Bush vra om verskoning oor verklaring van Mandela se afsterwe

Bush senior
Bush senior

Die woordvoerder van die voormalige Amerikaanse president George HW Bush het om verskoning gevra nadat ‘n verkeerde verklaring oor die voormalige Suid-Afrikaanse president Nelson Mandela se afsterwe uitgereik is.

Jim McGrath sê hy het ‘n voorbereide verklaring van Bush se medelye oor die dood uitgereik nadat hy die Washington Post se nuus oor Mandela se ontslag uit die hospitaal verkeerd verstaan het.

Mandela is na sy huis in Johannesburg Sondag ná drie maande in die hospitaal. Die Presidensiële woordvoerder Mac Maharaj sê Mandela se toestand is steeds kritiek.

Die ANC en die DA het die nuus van die voormalige president se ontslag uit die hospitaal verwelkom. ANC-woordvoerder Jackson Mthembu sê tuisbehandeling ontvang sal aan Mandela die volgehoue ​​ondersteuning van sy familie beteken.

DA-woordvoerder Mmusi Maimane het Mandela se mediese span bedank vir alles wat hulle tot dusver gedoen het en voortgaan om te doen.

Nuwe polisiekommissaris bedank paar uur na aanstelling

saps5Die nasionale polisiekommisaris, Riah Phiyega is skerp gekritiseer omdat sy nie die agtergrond van Bethuel Mondli Zuma nagegaan het voordat sy hom as provinsiale kommisaris van Gauteng aangestel het nie.

Phiyega moes sy aanstelling terugtrek ‘n paar uur nadat sy dit aangekondig het.

‘n Woordvoerder van Agang, Moeketsi Mosola sê nadat dit aan die lig gekom het dat 1 488 lede van die Suid-Afrikaanse polisie misdaadrekords het, is dit verstommend dat Phiyega nie gekyk het na die agtergrond van ‘n kandidaat vir so ‘n senior pos nie.

Hy sê dit is nog ‘n terugslag vir die geloofwaardigheid van die polisiediens se leierskap.

Volgens berigte word twee strafregtelike sake teen Zuma ondersoek. Phiyega beweer dat Zuma haar nie ingelig het oor die sake teen hom nie. – RSG

DRK maak reg om rebelle uit te dryf

gomaKongolese troepe het hul posisies 3km van die M23 rebellevesting van Kibumba ingeneem, in die ooste van die Demokratiese Republiek van die Kongo.

“Hulle is daar ingegrawe en die M23 beset steeds Kibumba,” het die bevelvoerder gesê, wat anoniem wil bly. “Op die Rwandese grens hulle het ‘n tenk en 82mm mortiere, maar hulle vuur nie op ons nie. Ons is nie seker hoekom nie.”

Intussen beweer bronne dat president Kabila bande met van die Toetsi’s van M23 het en dat die buitelandse mag hom in ‘n moeilike posisie plaas aangesien hy nie meer die rebelle vir sy politieke doeleindes kan aanwend nie.

Die M23-rebelle wil afstig van die DRK en ‘n tuisland oprig.

Die mag wat teen die reblle optree is gewapen met gewere, granaatlanseerders, mortiere en masjiengewere en sê die manne is gereed vir die volgende aanval .

Die Kongolese bevelvoerder kolonel Mustafa Mamadou het aan die media die liggame van verskeie M23-rebelle naby die Rwandese grens uitgewys.

Mamadou beweer dat die dele van die dooie rebelle se uniforms Rwandees is en het dit as bewys voorgehou dat Rwanda die M23 ondersteun.

‘N VN- militêre bron het aan die Times gesê die Rwandese uniforms is hoogstens “aanwysers, maar nie afdoende bewys” van Rwandese militêre betrokkenheid in hierdie week se stryd nie.

“Jy kan dié uniforms koop by ‘n mark, dus kon hulle die lyke so aantrek. Ons weet net nie,” het die bron gesê .

Mamadou geniet groot steun van sy troepe na ‘n reeks beslissende oorwinnings teen die rebelle . Pogings deur senior militêre bevelvoerders om hom terug te bring na Kinshasa het gelei tot protes onder sy manne.

Die VN het ‘n volledige verslag vrygestel met verwysing na bewyse dat die M23 gesteun word deur Rwanda. Rwanda ontken dit heftig..

In Maart het die brigade, 1345 Suid-Afrikaanse soldate onder die bevel van kolonel Patrick Dube, die eerstes geword wat ‘n offensiewe mandaat van die Veiligheidsraad van die VN verkry het.

