Bheki Cele glo op ANC-kandidatelys

Die ANC sal vandag sy kandidate vir die nasionale en provinsiale vergaderings bekend maak. Dit volg nadat die party sy lyskonferensie afgehandel het, Die party het sedert Vrydag vergader om sy nasionale uitvoerende komitee vergadering en lekgotla te hou. RSG se politieke redaksie berig dat president Jacob Zuma en sy adjunk, Cyril Rampahosa bo-aan die

Lees verder: Bheki Cele glo op ANC-kandidatelys

Glynnis Breytenbach was nooit onpartydig nie

Glynnis Breytenbach is verlede jaar onskuldig bevind op 15 dissiplinêre klagte wat die nasionale vervolgingsgesag (NVG) teen haar as hoof van die handelsmisdaadeenheid in Pretoria gelê het. Breytenbach se besluit om tot die politiek toe te tree het egter die NGV se besluit om haar nie weer terug te neem nie, nou geregverdig. Die feit dat

Lees verder: Glynnis Breytenbach was nooit onpartydig nie

DA, Agang SA gaan glo saamsmelt

Die Burger berig dat die DA en Agang SA Dinsdagoggend sal aankondig dat dié twee partye saamsmelt. Volgens Die Burger is dit ikabod vir dr. Mamphela Ramphele se party, wat minder as ’n jaar oud is en miljoene in skenkersgeld uit die VSA ontvang het. Helen Zille, DA-leier, sal glo binnekort ‘n aankondiging van “nasionale

Lees verder: DA, Agang SA gaan glo saamsmelt

Gaap, nog ‘n ‘regse komplot’

President Jacob Zuma en sy kabinetslede was veronderstel om aan die hand van die “Boerevolk” te sterf tydens die verkiesingskonferensie van 2012 in Mangaung. Die hof in Bloemfontein het Maandag gehoor dat die ANC-leierskap om die lewe gebring sou word. ‘n Polisiebeampte wat die groep “geïnfiltreer” het – mnr A – het in die Vrystaatse hooggeregshof getuig hoe ‘n

Lees verder: Gaap, nog ‘n ‘regse komplot’

Niekie word getransformeer

deur Manfred Delport [followbutton username=’ManfredDelport’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’] Volg Manfred op Facebook. Ek was nog nooit ‘n groot bewonderaar van inbelprogramme op die draadloos nie. Dis ‘n goedkoop asook ‘n lui manier vir radiostasies om andersins leë lugtyd te vul met dikwels niksseggende bydraes van mense wat baie lief is vir hul eie stemme. Van

Lees verder: Niekie word getransformeer

Juju se Nkandla-foefie versuur

Julius Malema se groot publisiteitsfoefie om ‘n huis aan ‘n “arm gesin” in Nkandla te skenk, het versuur want die gesin is allesbehalwe behoeftig. Twee weke gelede het Malema en sy ekonomiese vryheidsvegters aan S’thandiwe Hlongwane ‘n tweeslaapkamerhuis oorhandig. Sy is getroud met ‘n senior staatsamptenaar wat sowat R250000 per jaar verdien en ten minste twee

Lees verder: Juju se Nkandla-foefie versuur

Verhoor van vermeende Mangaung-bomplanters begin

Die verhoor van die laaste van die regses wat daarvan beskuldig word dat hulle beplan het om ANC-leiers tydens die party se verkiesingskonferensie in Bloemfontein in 2012 te vermoor, sal vandag in die Vrystaatse hooggeregshof in Bloemfontein begin. Die beskuldigde, Johan Prinsloo was deel van ‘n groep mans wat ná die Mangaung-konferensie in hegtenis geneem

Lees verder: Verhoor van vermeende Mangaung-bomplanters begin

Tata se Slym gly glo nie na sy dood

Karl Slym, die besturende direkteur van Tata Motors, het glo nie gegly toe hy na sy dood geval het nie. Slym was verantwoordelik vir Tata se bedrywighede in onder meer Indië, Suid-Korea, Thailand en Suid-Afrika. Die naweek is berig dat Slym (51), ’n Brit, uit sy hotelkamer in Thailand geval het. Hy was in dié

Lees verder: Tata se Slym gly glo nie na sy dood

DA verswart kandidatelys

Die DA se kandidatelyste vir vanjaar se algemene verkiesing is verswart en tot die helfte van hul parlementslede kan swart wees. Lindiwe Mazibuko, die DA se parlementêre leier, het bevestig dat die helfte swart kan wees. Helen Zille, partyleier, wat die lys in Johannesburg bekend gemaak het, het jong swart kandidate poste belowe, na die party ook

Lees verder: DA verswart kandidatelys