Australiese premier siek vir VN-gepreek oor immigrasie

In Perth het die Australiese­ premier, Tony Abbott, Woensdag­ gesê hy is siek en sat vir die Verenigde­ Nasies (VN) se gepreek oor onwettige immigrante, het die Daily Mail berig.

Abbott het gesê die Australiese­ beleid om onwettige­ immigrante­ se bote soms terug te sleep na hul land van oorsprong, is “die ordentlikste­, barmhartigste­” oplossing.

Abbott het gereageer op die VN se beroep op onder meer die Europese Unie om hom daartoe te verbind om aansienlik meer vlugtelinge toe te laat as wat tans gebeur, en kanale te skep vir veilige migrasie.

In ‘n ope brief het senior VN-amptenare gesê die EU se voorstelle is grootliks daarop gemik om die toestroming van migrante te keer eerder as om hulle veiligheid en regte ‘n prioriteit te maak.

Die VN sê sterker maatreëls om migrante se regte te beskerm sal meer in ooreenstemming wees met die EU se eie beginsels van menslikheid, eensgesingheid en respek vir menseregte.

Nigel Farage, die leier van die UK Independence Party (UKIP) het Abbott geprys vir sy voorstelle aan Europa se leiers oor hoe om die bote uit Afrika terug te draai.

Farage wou egter nie die aanhouding van immigrante, die aanhouding van kinders, of gedwonge terugdryfmaatreëls onderskryf wat deur Australië toegepas word nie.

“Sommige van die maniere waarop Australië optree oor hierdie dinge,” het hy gesê, “is taaier as wat ons in Brittanje kan aanvaar.”

Farage probeer stemme werf vir die verkiesing oor twee weke met sy party wat teruggesak het in die peilings.

Premier Matteo Renzi van Italië het Abbott se taksering beaam. Renzi het aan wetgewers in Rome gesê Europa en die VN moet saam ingryp, het Bloomberg berig.

Dié uitlatings volg nadat ‘n boot Sondag onderweg­ na die Italiaanse eiland Lampedusa­ omgeslaan het. Na raming het byna 700 mense omgekom.

Libiese wetstoepassers het Dinsdag sowat 70 mense in Tripoli in hegtenis geneem terwyl hulle op ‘n boot gewag het gewag het om hulle na Lampedusa­ in Italië te neem, het ‘n emigrasie-­ampte­naa­r gesê.

Twee bote, een met sowat 250 mense van onder meer Senegal, Ghana en Ethiopië, en die ander met honderde­ Ethiopiërs­ en burgers van Eritrea aan boord, is ook voorgekeer­ nadat hulle reeds uit Libië vertrek het na die EU-Eldorado.

Etlike vaartuie met sowat 600 mense aan boord wat na Italië wou vlug, is die afgelope­ drie dae verhoed om uit Libië te vertrek, het ’n veiligheidsamptenaar­ hier gesê.

Droster-offisier kan Libië in volskaalse burgeroorlog stort

Genl Haftar
Genl Haftar

Bloedige gevegte tussen strydende militante groepe in die Libiese hoofstad, Tripoli, het die lewens van 4 mense geëis en talle gewond.

Dit volg nadat gewapende magte van genl. Khalifa Haftar die gebou van die tussentydse parlement bestorm het en talle parlementslede uit die gebou moes vlug.

Gevegte het ook vroeg Maandagoggend uitgebreek in Benghazi in oos-Libië nadat gewapende aanvallers vuurpyle na die stad se lughawe, weermag en veiligheidmagte gevuur het.

Daar is gerugte dat die ondersteuners van die droster weermagoffisier, Haftar, die aanval uitgevoer het.

Sy magte het Vrydag ook ‘n grootskaalse lug-en grondaanval op Benghazi uitgevoer wat daartoe gelei het dat die regering die gebied tot ‘n vlugspersone verklaar het. Die aanvallers eis dat die regering ontbind word.

Tripoli beskuldig Haftar se magte, gerugsteun deur vegvliegtuie , helikopters en vuurpyllanseerders van die aanvalle wat talle ontleders meen tot ‘n volskaalse burgeroorlog kan lei.

Haftar probeer homself voorhou as ‘n verdediger van die Libiese mense wat die land van Islamitiese “ekstremiste” wil suiwer.

Haftar is ‘n belangrike speler te midde van die politieke chaos wat Libië steeds teister drie jaar ná die onwettige Amerikaanse inval in die land.

Haftar het sy militêre loopbaan onder Libië se voormalige monargie begin. In 1969 was hy een van ‘n klein groepie, gelei deur Gaddafi wat van Idris ontslae geraak het om Gaddafi vir die daaropvolgende 42 jaar aan bewind te kry.

Haftar se ommeswaai van ‘n lojale Gaddafi bondgenoot na leier van die opposisie, byna twee dekades later, was skynbaar as gevolg van Libië se lang en rampspoedige oorlog met Tsjad tussen 1978-1987.

