Khulubuse Zuma se dringende aansoek om eise ter waarde van meer as R1.5 miljard teen Aurora Empowerment Systems tersyde gestel te kry, is Dinsdag in die Pretoriase hooggeregshof van die hand gewys. Regter Eberhardt Bertelsmann het die aansoek word met koste van die hand gewys. Zwelinzima Vavi, algemene sekretaris van Cosatu, het die uitspraak as
Bestuurder in hof oor R1 miljoen gesteelde geld
Die bestuurder van ‘n bakkie wat verlede week in die besit van bykans R1-miljoen se beweerde gesteelde geld betrap is, is Dinsdag in die landdroshof op Trompsburg op R5 000 borgtog uitgelaat. Vrystaatse polisiewoordvoerder, Ikobeng Hlubi, sê die 47-jarige Rollend Olive kon verlede Woensdag nie sy bestuurderslisensie in ‘n padversperring op die N1 toon nie.
Lees verder: Bestuurder in hof oor R1 miljoen gesteelde geld
Brandweer deurnag om Skierleiland te red
Kaapstad se rampbestuureenheid het Dinsdag gesê brandbestryders het deurnag geswoeg om brande by Chapmanspiek, Tokai-woud en Noordhoek onder beheer te bring en die brande mag dalk die Argus-fietstoer se roete raak. Die brand woed sedert Sondagoggend en het vanaf Muizenberg verder versprei. Intussen het brandbestryders van ander provinsies in die Kaap aangekom om te help
Lees ‘n lekker Afrikaanse boek hardop!
Meer as 500 000 laerskoolleerlinge van oor die Vrystaat heen se belangstelling in die lees van boeke en die vertel van stories sal Woensdag by hul onderskeie skole geprikkel word. Dit vorm deel van die internasionale dag waarop die wêreld aangemoedig word om ‘n boek voor te lees. Die veldtog word plaaslik deur die Nalibali-leesprojek
Polisie ontplooi in Limpopo teen xenofobiese geweld
Geweld teen Somaliërs in Ga-Sekgopo, oos van Pietersburg (Polokwane) in Limpopo, het daartoe gelei dat hulle hul moes hul winkels verlaat. Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie is ontplooi. “Die situasie is tans kalm en ‘n saak van openbare geweld word ondersoek,” het hy gesê. ‘n Somaliër is glo betrap
Lees verder: Polisie ontplooi in Limpopo teen xenofobiese geweld
Eskom: Elektrisiteit sal dié week ook sukkel
Eskom het Dinsdag aangekondig dat elektrisiteitsvoorsiening vir die res van die week onder druk sal bly. “As enige van ons kragopwekkers ingee, sal ons beurtkrag moet instel,” het Khulu Phasiwe, woordvoerder van Eskom, gesê. Hy het die publiek versoek om elektrisiteitsgebruik te beperk. “Ons doen alles in ons vermoë om die kragopwekkers wat tans gediens
Klagtes teen oproerige soldate stil-stil laat vaar
‘n Militêre hof in Heidelberg het Dinsdag klagtes van openbare geweld teen soldate stil-stil laat vaar. Die oproerige soldate het in Augustus 2009 onwettig na die Uniegebou opgeruk en chaos veroorsaak om ‘n salarisverhoging van 30% te eis. “Die klagtes van openbare geweld is van die hofrol geskrap,” het brig.genl. Xolani Mabanga volgens Sapa verklaar.
Lees verder: Klagtes teen oproerige soldate stil-stil laat vaar
Petrolprys styg more
Die prys van petrol, diesel, paraffien en vloeibare petroleumgas sal Woensdag verhoog word. Petrol sal met 96 sent ‘n liter styg, diesel met 74 sent, paraffien met 73 sent en LPG met R1.54 per kilogram. Die hoofrede vir die toename is die gemiddelde styging in die prys van ru-olie in die tydperk onder oorsig. Die
Aardbewing tref Welkom
Inwoners van Welkom het gisteraand groot geskrik toe ‘n aardbewing dele in die stad en omliggende gebiede tot sover as Bultfontein getref het. ‘n Inwoner van Reitzpark in die stad, Sonnika Raath, het aan OFM gesê haar honde was behoorlik op hol met die aardskudding, wat vir ‘n paar sekondes geduur het. Sy sê die
Ontevredenheid heers in Delmas oor munisipale afbakening
Ontevrede inwoners in die Victor Khanye munisipale distrik van Delmas in Mpumalanga, het ‘n memorandum met griewe oorhandig oor samesmeltingsplanne vir die munisipaliteit, het RSG berig. Skole en sake-instellings in die gebied het Maandag tot ‘n stilstand gekom toe inwoners betoog het teen planne dat die munisipaliteit inskakel by die Emalahleni munisipaliteit wat onder administrasie
Lees verder: Ontevredenheid heers in Delmas oor munisipale afbakening