Dube het bevestig dat skerpskutters van 6 SA Infanteriebataljon, in Grahamstown, ontplooi is met groot sukses om rebelle uit hul vesting by Drie Torings te verjaag.

 

Lyk van negejarige in Knysna moontlik dié van verkragtingslagoffer

rape4‘n Man is in hegtenis geneem in verband met die moord op ‘n nege-jarige meisie in Knysna.

Die Wes-Kaapse polisie sê die 32-jarige man is in hegtenis geneem kort nadat die meisie se liggaam Saternagnag gevind is.

‘n Woordvoerder, Bernadine Steyn sê die meisie het [Saterdag]oggend saam met maats gespeel toe die verdagte hulle te voet genader het en aangebied het om saam met haar na ‘n nabygeleë winkel te loop.

“Die verdagte is alleen gesien op pad terug van die winkel,“ het Steyn gesê.

Die meisie se familie haar as vermis aangemeld in die middag. Sy is met ‘n gapende wond aan haar nek gevind.

Die polisie ondersoek of die meisie verkrag is voor sy vermoor is. Die verdagte sal eersdaags in Knysna se landdroshof verskyn. – Sapa

 

Britse parlement stem teen Siriese aanval

Premier Cameron
Premier Cameron

Die Britse stem teen ‘n militêre aanval in Sirië is ‘n taai klap vir premier David Cameron se binnelandse politieke lotgevalle.

Sedert hy die amp in 2010 opgeneem het, is hy by verskeie geleenthede ondermyn nie net deur  opposisiepartye nie, maar ook deur elemente in beide sy eie Konserwatiewe Party en die liberales, die junior lid van die Verenigde Koninkryk se regerende koalisie .

Dit was die kombinasie wat Cameron laat Donderdag gepootjie het. Die regering het verloor, met 285 teen 272, om in beginsel militêre ingryping in Sirië goed te keur. Lede van al die groot partye – insluitende sy eie Tories – was gekant teen die maatreël.

Cameron het gesê dit is duidelik dat die Britse Parlement nie wil sien dat die Verenigde Koninkryk betrokke raak in militêre aksie nie en “die regering sal dienooreenkomstig optree”.

Die uitslag is ‘n belangrike oomblik in die Britse politiek. Dit is hoogs ongewoon vir ‘n eerste minister om bes te gee oor sy buitelandse beleid en stel die vraag oor die Verenigde Koninkryk se rol op die internasionale toneel vorentoe .

Dit is ook ‘n terugslag vir Anglo-Amerikaanse verhoudinge wat vrae oor die sogenaamde “spesiale verhouding” tussen die twee lande laat ontstaan. In onlangse dekades het die Verenigde Koninkryk selde indien ooit verskil van die VSA oor so ‘n belangrike strategiese kwessie.

Terwyl die regering nie parlementêre goedkeuring vereis om militêre aksie te neem nie, sal dit nou polities moeilik wees om dit te doen. ‘n Woordvoerder van die premier het bevestig dat die Verenigde Koninkryk nou nie sal deelneem aan die Siriese aksie nie.

Die uitkoms van die Verenigde Koninkryk se houding kan dit moeiliker maak vir president Barack Obama en ander oorlogsvoos Westerse bondgenote om hul eie publiek van die behoefte aan ingryping in Sirië te oortuig.

Die Britse verdedigingsekretaris, Philip Hammond, het gesê Amerika “sal teleurgesteld wees dat Brittanje nie betrokke sal wees nie.”

Die terugslag laat ook vrae oor Cameron se gesag.

Amerikaanse amptenare het gesê dat Obama bereid is om op te tree in die komende dae sonder Brittanje. Hulle het bygevoeg dat in teenstelling met die VSA se betrokkenheid in militêre operasies in Libië in 2011, die opsies wat oorweeg word in Sirië  op ‘n kleiner skaal sal wees en nie ‘n koalisie vereis om doeltreffend te wees nie.

Brittanje se ommekeer laat Frankryk as die laaste Europese land nog steeds lugaanvalle op die Assad-regime oorweeg. Franse amptenare het gesê dat die land militêre planne vir moontlike optrede in Sirië voorberei het, maar Donderdag herhaal dat geen finale besluit nog geneem is nie .

Die Franse regering kan sonder Parlementêre goedkeuring besluit om aan te val.

Britse bom uit Vryheidsoorlog eis plaaswerker

ww1Die bom wat die lewe gekos van een endrie plaaswerkers beseer het, is glo ‘n oorblyfsel uit die Tweede Vryheidsoorlog.

