en wil ook nie kommentaar lewer op gerugte dat die motief vir die skietery verband hou met ‘n rusie oor ‘n vrou nie.
‘n Werknemer by die Gupta-broers se beleërde nuuskanaal ANN7 het Suid-Afrika inderhaas verlaat. Hy is terug na Indië nadat hy sy bedanking ingedien het.
Rajesh Sundaram, voormalige raadgewende redakteur, het een van die redes vir sy bedanking gegee as die nuuskanaal se pro-ANC houding, berig Eyewitness News. Hy het gesê Atul Gupta het onophoudelik ingemeng op redaksionele vlak.
Gupta het blykbaar altyd ‘n kamera by hom waarmee hy werknemers afneem omdat hy nie hulle name ken nie. Sundaram is drie keer na die president geneem waar Gupta aan Jacob Zuma gesê het dat die nuuskanaal getrou ANC en pro-Zuma sal wees.
Sundaram het die afgelope naweek die media genader omdat hy glo vrees vir sy veiligheid nadat hy uit die ANN7-kantore in Midrand gevlug het. Hy beweer ‘n gewapende lyfwag het hom gedreig.
Nazeem Howa, uitvoerende hoof van The New Age Media, wat ook die dagblad The New Age uitgee, het Sondag in ‘n verklaring Sundaram se bedankingsbrief uitgereik waarin die voormalige raadgewende redakteur positief was oor sy ervaring by die uitsaaier, berig The Star.
Sundaram het gesê die brief is geskryf voordat spanning met sy base breekpunt bereik het.
Howa het in ‘n geskrewe reaksie namens die uitsaaier gesê vergaderings tussen Sundaram en die bestuur het Vrydag plaasgevind. Hy het gesê Sundaram se bewerings is nie ’n reaksie waardig nie.
Volgens die koerant is die uitsaaier tans op soek na kandidate om die nuusspan te lei.
Shantanu Chatterjee is intussen as raadgewende redakteur aangestel. – Sapa