
Glynnis Breytenbach is verlede jaar onskuldig bevind op 15 dissiplinêre klagte wat die nasionale vervolgingsgesag (NVG) teen haar as hoof van die handelsmisdaadeenheid in Pretoria gelê het.
Breytenbach se besluit om tot die politiek toe te tree het egter die NGV se besluit om haar nie weer terug te neem nie, nou geregverdig.
Die feit dat sy by die DA aangesluit het, wys duidelik dat sy nie apolities opgetree het in haar beroep as aanklaer nie.
Die FW de Klerk-stigting se sentrum vir konstitusionele reg het voorheen die aansienlike regskostes van Breytenbach in haar stryd teen die NGV betaal wat meer as R2 miljoen beloop het.
Dave Steward, uitvoerende direkteur van die stigting, het bevestig die Joodse miljardêr-eiendomsmagnaat Natie Kirsh skenkings aan die stigting gemaak vir verskeie van sy projekte, waaronder Breytenbach se regskoste.

Ek het hierdie vrou ondersteun – waarom voel ek so verraai ?
Nee Glynnis, die respek wat ek vir jou gehad het is in die rioolpyp af.
Adv Breytenbach sal baie beter doen by haar ou pos by handelsmisdaadeenheid as by die DA. Sy het natuurlik nie soveel ondervinding in die politiek nie. Ek wonder maar net hoe lank sal haar nuwe loopbaan duur.
EK SIEN DIE AFDUIM-SPIETKOP IS SKIELIK VANOGGEND WEER OP SY/HAAR POS !
Kan net ‘n DA/ANC Lite aanhanger wees !
Ignoreer! Dit sal hom/haar meer irriteer as jy nie reageer.
Dit is hoe die DA Blanke Afrikaners uit hulle poste verwyder.
Dit is ‘n ou truuk wat die Engelse die land ingesmokkel het. Jy “fire” iemand deur hom te promofeer na ‘n hoër pos wat hy nie kan hanteer nie, en dan raak jy ontslaë van hom.
Natuurlik kan jy hulle nie kwalik neem nie, want iemand wat nie sy werk kan doen nie, mag mos “gefire” word.
Verloopte regslui eindig altyd in die politiek op.Is die DA nou n party vir vroue?Jy moet baie dom wees om nou nog te wil stem in SA.
Ek wonder hoe wys dit vir die DA is om iemand wat handelsmisdade ondersoek het in hul binnekring toe te laat.