Woensdag, is David Sithole (24) dood toe die bom wat hy probeer oopsny het met ‘n asetileenvlam, ontplof het.

Jabu Mahlangu, Moses Mahlangu en David Masilela het ernstige brandwonde in die ontploffing opgedoen.

Die bom is gevind op ‘n nabygeleë vullishoop.

Tshwane-nooddienste se bronne het Donderdag bevestig dat hulle na die toneel ontbied is om die gebied te dekontamineer nadat ‘n onbekende geel poeier versprei is oor die ontploffingstoneel.

‘n  Polisiebron het aan The Times gesê die poeier is glo pikriensuur, ‘n chemiese stof wat die Britse weermag tydens die laat 1800’s en vroeë 1900’s gebruik het.

“Ons weet dat die bom van voor die Eerste Wêreldoorlog is, want kort voor die oorlog het die Britte begin met TNT in hul ammunisie.“

Pikriensuur is gebruik in Lyddite–bomme tot kort voor die Eerste Wêreldoorlog uitgebreek het.

Hy het gesê die toneel is gedekontamineer. ‘n Woordvoerder van die polisie konstabel Zanele Vilakazi het gesê forensiese en plofstofkenners wag vir die resultate van die ontleding van die geel poeier.

“Die beseerde mans is in ‘n ernstige toestand in die hospitaal,” het sy gesê.

Vakbonde weier om salariseise aan te pas

goudDie Kamer van Mynwese sê dit is die eerste keer dat daar ‘n situasie bestaan waar vakbonde nie bereid is om hulle eise vir ‘n salarisverhoging te wysig nie.

Geen ooreenkoms oor werkgewers in die goudmynbedryf se finale aanbod kon tot dusver bereik word nie. Werkgewers het dit onomwonde gestel dat hulle nié enige salarisverhogings hoër as 6,5 persent gaan aanbied nie.

Hulle plaas die blaam vir die huidige stand van sake op die tweespalt tussen vakbonde.

Werkgewers sê ook dat hulle nie afsonderlike ooreenkomste met individuele vakbonde gaan beklink nie.

Goudmynwerkers dreig om aanstaande week, selfs so vroeg as Sondag, met ‘n beskermde staking te begin.

Donderdag het goudaandele op die JSE skerp gedaal en ekonome het gewaarsku dat dit die bedryf ernstig kan skaad.

Intussen duur stakings in die voertuigvervaardigings- en konstruksiebedryf steeds voort en petroljoggies en paneelkloppers dreig ook om Maandag te begin staak. – RSG

Werker wat in masjien val, kritiek

woodpress‘n Werker is in ‘n kritieke toestand nadat hy in ‘n masjien geval het, het paramedici  gesê.

Die voorval het in Isithebe, noord van Durban, plaasgevind.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare, het gesê dit is nie bekend hoe die man in die masjien geval het nie. Die masjien word gebruik om houtvorms te maak.

Die man is op die toneel gestabiliseer en na ‘n hospitaal geneem.

Die polisie ondersoek die voorval. – Sapa

SA-kameraman in Egipte aangehou

Adil Bradlow
Adil Bradlow

‘n Suid-Afrikaanse kameraman en fotograaf, Adil Bradlow, word in Egipte aangehou, het Al Jazeera berig.

Bradlow word glo saam met drie ander kollegas deur die militêre junta in Kaïro aangehou.

Al vier joernaliste Wayne Hay, Russ Finn en Baher Mohammed werk vir  Al Jazeera en is sedert Dinsdag in aanhouding.

Al Jazeera het die Egiptiese owerhede versoek om die vier onvoorwaardelik vry te laat.

SANDF kan nie skerpskutteraksie bevestig nie

M23-rebelle
M23-rebelle

Die weermag kon nie bewerings bevestig of ontken deur die militêre vakbond SANWU dat Suid-Afrikaanse skerpskutters, wat in diens van die Verenigde Nasies is, ses M23-rebelle in die ooste van die Demokratiese Republiek van die Kongo doodgeskiet het nie.

Die vakbond se nasionale sekretaris, Pikkie Greeff, sê die voorval het in die Goma-gebied gebeur.

‘n Weermagwoordvoerder, brigadier Xolani Mabanga, het bevestig dat Suid-Afrikaners betrokke was, maar wou nie sê of hulle skerpskutters is nie.

Meer as 1 300 Suid-Afrikaanse soldate is deel van ‘n VN-eenheid, wat ‘n mandaat het om teen Kongolese rebelle op te tree. – RSG