Die regering wil hidrouliese breking as ’n “beheerde bedrywigheid” klassifiseer ingevolge die Nasionale Waterwet.
’n Kennisgewing van dié voorneme is in die Staatskoerant gepubliseer, het Edna Molewa, minister van waterwese en omgewingsake, Dinsdag in Pretoria gesê.
Dit beteken dat hidrouliese breking ’n “watergebruik is en dus ’n watergebruikslisensie vereis”.
Die kennisgewing is op 23 Augustus gepubliseer en 60 dae word vir openbare kommentaar toegelaat.
Molewa sê objektiwiteit is oor hidrobreking nodig. “Ek wil so objektief moontlik bly ten einde die beste meganisme te vind om die land vorentoe te neem sonder dat ons waterbronne beskadig word.
“Ek wil hê wat die beste is vir Suid-Afrika, veral vir ons waterbronne en omgewingsake.”
Molewa sê “alle voorsorgmaatreëls word getref om te verseker dat die moontlike uitwerking van hidrobreking op ons water versigtig, versigtig, bestuur en beperk word.”
Die kabinet het verlede jaar die moratorium op aansoeke om eksplorasie-lisensies vir skaliegas deur middel van hidrobreking opgehef. Eksplorasie in die Karoo sal moontlik reeds voor die 2014-verkiesing gemagtig word, het dr. Rob Davies, minister van handel en nywerheid, in Augustus gesê.
Die Alliance Against Fracking in SA meen wetgewing is onvoldoende om die bedryf te reguleer.
Die Treasure Karoo Action Group sê die regering maak grootliks staat op navorsing wat in opdrag van die departement van minerale bronne gedoen is en dit skiet te kort. – Sapa

Nou hoe dan nou. Hulle kan nie eers die myne keer wat sonder waterlisensies bedryf in Mamparralankal nie. Nou wil hulle vir Shell en die ander groot gewigte probeer reguleer?
Daar is genoeg ander plekke waar hulle kan olie en gas uithaal. Los die Karoo uit.
Rooikop hulle alreeds n geruimetyd besig met
“Ofshore drilling” van bo van die Namibiese grens af tot by Mosselbaai en die
prys daar voor word ook alreeds betaal met ons visvangste wat baie ernstig
opgedroog het – benewens natuurlik die Sjinese se visttreilers wat met of
sonder die ANC regering se toestemming (ek vermoed hoogswaarskynlik met) ons
visbronne kom uitput het. Dit is nou behalwe die 400 duisend Sjinese wat alreeds
die land so stil stil ingestroom het en besighede in elke “nook en cranny” in
die land opgesit het natuurlik sonder om belasting pligtig te wees. Hierdie ANC
parasiete sal nie ophou tot Suid Afrika gelyk met die grond gemaak is nie –
hulle kan hulle self nie help nie.
Ja en dit net vir hulle eie sakke.
So oor die Sjinese – hulle is al voor 94 gelok. Op Bronkhorstspruit is die grootse Boeddiste (Spelling?) tempel buite Asië – hoekom hier op die suidpunt van afrika? Was hier dan so baie mense wat die oosterse gelowe aangehang het? (Hierdie tipe afgodery is deesdae hoog mode maar op die skaal?) Dit lyk my hierdie is al lank in die beplanning.
Hoe in jou lewe kan jy plofstof drie kilometer ondergrond beheer sodat dit nie die hele ondergrondse waterbronne in die Karoo en omliggende omgewing besoedel nie. Indien plofstof vasgekeer word het dit maksimum plofkrag en die skokgolwe kan vir honderde kilo meters skade aanrig. Onbeheerbare skade kan nie net aangerig word nie, maar sal aangerig word en die hele gebied besoedel.
Dit word Hidrobreking genoem – want dit word met water en chemikaliee gedoen. Daar is geen plofstowwe betrokke nie.
Mary dit is waar almal die groot fout maak. Ek het dit al voorheen ook probeer verduidelik, maar gaan kyk gerus op http://www.grafika24.com/so-werk-hidrobreking-presies/ dit sal jou presies seg hoe dit gedoen word met grafiese beskrywing.
Dit kan nie sonder plofstof gedoen word nie.
Die chemiese groep AECI is gereed en het reeds ‘n plofstof vir die doel ontwikkel.
Dankie Seg Net skreeu dit van die dakke af….
Word tog net wakker asb!
Soos ek voorheen aan jou gese het – lees n bietjie wyer.
570 verskillende chemikaliee word in die water vrygestel……. en land op in jou lewer.
oops !! Toe word jy sommer tjop tjop ore aangesit.
En dit geld ook sommer vir al jou ander storietjies.
Dit is my gebede dat die Hidrobreking in die Karoo sal “flop” en nooit gebeur nie. Hierdie is ernstig siek mense wat die gas kom steel nes die ander infrastruktuur in RSA.
Die snert of dit nou, onder watter wet ookal val sal die water in die Karoo vergif.
Kwien Lizzy is die groot aandeel houer hier.
Dit is die waarheid wat bitter min weet!
Om iets vir die nageslag te behou veg ons teen die Taiwanese, perlemoenstropers en onbevoegde regeringsamptenare. Die oormag raak al groter. Want wragtig die besluite wat geneem word skree teen hemele! Nie eers om te praat van die damage control na die tyd nie.
Kom adv Alberts, hier is werk vir jou! Hidrobreking in die Karoo mag onder geen omstandighede plaasvind nie. Dit is die laaste suiwer, skoon, onbesoedelde en onversteurde landskap wat ons nog oor het in hierdie land.
Greenpeace het mos selfs so vêr gegaan om sulke operasies te saboteur.
Dit kan dalk nog hier ook gebeur.
Shell is mos ‘n kaaskop maatskapy.
Gaan breek Holland se dyke en voeter hulle land ook op.
Hoe?
Shell kom vir sy pond vleis. Hulle het mos gehelp met die struggle, toe Pastoors die plofsyof vir die Kerkstraatbom vir hulle ingesmokkel het, Hollandse kerkgeld ingepomp is, en hulle Shell house wat nou die ANC hoofkantoor huisves vir hulle gegee het. Die deposito is betaal en daar moet nou uitgehaal word en soos gewoonlik is dit die wittes se erfporsie wat sal betaal. Totsiens my vaal ou karooland met blomme wat bloei by die wal.