Haftar is gevange geneem in Tsjad, maar is glo dadelik vrygelaat nadat hy die Libiese leier verloën het.

Die bevelvoerder van Libië se spesiale magte het Maandag aangedui dat sy troepe aangesluit het by Khalifa Haftar.

“Ons is met Haftar,” het die bevelvoerder Wanis Bukhamada aan Reuters gesê.

Die spesiale magte is die beste opgeleide troepe van Libië se ontluikende leër. Hulle is sedert verlede jaar in Benghazi ontplooi.

Benghazi is ook in die nuus in die VSA omdat die aanval in 2012 op die Amerikaanse CIA-basis wat deur Hillary Clinton en die Obama-administrasie toegesmeer word, die Demokrate dalk die volgende verkiesing kan kos.

Clinton was glo besig om onwettig wapens uit die Libiese arsenaal te smokkel na die rebelle in Sirië om ‘n burgeroorlog daar aan te stig.

Bande tussen Haftar en die CIA is deur die New York Times bevestig en gaan sover terug soos 1991.

Die Amerikaanse intelligensie-dienste het die opleiding van Haftar en sy 350-sterk troepekontingent befonds en ondersteun in “sabotasie en ander guerrilla-vaardighede” in Tsjad as deel van pogings in die omverwerping van Gaddafi.

Toe die regering van Tsjad self omvergewerp is in 1990, het die VSA probeer om ‘n nuwe tuiste vir Haftar en sy troepe te reël.

Na mislukte pogings om hulle in Kenia en Zaïre (nou die Demokratiese Republiek van die Kongo) te vestig, moes Washington noodgedwonge uiteindelik asiel toestaan en Haftar na die VSA laat kom.

Die volgende hoofstuk van Haftar se lewe was 20 jaar, oënskynlik heel rustig saam met sy gesin in die voorstedelike Virginia, net ‘n paar kilometer weg van die CIA se hoofkwartier in Langley.

Die VSA se militêre magte het die getal vliegtuie ​​in Italië verdubbel om Libië te ontruim, het CNN Dinsdag berig.

Die besluit om te ontruim as geweld in die Libiese hoofstad toeneem word tans “minuut per minuut, uur na uur” gevolg, het ‘n Amerikaanse verdedigingsamptenaar aan CNN gesê.

Intussen het die Saoedi-ambassadeur in Libië aangekondig dat sy land se ambassade en konsulaat in Tripoli gesluit is van Maandag as gevolg van die geweld, en die personeel het Tripoli verlaat.

Turkye, nog ‘n Amerikaanse bondgenoot, het soortgelyke maatreëls aangekondig en sy konsulaat in Benghazi gesluit, het die Anadolu-nuusagentskap berig.

Libiese premier ontvoer

Ali Zeidan
Ali Zeidan

Libië se eerste minister, Ali Zeidan, is Donderdagoggend deur ‘n gewapende groep ontvoer, het dié land se regering gesê.

“Die hoof van die oorgangsregering, Ali Zeidan, is buite ‘n hotel in Tripoli ontvoer deur mans, wat vermoedelik voormalige rebelle is, het die regering in ‘n kort verklaring op sy webtuiste gesê.

Die groep het nog nie enige voorwaardes gestel nie, het AFP berig.

Die Al-Arabiya televisiekanaal het beeldmateriaal uitgesaai waarin gewapende mans hom by sy hotel in Tripoli wegvoer.

Volgens een van die hotel se wagte, was dit ‘n inhegtenisneming, maar ‘n ander ooggetuie het die mans as militante beskryf.

Zeidan is moontlik in weerwraak gevange geneem vir sy regering se rol in die ondersteuning van die VSA in die onlangse arrestasie van ‘n vermeende Al Kaida-leier.

Twee jaar sedert Moemmar Gaddafi vermoor is, is die land se regering steeds in chaos gedompel weens milisies en Islamitiese militante wat groot dele van die land beheer.

‘Nigerië moet verdeel word’

Daar is niks wat die etniese geweld in Nigerië sal kan stop nie, behalwe as die bevolking in Christen- en Moslemstate verdeel word, het Libië se leier gesê.

Moeammar Gaddafi het aan ‘n groep Afrika-studenteleiers in Triplo gesê dat die geweld in Nigerië van ‘n godsdienstige aard is en dat dit ‘n radikale oplossing vereis.

Nigerië moes hierdie jaar twee uitbarstings van geweld tussen Moslems en Christene trotseer, toe mans en vroue vermoor is. Die geweld word vermoedelik meestal uit wraak gepleeg, maar groeiende godsdienshaat en politieke en etniese mededinging vuur die aanvalle nog verder aan.

Nigerië, ‘n land met ongeveer 150 miljoen mense, het net soveel Moslems in die noorde as Christene in die suide.

Volgens Gaddafi sal dié uitweg pynlik wees, maar dit moet bereik word deur ‘n ooreenkoms, en níé deur nog gevegte of bloedvrgieting nie.

нужна ли медицинскаяФільчаков Олександр Васильович прокурор