Gratis kragmeters vir Pretoria

ptaligteDie Stad Tshwane het begin met  die installering van voorafbetaalde elektrisiteitsmeters in Pretoria.

Die nuwe voorafbetaalde meters vervang ou meters ingevolge ‘n projek wat ‘n veilige inkomstestroom sal verseker.

Groot kragverbruikers sal eerste aan die beurt kom waarna die projek in Januarie 2014 in fases na huishoudings sal beweeg.

Die meters word gratis geïnstalleer, en die munisipaliteit sê die nuwe meter-projek sal nie ‘n uitwerking hê op kragpryse nie.  – SABC

Bebloede lyk van 11-jarige in plakkershut gevind

hutsDie bebloede lyk van ‘n 11-jarige meisie is die afgelope naweek in ‘n plakkershut in Limpopo gevind, het die polisie Dinsdag gesê.

Die meisie se vriendin, wat aan ernstige beserings ly, is ook in die plakkershut gevind.

Kol. Ronel Otto, polisiewoordvoerder, het in ‘n verklaring gesê ‘n 27-jarige man sal Dinsdagoggend in die Bolobedu-landdroshof verskyn in verband met die voorval.

Otto het gesê die 11-jarige Hermanda Masia en haar vriendin het by nóg ‘n vriend en ‘n 20-jarige vrou in Bokhuta gaan kuier.

“Die 20-jarige vrou het die huis vroeg Sondagoggend verlaat om kerk toe te gaan, maar toe sy terugkeer, was die huis se deur afgebreek en albei meisies was vermis.

“Nadat sy rondgevra het, het sy inligting ontvang dat die meisies in dieselfde gebied by die plakkershut van die 27-jarige verdagte gesien is.”

Toe die vrou by die plakkershut ingaan, was albei meisies vol bloed en het nie beweeg nie.

Hermanda is later dood verklaar en haar vriendin is na ‘n hospitaal geneem.

Die eienaar van die plakkershut staan tereg op aanklagte van moord, ontvoering en huisbraak.

‘n Nadoodse ondersoek sal gedoen word om vas te stel of die kind ook verkrag is.

Die meisie wat die aanval oorleef het, sal ondervra word sodra sy met die owerhede kan kommunikeer. – Sapa

Hoofstroommedia berig nie oor VN se gifgasaanval-verslag nie

Raqqa
Raqqa

Ses weke gelede het ‘n tweemanafvaardiging in die geheim in Damaskus aangekom uit Aleppo. Dié twee is deur die Siriese rebelle afgevaardig. Hulle het onder ‘n waarborg van veiligheid met die personeel van president Bashar al-Assad kom onderhandel. Hulle glo in ‘n “Siriese oplossing” om die burgeroorlog tot ‘n einde te bring, skryf Robert Fisk in die Independent.

Die afvaardiging het vier punte voorgehou: Dat daar ‘n “interne Siriese dialoog” moet wees; dat private en openbare eiendom gehandhaaf word; dat daar ‘n einde moet wees aan burgerlike, sektariese, etniese twis, en dat almal moet werk vir ‘n demokratiese Sirië waar die oppergesag van die reg heers. Daar was, interessant genoeg, ook geen eise vir Assad se vertrek nie.

Nog ‘n merkwaardige ontwikkeling is dat in sewe gebiede van Aleppo, die meeste van hulle onder die beheer van die rebelle, werknemers sal kan terugkeer om te werk in hul kantore, en regeringsinstellings en skole sal kan heropen. Studente wat oor die afgelope twee jaar deelgeneem het aan geweld sal ontwapen word en terugkeer na hul klaskamers .

Rebelle het, wat hulle noem, die “Nasionale Unie vir die behoud van Sirië” tot stand gebring, weens groeiende kommer oor die teenwoordigheid van al-Kaida in die land.

Die voordele vir Assad is duidelik. As rebelle oorreed kan word om terug te keer na die geledere van die regime se weermag met waarborge vir hul veiligheid, sal groot dele van die rebelle hul stryd laat vaar en sal die regering beheer neem sonder dat ‘n skoot verder geskiet is. Só ‘n weermag sal al-Kaida in die naam van nasionale eenheid gou-gou die loef afsteek.

Die Islamitiese vegters in die Siriese opposisie is beslis ‘n bron van ernstige kommer vir almal wat betrokke is in die oorlog. Die Islamitiese vegters in Sirië is besig om in ‘n ernstige bedreiging vir die voortbestaan ​​van die land se Christene in te hou. Biskoppe en patriarge van regoor die streek het juis in Beiroet verlede Vrydag oor die groot uittog van die Christene van die Midde-Ooste besin.

