ANC skielik inskiklik oor Tsonga-eise

Die sekretaris van die ANC in Limpopo, Knocks Seabi sê die Munisipale Afbakeningsraad kan dalk sy besluit oor Malamulele verander nadat etniese konflik tussen Vendas en Tsongas die gebied reeds weke lank teister.

Die Afbakeningsraad het vroeër die Tsongagemeenskap se eis vir ‘n eie munisipaliteit van die hand gewys.

President Jacob Zuma het vroeër gesê dit sal terugreik na tuislande en is onaanvaarbaar.

Vier skole, ‘n regeringspakhuis en `n winkel is reeds aan die brand gesteek in die protesoptrede wat al meer as vier weke duur.

Seabi sê die ANC en die inwoners van Malamulele sal nuwe voorleggings by die Afbakeningsraad indien.

Volgens hom sal die ANC sy eie voorlegging en die inwoners hul eie voorlegging maak.

Die Tsongasprekers beskuldig die Thulamela-munisipaliteit daarvan dat hy nie basiese dienste soos water en sanitasie aan hulle verskaf nie.

Etnisiteit en dienslewering vervleg

burningtyresSpanning loop hoog op Sterkspruit in die Oos-Kaap, ná ‘n vergadering van die Sterkspruit Inwonersvereniging en ander rolspelers waar hulle besluit het om met uitgebreide massa-optrede te begin tot daar aan hulle eis om ‘n onafhanklike munisipaliteit toegegee word.

Inwoners beskuldig die Senqu-munisipaliteit daarvan dat hy voorkeur gee aan Barkely-Oos en Lady Grey in die verskaffing van dienste en projekte. Die DA probeer munt slaan uit die oproer.

Die DA-leier in die Oos-Kaap Athol Trollip het gesê: “As die ANC Matatiele by die Oos-Kaap wil insluit en die mense wil in KwaZulu Natal wees, sal die ANC sorg dat dit gebeur. Wanneer hulle moet ‘n besluit, sê hulle dit is die afbakeningsraad en wanneer dit is in hul belang is om stemme te tel, sê hulle dat dit so sal wees.”

Vroeër vanjaar het soortgelyke massa-optrede daartoe gelei dat sake-ondernemings, skole en regeringskantore op die dorp gesluit moes word.

‘n Woordvoerder van die Inwonersvereniging, Mcebisi Mgojo sê hulle het besluit om die Presidensie te nader met ‘n versoek oor hulle eis. Hy sê hulle wil hê die president moet die dorp besoek om die kwessie te besleg.

Intussen sê inwoners van Bekkersdal naby Westonaria aan die Verre Wes-Rand dat hulle sal voortgaan met hulle betoging totdat daar aan hulle eise voldoen is.

Die inwoners het verlede week ‘n versoekskrif ingedien met meer as drieduisend handtekeninge waarin hulle vra dat die Metsimagolo-munisipaliteit onder administrasie geplaas word.

Verlede maand het gewelddadige betogings in Bekkersdal en ander dele uitgebreek weens ‘n gebrek aan dienslewering.

Betogings het gisteraand weer begin en dit is, volgens ‘n gemeenskapsleier, nie gewelddadig nie, hoewel buitebande aan die brand gesteek is. – RSG/SABC

Geweld in Limpopo weens stamgevegte

geweldlimLimpopo se premier Stan Mathabatha het die skuld vir die gewelddadige betogings wat losgebars het in die Thulamela Plaaslike Munisipaliteit hierdie week op stamgebondenheid geblameer.

Die Malamulele gemeenskap het Maandag op ‘n plundertog gegaan, eiendom beskadig , ‘n padskraper, vragmotor, ses motors, twee openbare stoorkamers, 37 huise, en vier kantore wat aan die departement van openbare werke behoort vernietig.

Die betogers eis hul eie munisipaliteit, apart van die Thulamela munisipaliteit .

“Ons doen ‘n beroep vir die gemeenskap van Malamulele om hulself te weerhou van die gebruik van stamgebondenheid in hul eis ,” sê Mathabatha se woordvoerder Kenny Mathivha .

Mathivha het erken dat die Malamulele-stam hul eie munisipaliteit eis vir baie jare al.

Hy het gesê dit was nie die bevoegdheid van die provinsiale regering om af te baken nie, maar dié van die Afbakeningsraad .

“Die Afbakeningsraad is in die proses om hul probleme aan te spreek en hulle sal die antwoord baie gou weet .

“Suid-Afrika is nie ‘n federale regering nie, maar ‘n grondwetlike demokrasie. Ons kan nie toelaat dat mense skade aan die infrastruktuur in 20 jaar van demokrasie aanrig nie. . Ja, hulle het hul bekommernisse, maar moenie gewelddadig raak nie,” het hy gesê.

Die Thulamela Plaaslike Munisipaliteit is verdeel in twee groepe, hoofsaaklik Venda en Tsonga.
Die taalverskille binne die munisipale raad is gereeld ‘n probleem.

Limpopo se polisiewoordvoerder Hangwani Mulaudzi het gesê die gewelddadige protes word deur 15 000 lede van die gemeenskap gedryf.

“Meer as 15 000 mense het Maandagoggend op ‘n plundertog gegaan, eiendom beskadig en winkels geplunder.

“Vier van hulle winkelsentrums is beskadig en heeltemal geplunder, hulle het 37 huise verwoes, en ‘n padskraper, ‘n vragmotor, en ses motors aan die brand gesteek.

“Ons kon daarin geslaag om hulle te keer om die plaaslike hospitaal af te brand, met magsvertoon … Maandag was ons op volle sterkte vir die hele dag en ons moes rubberkoeëls gebruik om hulle te stop,” het hy gesê.

Mulaudzi het gesê 51 mense is in hegtenis geneem en aangekla van openbare geweld . Hulle sal na verwagting in die hof verskyn Woensdag.

Die situasie is “kalm”, maar die polisie is steeds ontplooi.