Kaapse prokureur vas oor dwelms

‘n Prokureur van Kaapstad het Donderdag in die Mitchellsplein-landdroshof verskyn nadat sy die vorige dag in dieselfde hof in hegtenis geneem is.

Eric Ntabazalila, woordoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het gesê Ursula Vreugde is Woensdag in die Mitchellsplein-landdroshof in hegtenis geneem nadat sy glo 30 pakkies tik aan haar kliënt gegee het.

Ivan Jacobs, Vreugde se kliënt, het in ‘n onverwante saak in die hof verskyn, het Sapa berig.

Volgens Ntabazalila het Vreugde Donderdag op aanklag van die besit van dwelms in die hof verskyn en is sy op borgtog van R1 000 vrygelaat. Die saak is tot 15 Februarie uitgestel.

Bejaarde met dwelms gevang

‘n Bejaarde man en ’n vrou wat in besit van Mandrax met ’n geskatte straatwaarde van R1,2 miljoen betrap is, het Maandag in die Kimberley-landdroshof verskyn, het die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in ‘n verklaring gesê.

Die saak sal tot 8 September uitgestel word om ‘n formele borgtogaansoek te doen, het Mashudu Malabi, woordvoerder, gesê.

Die twee is Saterdag in Kimberley, op ’n trein wat na Kaapstad onderweg was, in hegtenis geneem.

“Die polisie het vinnig op ‘n wenk gereageer. ’n Man (72) en ’n vrou (49) is in besit van ongeveer 12 500 Mandrax-pille, wat in twee sakke gebêre was, betrap,” het lt. Donald Mdhluli gesê.

Die twee staan tereg op aanklagte van dwelmbesit.

Glynnis Breytenbach was nooit onpartydig nie

Glynnis Breytenbach
Glynnis Breytenbach

Glynnis Breytenbach is verlede jaar onskuldig bevind op 15 dissiplinêre klagte wat die nasionale vervolgingsgesag (NVG) teen haar as hoof van die handelsmisdaadeenheid in Pretoria gelê het.

Breytenbach se besluit om tot die politiek toe te tree het egter die NGV se besluit om haar nie weer terug te neem nie, nou geregverdig.

Die feit dat sy by die DA aangesluit het, wys duidelik dat sy nie apolities opgetree het in haar beroep as aanklaer nie.

Die FW de Klerk-stigting se sentrum vir konstitusionele reg het voorheen die aansienlike regskostes van Breytenbach in haar stryd teen die NGV betaal wat meer as R2 miljoen beloop het.

Dave Steward, uitvoerende direkteur van die stigting, het bevestig die Joodse miljardêr-eiendomsmagnaat Natie Kirsh skenkings aan die stigting gemaak vir verskeie van sy projekte, waaronder Breytenbach se regskoste.

Onderwyser op Kaapse Vlakte verkrag beste vriend se kind

admin-ajax‘n Kleurlingonderwyser het in die Blue Downs-landdroshof op die Kaapse Vlakte verskyn in verband met die verkragting van ‘n 12-jarige leerder, het die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) gesê.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die NVG, het gesê die 39-jarige man is borgtog geweier en sal weer op 3 Desember in die hof verskyn.

Die man staan tereg op ses aanklagte van ontvoering en 12 aanklagte van verkragting.

“Ons verwelkom die hof se besluit om borgtog te weier, omdat dit die verkeerde boodskap aan die publiek sou uitstuur.

“Die onderwyser, wat daarvan beskuldig word dat hy die leerder verskeie kere verkrag het, was ook haar onderwyser en haar pa se vriend.” – Sapa

Man wat Moslem doodslaan kry 8 jaar

Rudolph Viviers
Rudolph Viviers

Rudolph Viviers, wat ‘n Moslem na ‘n argument oor sy baard doodgeslaan het, is Donderdag tot agt jaar tronkstraf gevonnis, het die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) gesê.

“Viviers is tot 12 jaar tronkstraf, waarvan vier jaar opgeskort is, gevonnis vir strafbare manslag en vier jaar vir aanranding met die doel om ernstig te beseer,” het Phindi Louw, woordvoerder vir die NVG, gesê. Die vonnisse sal gelyktydig uitgedien word.

Die saak is in die Johannesburgse hooggeregshof se sitting in Palm Ridge aangehoor.

Viviers en Zayne van Tonder het Muhammed Fayaaz Kazi en sy vriend, Anser Mahmood, op 6 Augustus 2012 by ‘n Chicken Licken-tak in Magaliesburg oor hul baarde gespot. Die mans het begin baklei en Kazi is ernstig aangerand. Hy het in die hospitaal aan sy beserings beswyk.

Aanklagte teen Van Tonder is laat vaar.

Louw sê die NVG is tevrede met die uitspraak.

Viviers het ná die vonnisoplegging deur sy regsverteenwoordiger versoek om die families persoonlik om vergifnis te vra. – Sapa