Groot skade is aan kerke in Raqqa – nou onder die beheer van al-Kaida – asook in Maaloula aangerig en het Christene uitgesonder vir vernedering.In Christelike huise is kruise verpletter, en die indringers het ‘n perverse plesier daarin geneem om die inhoud van die huise totaal te vernietig sodat huisgesinne met klein kinders opeens dakloos gelaat is en sonder kos.

Die volledige weergawe van die VN se chemiese wapeninspekteurs se verslag van Sirië is nie deur die hoofstroommedia bekendgemaak nie. Die besonderhede van die dood en lyding van onskuldiges van die Ghoutagebied van Damaskus is vreeslik. Twee broers, blyk dit, was die enigste oorlewendes van hul familie van 40 wat in dieselfde gebou gewoon het. Die verslag lui as volg:

“‘n Leier van die plaaslike opposisie (sic) wat geag word as prominent in die gebied … is geïdentifiseer en versoek om die [Verenigde Nasies] Missie te vergesel,” sê hy. Natuurlik moet die VN-inspekteurs se veiligheid verseker word. Maar hulle was in werklikheid in die hande van die rebelle. ‘n Vraelys vir oorlewendes is ook glo “versprei na die opposisie kontakte”.

Nog meer kommerwekkend is ‘n kort paragraaf op bladsy 22 . Op die plekke waar Saringasmissiele geland het, het die inspekteurs bevind dat “die plekke is goed deurreis (sic) is deur ander individue voor die aankoms van die Missie … Tydens die tye wat by hierdie plekke deurgebring is, het individue aangekom om van die vermeende ammunisie te skuif wat aandui dat sulke potensiële bewyse verskuif kon gewees het en moontlik gemanipuleer”.

Gemanipuleer? Die hoofstroommedia het duidelik nie die inspekteurs se verslag goed gerapporteer nie.

Insekmeel om armes te voed

insekmeelWetenskaplikes het begin werk aan ‘n proteïen ryke meel, genaamd Power Flour, wat van insekte gemaak word en miljoene in arm bevolkings kan voed.

Studente van McGill Universiteit in Montreal het $1 miljoen ontvang as die Hultprys om te help met die produksie van dié volhoubare stapelvoedsel wat geproduseer en verbruik word in arm lande.

Aanvanklik wou die span boere werf om te werk aan die produksie van die insekmeel in Mexiko, waar sowat 4 miljoen mense in armoede leef en wydverspreide wanvoeding voorkom.

Die eerste meel sal gemaak word van sprinkane, wat reeds algemeen in die Noord-Amerikaanse land voorkom.

Mohammed Ashour is die leier van die McGill-span wat baanbrekers vir die ontwikkelende wêreld kan wees.

Ashour gewerk het saam met sy spanmaats Shobhita Soor, Jesse Pearlstein, Zev Thompson en Gabe Mott.

Die projek sal na verwagting populêr wees in lande van die wêreld waar die insekte reeds ‘n smaaklike voedsel bron is.

In baie lande buite die Westerse wêreld word insekte reeds beskou as ‘n belangrike bron van proteïen.

Mense van Ghana, byvoorbeeld, verkies ‘n palminsek terwyl Botswana wurms eet.


Hlope-verhoor hervat na openingsbetoë

John Hlope
John Hlope

Die dissiplinêre tribunaal na die beweerde wangedrag van die Wes-Kaapse regterpresident, John Hlophe, word vandag hervat wanneer daar repliek gelewer sal word op gister se openingsbetoë.

Hlophe is in 2008 van regterlike wangedrag beskuldig nadat hy na bewering probeer het om regters van die Konstitusionele Hof te beïnvloed in die korrupsiesaak teen president Jacob Zuma.

Hlophe se regspan bevraagteken die geldigheid van die verhoor sê die klagte teen Hlophe is nie onder eed ingedien nie.

Die regsverteenwoordiger vir die Konstitusionele Hof het egter gesê die klagte is deur al die regters van die Konstitusionele Hof gemaak, en was vergesel van beëdigde verklarings. – RSG

Siriese vlugtelinge las op buurlande

Walid al-Moualem
Walid al-Moualem

Buurlande van Sirië sê die toenemende getal vlugtelinge van die burgeroorlog in die land plaas ‘n ondraaglike las op hulle eie hulpbronne.

Die verteenwoordigers van Libanon, Jordanië, Irak en Turkye het in Geneve gepleit vir groter internasionale steun. Die kwessie is reeds deur die VN se Vlugteling-agentskap aangeroer.

