’n Bekende inwoner van Grootfontein, mnr. Peter (Piet) Jakob (52), is Dinsdagaand op sy ma se kleinhoewe buite die dorp doodgeskiet. “Hy is soos ’n hond doodgeskiet,” het ’n bekende sakeman van dié Noordedorp, mnr. Seeff Oosthuizen, gesê. Hy was een van die eerste mense op die toneel. “Ek het omstreeks 17:24 ’n oproep van
Kaap van Storms: Wind sal teen Vrydag weer optel
Die stormsterkwinde wat bome ontwortel het, vier vragmotors omgewaai het en ‘n ekstra koue in Kaapstad sal na verwagting weer Vrydag optel. ‘n Weervoorspeller by die Kaapstadse weerkantoor Thabisile Ntleko het gesê winde bereik snelhede van tot 55 km/h, met vlae van tot 70km/h in plekke. Sy het bygevoeg dat daar ‘n “breek” in die
Lees verder: Kaap van Storms: Wind sal teen Vrydag weer optel
Cosatu vaar uit teen ‘wit rugbymafia’
Die vakbondfederasie, Cosatu het uitgevaar teen die Bokafrigter, Heineke Meyer se spankeuse vir Saterdag se wedstryd teen die All Blacks. Die provinsiale sekretaris van Cosatu in die Wes-Kaap, Tony Ehrenreich sê swart spelers wat in kontak met Cosatu is, sê gekontrakteerde spelers is hoofsaaklik wit en verdien groot bedrae geld, terwyl swart spelers nie vir
Nigeriese staatshoof vergader met Obama oor terreur
Nigerië se nuwe president, Muhammadu Buhari, het dié week ‘n amptelike besoek aan Amerika onderneem vir ’n vergadering met pres. Barack Obama. Dit is om betrekkinge te herstel wat deur sy voorganger se mislukte stryd teen ’n Islamitiese opstand en korrupsie in Afrika se grootste olieproduserende land skade gely het. Buhari, ‘n Moslem, se verkiesing
Lees verder: Nigeriese staatshoof vergader met Obama oor terreur
Turkye verskerp veiligheid na ISIS-aanval
Turkye het Woensdag veiligheidsmaatreëls op die grens met Sirië verskerp nadat ’n selfmoordbomaanval, waarvoor ekstremiste van die Islamitiese Staat (ISIS) groep die skuld kry, die lewe van 31 mense geëis het en die vrees laat ontstaan het dat die Siriese konflik oor die grens na Turkye kan versprei. Maandag se aanval in die dorp Suruc
Komediant wat dollars oor Blatter strooi aangekla
FIFA-president Sepp Blatter is deur ‘n komediant met vals dollars gegooi. Switserse owerhede het aangekondig dat ‘n klag teen die Engelse komediant Simon Brodkin, met die verhoognaam Lee Nelson, gelê sal word nadat hy ‘n Fifa-perskonferensie in Zurich Maandag onderbreek het. Brodkin, geklee soos een van sy karakters, Jason Bent, het ‘n hoop banknote op
Lees verder: Komediant wat dollars oor Blatter strooi aangekla
Verslag sê korrupsie in SA buite beheer
Korrupsievlakke in Suid-Afrika is glo heeltemal buite beheer en byna enigiets kan teen ‘n prys verkry word. Dit is volgens Steven Powell, mede-hoof van forensiese regsfirma ENSafrica wat kommer uitgespreek het dat korrupsie besig is om goed gevestig te raak in munisipaliteite en in die regering. ENSafrica het sy 2015 anti-omkopery en korrupsie-opname vrygestel
SA reg vir nuwe kernbouprogram sê Necsa
Suid-Afrika sal sy kernbouprogram, wat groot kapitaalbeleggings in kernkragsentrales beteken, met behulp van sy bestaande vermoëns uitbrei. Die Suid-Afrikaanse Kernenergiekorporasie (Necsa), sê hulle is gereed om die nuwe kernbouprogram vir Suid-Afrika te steun. Die adjunk-direkteur-generaal van die Departement van Energie belas met kernkrag, Zizamele Mbambo, het dit bevestig tydens ‘n besoek saam met die portefeuljekomitee
PRASA-hoof lê klag van sameswering tot moord
‘n Klag van sameswering tot moord is by die Gautengse polisie gelê deur die voorsitter van die Passasierspooragentskap, Popo Molefe. Die Gautengse polisie het bevestig dat die klag in Sandton gelê is. Molefe is verantwoordelik vir die afdanking van PRASA se bestuurshoof, Lucky Montana en die skorsing van die hoofingenieur, Lucky Mthimkulu verlede week. Die
Aanranding van plaasbestuurder by Winburg ondersoek
Die polisie in die Vrystaat ondersoek ‘n klag van gewone aanranding nadat ‘n plaasbestuurder gisteraand na bewering deur twee swart mans buite sy huis op ‘n plaas tussen Winburg en Virginia oorval en aangerand is. Polisiewoordvoerder, Ian Gaobepe, sê Josef Mathetau se hande is glo vasgebind. Volgens Gaobepe word niks van die toneel vermis nie.
Lees verder: Aanranding van plaasbestuurder by Winburg ondersoek
