SA reg vir nuwe kernbouprogram sê Necsa

Suid-Afrika sal sy kernbouprogram, wat groot kapitaalbeleggings in kernkragsentrales beteken, met behulp van sy bestaande vermoëns uitbrei.

Die Suid-Afrikaanse Kernenergiekorporasie (Necsa), sê hulle is gereed om die nuwe kernbouprogram vir Suid-Afrika te steun.

Die adjunk-direkteur-generaal van die Departement van Energie belas met kernkrag, Zizamele Mbambo, het dit bevestig tydens ‘n besoek saam met die portefeuljekomitee rakende energie wat die Suid-Afrikaanse Kernkorporasie naby Atteridgeville in Pretoria besoek het.

Die komitee wil die gereedheid van die korporasie vasstel voor die inwerkingstelling van die kernbouprogram.

Die bodproses vir die transaksie, wat honderde miljarde rand kan beloop, sal die maand nog begin.

Mbambo sê die regering se kernkragplanne word vervat in die kernenergiebeleid van 2008 waarvolgens die land beoog om selfonderhoudend ten opsigte van kernkrag te wees.

Necsa het gesê dat die nuwe kernbouprogram sal nie alleen bydra tot energiesekuriteit nie, maar ook ekonomiese groei, die ontwikkeling van infrastruktuur, asook die ontwikkeling van vaardighede en werkskepping.

“Die belangrikste is, en in lyn met die huidige wêreldwye konsensus, dat kernkrag sal bydra tot die vermindering van Suid-Afrika se koolstofvoetspoor. Kernkrag is die sleutel in die stryd teen klimaatverandering.”

Rusland se regering sê hulle is gereed om Suid-Afrika se nuwe kernkragsentrales te help finansier – wat na raming soveel as $100 miljard kan kos – indien die staatsbeheerde Rosatom die konstruksietender kry.

Rosatom het reeds verskeie befondsingsmodelle voorgestel, het Viktor Polikarpof, die streeksvisepresident vir Suidelike Afrika, vroeër gesê in ‘n onderhoud in Kaapstad. Een voorstel is ‘n Russiese lening.

Die lening sal oor 20 jaar afbetaal kan word en Suid-Afrika sal eers begin terugbetaal wanneer die eerste aanleg in bedryf is, het hy gesê.

“Die rentekoers wat die [Russiese] regering bied, is nie baie hoog nie, en dit is regtig winsgewend,” het Polikarpof gesê. “Mens sal nie hierdie rentekoers op enige ander plek, by enige ander bank kry nie.”

Suid-Afrika beplan om 9600 megawatt se kernkrag te voeg by die nasionale netwerk en wil die eerste reaktors teen 2023 in werking stel, ‘n teiken wat Polikarpof sê haalbaar is.

5 thoughts on “SA reg vir nuwe kernbouprogram sê Necsa”

  1. “is nie baie hoog nie” – verduidelik asb.
    As ek sien hoe onbeholpe alles in die land bedryf word – elke keer word die geldelike gemors waarmee die belastingbetaler opgeskeep sit net al groter. Elke keer raak die foute gevaarliker. As hulle hierdie opvoeter kan die hele ZA in ‘n radioaktiese woestynlandskap verander word.

  2. It’s not about energy. Denmark is one of the most successful implementer’s of renewable energy in the world using wind. Countries like Sweden, Norway and Canada have even higher rates of renewable energy production, but they achieved that with relative easy means: hydro-power thanks to mountainous terrain. It’s about uranium demand: http://www.theguardian.com/environment/2015/jul/10/denmark-wind-windfarm-power-exceed-electricity-demand

Maak 'n opvolg-bydrae