Spanning loop hoog op Sterkspruit in die Oos-Kaap, ná ‘n vergadering van die Sterkspruit Inwonersvereniging en ander rolspelers waar hulle besluit het om met uitgebreide massa-optrede te begin tot daar aan hulle eis om ‘n onafhanklike munisipaliteit toegegee word.
Inwoners beskuldig die Senqu-munisipaliteit daarvan dat hy voorkeur gee aan Barkely-Oos en Lady Grey in die verskaffing van dienste en projekte. Die DA probeer munt slaan uit die oproer.
Die DA-leier in die Oos-Kaap Athol Trollip het gesê: “As die ANC Matatiele by die Oos-Kaap wil insluit en die mense wil in KwaZulu Natal wees, sal die ANC sorg dat dit gebeur. Wanneer hulle moet ‘n besluit, sê hulle dit is die afbakeningsraad en wanneer dit is in hul belang is om stemme te tel, sê hulle dat dit so sal wees.”
Vroeër vanjaar het soortgelyke massa-optrede daartoe gelei dat sake-ondernemings, skole en regeringskantore op die dorp gesluit moes word.
‘n Woordvoerder van die Inwonersvereniging, Mcebisi Mgojo sê hulle het besluit om die Presidensie te nader met ‘n versoek oor hulle eis. Hy sê hulle wil hê die president moet die dorp besoek om die kwessie te besleg.
Intussen sê inwoners van Bekkersdal naby Westonaria aan die Verre Wes-Rand dat hulle sal voortgaan met hulle betoging totdat daar aan hulle eise voldoen is.
Die inwoners het verlede week ‘n versoekskrif ingedien met meer as drieduisend handtekeninge waarin hulle vra dat die Metsimagolo-munisipaliteit onder administrasie geplaas word.
Verlede maand het gewelddadige betogings in Bekkersdal en ander dele uitgebreek weens ‘n gebrek aan dienslewering.
Betogings het gisteraand weer begin en dit is, volgens ‘n gemeenskapsleier, nie gewelddadig nie, hoewel buitebande aan die brand gesteek is. – RSG/SABC

Indien daar betoog moet word waar daar nie dienslewering is nie, sal daar in amper elke munisipale gebied betogings wees. Snaaks dat dit net swart is wat betoog en ook die wat op dienste aandring, maar nie betaal nie.