Rekenmeester wat al-Kaida steun, kry tronkstraf

Hasanoff
Hasanoff

‘n Suksesvolle rekenmeester van New York, het erken dat hy geld en toerusting aan die terreurgroep al-Kaida verskaf het. Hy is tot 18 jaar tronkstraf gevonnis.

Sabirhan Hasanoff is Maandag in ‘n federale hof gevonnis nadat hy skuldig gepleit het op aanklagte dat hy die groep ondersteun het.

Die regter het gesê dit was nodig om ‘n boodskap aan ander te stuur wat dalk gewelddadige Islamitiese ideologie wil nastreef.

Hasanoff het om verskoning gevra en gesê dit is verkeerd dat hy Al-Kaïda vanaf 2007 tot 2010 ondersteun het.

Die 37-jarige Hasanoff en Amerikaanse sowel as Australiese burgerskap. Hy en sy twee kinders het in Brooklyn gewoon.

Hasanoff het aan die Baruch Kollege van die Universiteit van New York gegradueer en het as senior bestuurder by PricewaterhouseCoopers gewerk. – Sapa/AP