Unilever het Dinsdag gesê hulle het ‘n advertensie vir ‘n gewilde margarienhandelsmerk in Suid-Afrika onttrek nadat dit veroordeel is as homofobies.
Die advertensie vir Flora–margarien, wat is beskou word ryk in Omega-3 vetsure en goed vir die hart, word vertoon met die woorde “uhh, pa ek is gay”, by ‘n porselein hart.
“Jy moet ‘n sterk hart vandag hê,” lui die opskrif langs die Flora–logo teen ‘n ligte pienk agtergrond.
Unilever het hom gedistansieer van die advertensie, wat deur ‘n Suid-Afrikaanse agentskap vervaardig is.
“Die advertensie gee aanstoot en is onaanvaarbaar en ons het ‘n onmiddellike einde daaraan gemaak,” het Unathi Mgobozi, ‘n woordvoerder vir die Suid-Afrikaanse filiaal van Unilever gesê in ‘n kort verklaring aan AFP.
Sy het nie besonderhede gegee van hoe lank die advertensie al loop of waar dit gepubliseer is nie.
“Hierdie advertensie is opgestel deur ‘n eksterne agentskap in Suid-Afrika en is nie goedgekeur deur iemand by Unilever nie,” het sy gesê.
“Unilever is trots op die ondersteuning wat ons weet ons gee aan lesbiese, gay, biseksuele en transgender mense, insluitende die onlangse veldtog vir gelyke huwelike.“
Die plaaslike advertensie-maatskappy wat verantwoordelik is vir die Flora–advertensie het nie dadelik reageer op ‘n versoek vir kommentaar nie.
Ten spyte van wetlike beskerming vir gay mense, loop Suid-Afrika deur onder homofobiese geweld, insluitende ‘n hoë voorkoms van “korrektiewe verkragting“. – Sapa/AFP
