‘Dis teen die wet om oor Guptalanding te berig’

guptawaterkloofDie Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) het Woensdag gesê om inligting bekend te maak oor ‘n militêre tribunaal se voorlopige ondersoek na die landing van ‘n privaatvliegtuig by die Waterkloof-lugmagbasis, is teen die wet.

“Ter navolging van die Wet op Militêre Dissipline, word die verrigtinge by ‘n voorlopige ondersoek in camera gehou,” het Siphiwe Dlamini, woordvoerder van die SANW, in ‘n verklaring gesê.

“Diegene wat die verrigtinge in die media bespreek, moet hulle weerhou daarvan omdat dit ‘n oortreding van die wet is. Die SANW se militêre howe ag die kwessie as sub judice.”

Die afgelope naweek is berig dat sewe helikopters wat die Gupta-familie vervoer het, gemagtig is om vanaf die basis in Pilanesberg te vlieg om pres. Jacob Zuma te ontmoet.

Dít is glo vervat in die tribunaal se voorlopige ondersoekverslag.

Die tribunaal ondersoek vyf weermaglede in verband met die landing. – Sapa

7 thoughts on “‘Dis teen die wet om oor Guptalanding te berig’”

  1. “Militêre Dissipline”……. watter dissipline?

    “Die tribunaal ondersoek vyf weermaglede in verband met die landing” Daar is net een persoon wat ondersoek moet word…….maar ek sal nie berig dat hy ook soos n Ninja Tutle lyk nie…..

  2. Ek hoor hulle noem nou Lugmagbasis ‘n “sleutelpunt.” Ek wonder hoekom, daar is nie meer veilgheids risiko’s as Wonderboom lughawe nie want Waterkloof is deesdae niks anders anders nie as ‘n aankome en vetrek punt vir die “elite” regerings passsiers. Jare gelede toe Waterkloof die tuiste van verskeie militêre vliegeskaders was het dit as ‘n sleutelpunt gekwalifiseer. Dis nou net ‘n “glorified” vliegklub!

  3. Dit klink soos Tutu se WVK van voor af. DIe majoors en die kolonels tree aan om slae te kry. Die politici en die generaals wat die opdragte uitgedeel het word bevorder (of gaan op pensioen, maar ek twyfel of dit nog so gedoen word).

Maak 'n opvolg-bydrae