
Bloedige gevegte tussen strydende militante groepe in die Libiese hoofstad, Tripoli, het die lewens van 4 mense geëis en talle gewond.
Dit volg nadat gewapende magte van genl. Khalifa Haftar die gebou van die tussentydse parlement bestorm het en talle parlementslede uit die gebou moes vlug.
Gevegte het ook vroeg Maandagoggend uitgebreek in Benghazi in oos-Libië nadat gewapende aanvallers vuurpyle na die stad se lughawe, weermag en veiligheidmagte gevuur het.
Daar is gerugte dat die ondersteuners van die droster weermagoffisier, Haftar, die aanval uitgevoer het.
Sy magte het Vrydag ook ‘n grootskaalse lug-en grondaanval op Benghazi uitgevoer wat daartoe gelei het dat die regering die gebied tot ‘n vlugspersone verklaar het. Die aanvallers eis dat die regering ontbind word.
Tripoli beskuldig Haftar se magte, gerugsteun deur vegvliegtuie , helikopters en vuurpyllanseerders van die aanvalle wat talle ontleders meen tot ‘n volskaalse burgeroorlog kan lei.
Haftar probeer homself voorhou as ‘n verdediger van die Libiese mense wat die land van Islamitiese “ekstremiste” wil suiwer.
Haftar is ‘n belangrike speler te midde van die politieke chaos wat Libië steeds teister drie jaar ná die onwettige Amerikaanse inval in die land.
Haftar het sy militêre loopbaan onder Libië se voormalige monargie begin. In 1969 was hy een van ‘n klein groepie, gelei deur Gaddafi wat van Idris ontslae geraak het om Gaddafi vir die daaropvolgende 42 jaar aan bewind te kry.
Haftar se ommeswaai van ‘n lojale Gaddafi bondgenoot na leier van die opposisie, byna twee dekades later, was skynbaar as gevolg van Libië se lang en rampspoedige oorlog met Tsjad tussen 1978-1987.
Haftar is gevange geneem in Tsjad, maar is glo dadelik vrygelaat nadat hy die Libiese leier verloën het.
Die bevelvoerder van Libië se spesiale magte het Maandag aangedui dat sy troepe aangesluit het by Khalifa Haftar.
“Ons is met Haftar,” het die bevelvoerder Wanis Bukhamada aan Reuters gesê.
Die spesiale magte is die beste opgeleide troepe van Libië se ontluikende leër. Hulle is sedert verlede jaar in Benghazi ontplooi.
Benghazi is ook in die nuus in die VSA omdat die aanval in 2012 op die Amerikaanse CIA-basis wat deur Hillary Clinton en die Obama-administrasie toegesmeer word, die Demokrate dalk die volgende verkiesing kan kos.
Clinton was glo besig om onwettig wapens uit die Libiese arsenaal te smokkel na die rebelle in Sirië om ‘n burgeroorlog daar aan te stig.
Bande tussen Haftar en die CIA is deur die New York Times bevestig en gaan sover terug soos 1991.
Die Amerikaanse intelligensie-dienste het die opleiding van Haftar en sy 350-sterk troepekontingent befonds en ondersteun in “sabotasie en ander guerrilla-vaardighede” in Tsjad as deel van pogings in die omverwerping van Gaddafi.
Toe die regering van Tsjad self omvergewerp is in 1990, het die VSA probeer om ‘n nuwe tuiste vir Haftar en sy troepe te reël.
Na mislukte pogings om hulle in Kenia en Zaïre (nou die Demokratiese Republiek van die Kongo) te vestig, moes Washington noodgedwonge uiteindelik asiel toestaan en Haftar na die VSA laat kom.
Die volgende hoofstuk van Haftar se lewe was 20 jaar, oënskynlik heel rustig saam met sy gesin in die voorstedelike Virginia, net ‘n paar kilometer weg van die CIA se hoofkwartier in Langley.
Die VSA se militêre magte het die getal vliegtuie in Italië verdubbel om Libië te ontruim, het CNN Dinsdag berig.
Die besluit om te ontruim as geweld in die Libiese hoofstad toeneem word tans “minuut per minuut, uur na uur” gevolg, het ‘n Amerikaanse verdedigingsamptenaar aan CNN gesê.
Intussen het die Saoedi-ambassadeur in Libië aangekondig dat sy land se ambassade en konsulaat in Tripoli gesluit is van Maandag as gevolg van die geweld, en die personeel het Tripoli verlaat.
Turkye, nog ‘n Amerikaanse bondgenoot, het soortgelyke maatreëls aangekondig en sy konsulaat in Benghazi gesluit, het die Anadolu-nuusagentskap berig.

Kyk waar kom die $$$$ vandaan, dan weet jy wie roer die pot regtig.
Hoekom maak al die lande wat deur Amerika vernietig is nie saam en roei die bose Amerika uit nie?
Amerika is nie die probleem nie – die probleem is die wat in beheer is van Amerika en wat dade namens die bevolking doen wat die bevolking nooit sou goedkeur nie. Ek is bevriend met baie Yanks wat maar gewone mense is soos ek en jy, wat uiters konserwatief is en glo in alles wat ek en jy doen. Aan die ander kant het jy ‘n klein groepie elites wat geld het, wat in Hollyweird betrokke is, wat die media besit – hulle moet verwyder word.
Götterdammerung miskien sal jy my mening as fatalisties beskou maar ek gaan van die standpunt uit – Ons betaal self vir ons leiers se verraad met ons Afrikanerbloed wat soos water vloei waaraan Amerika ook skuldig is – wat maak die Amerkaners beter dat hulle nie ook kan betaal vir hulle leiers se verraad nie waaraan ons geen aandeel gehad het nie.
Hulle moet opstaan teen die magte wat hulle beheer, anders sal dit hulle verteer soos die res van die wêreld.
..wie kan ons bedank vir die trauma en gemors in Libie?…… Clinton, Hillary Clinton..
Waar Amerika klaar deur ‘n land getrek en die olie geskep het heers daar anargie. Die gespuis sal nooit sulke lande herstel soos wat dit was.
Hy is nie ‘n droster nie. Hy is ‘n verraaier wat deur Amerika betaal word om ‘n burgeroorlog te begin net soos in Egipte, Sirië, Irak, Ukraine