Wynlandgoedeienaar pleeg selfmoord na plaaswerkerklag

Die Burgers
Die Burgers

Die eienaar van die Rietvallei-wynlandgoed in die Boland, Johnny Burger het selfmoord gepleeg.

Burger is daarvan aangekla dat hy die seun van ‘n plaaswerker, die 19-jarige Flippie Engelbrecht vyf jaar gelede aangerand het.

Die bestuurder van Rietvallei, Wilhelm Treurnicht is ook aangekla. Engelbrecht is blind na die aanval, hy ly aan bloeding op die brein en hy kry epileptiese toevalle.

Sedert die beweerde aanranding het Engelbrecht ook albei sy hande verloor, toe hy tydens ‘n toeval in ‘n oop vuur beland het.

Die beskuldigdes moes weer op 13 September in die Ashton Landdroshof verskyn. – RSG

3 thoughts on “Wynlandgoedeienaar pleeg selfmoord na plaaswerkerklag”

    1. Inderdaad. Dit is net jammer dat die verskynsel van ‘n gewete nie universeel blyk te wees nie. So verlekker jou gerus. Ek wag nou in spanning op al die kapers/verkragters/moordenaars om die voorbeeld te volg. Sowat 20 000 per jaar sal moet presteer.

      1. Mnr. Goerilla, Het u enige beswaar indien ek met u sou saamstem? Ek sien dat my kommentaar nie geplaas word nie. Dit is vir my aanvaarbaar mnr. die redakteur. Ek glo u is bang die lesers stem met my saam wat ek dink hulle sal.
        Waar is my reg om my opinie te lig?

Maak 'n opvolg-bydrae