Bheki Cele glo op ANC-kandidatelys

Bheki Cele
Bheki Cele

Die ANC sal vandag sy kandidate vir die nasionale en provinsiale vergaderings bekend maak.

Dit volg nadat die party sy lyskonferensie afgehandel het, Die party het sedert Vrydag vergader om sy nasionale uitvoerende komitee vergadering en lekgotla te hou.

RSG se politieke redaksie berig dat president Jacob Zuma en sy adjunk, Cyril Rampahosa bo-aan die lys sal wees, gevolg deur ministers soos Pravin Gordhan, Aaron Motswaledi en Ebrahim Patel.

Nuwelinge op die lys kan die Gauteng Premier, Nomvula Mokonyane, die voormalige polisie-kommissaris, Bheki Cele en die voormalige minister van openbare werke, Thoko Didiza insluit.

Jongelinge soos die voormalige tesourier van die ANC Jeugliga, Pule Mabe en die Jong Kommuniste Liga se Buti Manamela sal na verwagting ook op die lys wees.

Oor die naweek het dit geblyk dat die openbare beskermer, Thuli Madonsela deur verskeie ANC-takke in Gauteng benoem is vir die Nasionale Vergadering of in een van die nege provinsiale wetgewers .

Madonsela het in reaksie gesê dit is noodsaaklik dat die openbare beskermer onafhanklik moet wees.

Madonsela het egter nie genoeg ondersteuning vir haar kandidatuur vir die ANC se nasionale lys gehaal nie.

Die Parlement hervat vandag sy werksaamhede na sy somer-reses.

Die Nasionale Vergadering het nog 24 wette om af te handel voor dit vanjaar verdaag vir die algemene verkiesing en die Nasionale Raad van Provinsies.

Die staatsrede word vanjaar op 13 Februarie gelewer.

Die Parlementêre woordvoerder, Luzuko Jacobs, sê president Jacob Zuma sal weer sy toespraak in die aand lewer sodat meer Suid-Afrikaners dit tuis kan volg.

Hy sê diegene wat die toespraak bywoon sal in verskeie tale daarna kan luister, na verskeie elektroniese opgraderings in die Nasionale Vergadering.

10 thoughts on “Bheki Cele glo op ANC-kandidatelys”

  1. Stadig oor die klippe oor Cele:
    Daai blinkkop ou Zulu is die mees indrukwekkende wat ek al gesien het. Hyt in sy tyd as polisiekommissaris al die transitirowers doodgeskiet – die wat gelukkig was sit in die tronk. -. 14 en 12 op een slag onthou ek van. Hyt hulle in lokvalle gely en summier doodgeskiet. Hy was besig om Cato Manor op te ruim toe dinge te warm geword het vir die kader..
    My polisievrinne was absoluut mal oor hom…..
    Ek hou van sy gesig want ek ken daai soort Zulus wat in Koevoet gedien het – bleddie lojaal trots en sterk.
    Dink net hoe gedug VF + Cele sal wees!.

Maak 'n opvolg-bydrae