praag.co.za

Juju se Nkandla-foefie versuur

Written by

in

,

effhouseJulius Malema se groot publisiteitsfoefie om ‘n huis aan ‘n “arm gesin” in Nkandla te skenk, het versuur want die gesin is allesbehalwe behoeftig.

Twee weke gelede het Malema en sy ekonomiese vryheidsvegters aan S’thandiwe Hlongwane ‘n tweeslaapkamerhuis oorhandig.

Sy is getroud met ‘n senior staatsamptenaar wat sowat R250000 per jaar verdien en ten minste twee ander huise besit.

Hlongwane en haar man, Lucky Nene, 60, besit ook ‘n VW Polo en ‘n Hilux-bakkie .

Maar Malema het Vrydag gesê Hlongwane is ‘n ongetroude moeder van twee kinders tussen die ouderdomme van drie en vyf .

“Ons kan nie toelaat dat ons swart suster met haar kinders in daardie omstandighede woon nie,” het Malema gesê . Volgens die EFF was die modderhuis onstabiel met gapende krake.

Dit is algemeen bekend dat mishuise voortdurend gesmeer moet word en dat dit kraak en vervalle raak sonder aandag. Dit wil dus voorkoms asof niemand in die bouval gewoon het nie.

Nene het ontken dat sy gesin die EFF mislei het.

Die egpaar het ook ‘n huis van 338m² in Ulundi. Nene se vrou het nogtans die EFF se aanbod aanvaar.

Tydens die oorhandiging is Malema en sy ondersteuners bestook met klippe. Die polisie het tussenbeide getree met behulp van knuppels , ‘n waterkanon, traangas en rubberkoeëls.

Comments

12 responses to “Juju se Nkandla-foefie versuur”

  1. Götterdammerung Avatar
    Götterdammerung

    Val ek nou amper van my stoel af van die lag….wag…nee ek het afgeval

    1. Trippie Avatar
      Trippie

      Ek mhur gereeld van my stoel af … wag, wag, net hom eers weer bestyg !

      1. Andrea Avatar
        Andrea

        Ek dink die een wat vir malema inligting bymekaar maak, is dalk verwant aand daai dowe enetjie wat so mooi gebaretaal kon praat langs obama met die begrafnis. Die hele familie word gereeld deur engele geteister, wat noodwending bogstories tot gevolg het.

        1. Rooikop Avatar
          Rooikop

          Eerder voorvadergeeste 🙂

  2. Trippie Avatar
    Trippie

    Skelm se moses … lekker ou Malema, wed enigeen hierdie is nie die einde van die saak nie. Malema is seker nou skaam-kwaad vandaar dat hy hierdie “welaf” gesin se daad goedpraat.

    1. Rooikop Avatar
      Rooikop

      Lekker bakhand soos altyd.

  3. Willy Avatar
    Willy

    Die een wat die inligting vir die EFF insamel is net so deur die weer soos ou malemmer self. En Hlongwane bly maar stil. Wou daardie huis net verniet gehad het. Hoor hulle het nog nie ingetrek nie. Mos baie bang.

    1. GAS Avatar
      GAS

      Trek jy maar daar in

      1. Willy Avatar
        Willy

        Wat laat jou dink ek wil degradeer?

    2. Arnieann Avatar
      Arnieann

      Malema kon nie eens sy eie huis behou nie, en dan gaan bou hy nog.
      Skuld hy nie die ontvanger nog geld nie.???
      Nou waarom het SARS nie ook op daardie pophuis beslag gelê nie?

      1. Willy Avatar
        Willy

        Hy skuld nog baie! Verstaan nie hoekom hy nog so los rondloop nie.

      2. StalinX Avatar
        StalinX

        Jip. 100 jaar terug toe bou hulle met bees 11-1-11, na hulle by die witman gesien het hoe dit gedoen word, nou is dit Nie goed genoeg vir gam se nageslag nie. Tipies van die subspesie……….

Leave a Reply