
Libië se eerste minister, Ali Zeidan, is Donderdagoggend deur ‘n gewapende groep ontvoer, het dié land se regering gesê.
“Die hoof van die oorgangsregering, Ali Zeidan, is buite ‘n hotel in Tripoli ontvoer deur mans, wat vermoedelik voormalige rebelle is, het die regering in ‘n kort verklaring op sy webtuiste gesê.
Die groep het nog nie enige voorwaardes gestel nie, het AFP berig.
Die Al-Arabiya televisiekanaal het beeldmateriaal uitgesaai waarin gewapende mans hom by sy hotel in Tripoli wegvoer.
Volgens een van die hotel se wagte, was dit ‘n inhegtenisneming, maar ‘n ander ooggetuie het die mans as militante beskryf.
Zeidan is moontlik in weerwraak gevange geneem vir sy regering se rol in die ondersteuning van die VSA in die onlangse arrestasie van ‘n vermeende Al Kaida-leier.
Twee jaar sedert Moemmar Gaddafi vermoor is, is die land se regering steeds in chaos gedompel weens milisies en Islamitiese militante wat groot dele van die land beheer.

Die produk van die VSA se “wereld hervorming”
Yes we scam.
Orde uit Chaos, maar VSA en sy trawante gaan eers groot Chaos stig. Facisme op sy beste.
Libie was een van die beste lande in Afrika, ok, hulle het ook die lelikste diktator gehad, maar die gewone man en vrou op die straat was wel af.
Mens kan die VSA se beleid as ‘n sukses beskou, want hulle grootste uitvoerproduk is nou terreur en nie demokrasie nie. Of is dit dalk dieselfde ding? Omdat hulle terreur uitvoer kan hulle weens hulle verdedigingsbegroting dan oral aanmeld vir “vrede”, dus inmenging en batebeslag op hul eie voorwaardes in die naam van “konflikbestuur”. Wie gaan hulle keer?
Gas, jy is 100% reg
Hulle speel al hierdie speletjie sedert 1951 in Iran. Die Imperialistiese ‘Industrial Military Machine’ wat met ‘n koue hand vat wat hy wil.
Another Yankee Zionist g@tkryper..