Sirië se minister van buitelandse sake, Walid Moeallem, sê egter van die buurlande wat by die konflik ingemeng het, het net sake vererger.

Hy het na die Siriese opposisie as terroriste verwys. – RSG

Rekenmeester wat al-Kaida steun, kry tronkstraf

Hasanoff
Hasanoff

‘n Suksesvolle rekenmeester van New York, het erken dat hy geld en toerusting aan die terreurgroep al-Kaida verskaf het. Hy is tot 18 jaar tronkstraf gevonnis.

Sabirhan Hasanoff is Maandag in ‘n federale hof gevonnis nadat hy skuldig gepleit het op aanklagte dat hy die groep ondersteun het.

Die regter het gesê dit was nodig om ‘n boodskap aan ander te stuur wat dalk gewelddadige Islamitiese ideologie wil nastreef.

Hasanoff het om verskoning gevra en gesê dit is verkeerd dat hy Al-Kaïda vanaf 2007 tot 2010 ondersteun het.

Die 37-jarige Hasanoff en Amerikaanse sowel as Australiese burgerskap. Hy en sy twee kinders het in Brooklyn gewoon.

Hasanoff het aan die Baruch Kollege van die Universiteit van New York gegradueer en het as senior bestuurder by PricewaterhouseCoopers gewerk. – Sapa/AP

Denel kry multimiljardrandkontrak vir Badger-pantser

Badger 8x8
Badger 8×8

‘n Multimiljardrandse kontrak is deur Krygkor aan die wapenvervaardiger Denel toegeken vir die bou van 200 gepantserde militêre voertuie.

Dit sal die Ratel vervang wat nou al 30 jaar oud is. Die weermag het nie soos die vloot en lugmag gebaat by die omstrede wapentransaksie nie.

Die Hoefysterprogram is daarop gemik om 8-wiel voertuie in die 25 ton-klas te vervaardig. Die voertuig, is soos sy voorganger, uiters rats en taai en kan 12 man dra.

Die twee partye sê die 8×8 Badger is die beste voertuig in sy soort en sal bydra tot die modernisasie van die Nasionale Weermag.

BAE Systems Land Systems SA het voorgestel dat die Badger laat vaar word ten gunste van die nuwe generasie RG4. Die RG41 voldoen aan mobiliteits-, beskermings- en vuurkragbehoeftes, en die nodige gevegskrag, sê kritici.

Die maatskappy in Benoni het honderde RG31 voertuie vir die Amerikaanse gewapende magte gebou en honderde miljoene dollars daaruit verdien.

Terwyl die RG31 voertuig gewild is by die Amerikaanse departement van verdediging, voldoen die BAE RG41 voertuig nie aan die Suid-Afrikaanse Weermag se spesifikasies nie. Die Suid-Afrikaanse voertuig gebruik ‘n Finse ontwerp wat aangepas is vir plaaslike toestande.

Krygkor en Denel sê Suid-Afrikaanse se troepe-ontplooiing in die Demokratiese Republiek van die Kongo het opnuut die klem geplaas op weerbare slagveldmobiliteit, wat die Badger sal kan verskaf.

Die uitvoerende hoof van Denel, Riaz Saloojee, sê dit is die grootste kontrak met ‘n Suid-Afrikaanse maatskappy die afgelope tien jaar.

R55 weer oop na oproer

burningtyresDie verkeersvloei op die R55 in Pretoria-Wes het na normaal teruggekeer nadat betogers vroeër die pad versper het.

Inwoners van die Mooiplaas-lokasie het die pad met brandende bande en klippe versper, het lt.kol. Katlego Mogale, polisiewoordvoerder, gesê.

“Die polisie monitor nou die situasie in die gebied. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.”

Inwoners het vermoedelik betoog oor dienslewering in die gebied. – Sapa

Kommer heers oor Wits se toekoms

Die vrugte van transformasie
Die vrugte van transformasie

Kommer heers oor die toekoms van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) nadat nóg senior personeellede te midde van herstrukturering bedank het.

Die oudste universiteit in Johannesburg was onlangse in die nuus weens voorvalle van seksuele teistering wat gelei het tot die afdanking van twee swart en een wit akademiese personeellid.

Verskeie top-akademici het intussen bedank, het die Business Day berig.

Twee dekane het ook hul bedanking ingedien.

Die Academic Staff Association of Wits University (Asawu) het gesê daar was ‘n gebrek aan duidelike kommunikasie.

Die vereniging het ‘n beroep gedoen op Adam Habib, viserektor van die universiteit, om bekend te maak wat die werklike redes vir die bedankings is.