Die voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor justisie, Mathole Motshkega het probeer om die voorsitter van die Menseregtekommissie, Lawrence Mushwana af te raai om voort te gaan met die ondersoek na uitsprake van koning Goodwill Zwelithini. Die ondersoek word gedoen ná bewerings dat uitsprake van die koning bygedra het tot xenofobiese geweld, het RSG berig.
Polisie in Thabazimbi ontplooi na xenofobiese geweld
Die polisie op Thabazimbi in Limpopo is op hoë gereedheid nadat winkels van buitelanders die afgelope twee dae aangeval, geplunder en aan die brand gesteek is. Polisiewoordvoerder Ronel Otto sê elf mense is gearresteer en sal aangekla word van openbare geweld, huisbraak en die besit van gesteelde goedere. Xenofobiese aanvalle het versprei na Limpopo waar
Lees verder: Polisie in Thabazimbi ontplooi na xenofobiese geweld
Staatsaanklaer in hof oor bedrog
‘n Staatsaanklaer van die Galeshewe landdroshof in Kimberley verskyn weer op 22 Mei in die hof op ‘n aanklag van bedrog, nadat hy glo tussen R1500 en R2500 omkoopgeld gevra het om ‘n saak terug te trek. Dit spruit uit ‘n beweerde voorval op 3 April, terwyl Anele Kohlani betrokke was by ‘n aanrandingsaak. Noord-Kaapse
Nigerië nader Internasionale Strafhof oor SA se xenofobie
‘n Nigeriese menseregte-organisasie het die Internasionale Strafhof (ICC) in Den Haag genader om ‘n klag van haatspraak teen die Zoeloekoning Goodwill Zwelithini te ondersoek. Dié hof ontvang maandeliks duisende sulke klagtes wat tans op niks uitloop nie. Na vele klagtes teen slegs Afrika-staatshoofde ontvang is, is die instelling gekritiseer as ‘n politieke instrument sonder regskrag,
Lees verder: Nigerië nader Internasionale Strafhof oor SA se xenofobie
Wits tree op teen Hitler-liefhebber
Die Visekanselier en Rektor van die Universiteit van die Witwatersrand, Professor Adam Habib, het gevra dat daar ondersoek ingestel word na die voorsitter van Wits se Studenteraad, Mcebo Dlamini. Dlamini het die naweek in ‘n Facebook-inskrywing gesê hy is ‘n groot bewonderaar van Adolf Hitler en dat alle wit mense ‘n element van Hitler in
Mosie slaag om provinsie Kotane te noem
Die ANC in die provinsiale wetgewer in Noordwes het sy meerderheid gebruik om ‘n mosie goed te keur om die naam van die provinsie na Moses Kotane te verander. Kotane, ‘n veteraan van die ANC, se oorskot is verlede maand in Moskou opgegrawe en in sy tuisdorp Phela herbegrawe. Die Speaker van die provinsiale wetgewer,
Kenners het Nepal-ramp voorspel
Die grootste tragedie in Nepal, wat Saterdag deur ‘n massiewe aardbewing getref is en duisende mense dood of haweloos gelaat het, is dat daar twee weke gelede reeds ‘n vergadering gehou was waarin kundiges hierdie aardbewing voorspel het. Dit is volgens Prof. Dewald van Niekerk, Direkteur van die Afrika-Sentrum vir Rampstudies, wat in Potchefstroom gebaseer
Malawiese burgers vertrek huiswaarts
Meer as duisend Malawiese burgers vertrek vandag uit Suid-Afrika as deel van ‘n repatriasie-program vir diegene wat die afgelope tyd deur geweld teen buitelandse burgers geraak is. Vier-en-twintig busse sal vanoggend uit Midrand, noord van Johannesburg na Malawi vertrek, het RSG berig. Die noodlenigingsorganisasie Gift of the Givers sê hulle werk saam met die regerings
Zuma by SAOG-vergadering oor minerale
President Jacob Zuma sal die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se buitengewone beraad oor nywerheidsontwikkeling vandag in Harare in Zimbabwe saam met ander streeksleiers bywoon. Suid-Afrika se ministers van Internasionale Betrekkinge, Handel en Nywerheid, en Finansies sal die president vergesel. Die beraad volg nadat SAOG-lede verlede jaar by ‘n vergadering besluit het dat ‘n konsepstrategie oor waardetoevoeging tov
Brande woed steeds in Baltimore
Brande het gister steeds in die noordoostelike Amerikaanse stad Baltimore gewoed, waar ’n aandklokreël gisteraand ingestel sou word nadat onluste Maandag tot diep in die nag voortgeduur het. Die deelstaat Maryland het ’n noodtoestand afgekondig nadat betogers winkels geplunder en met armsvol buit ontsnap het. Skole is gister as ’n veiligheidsmaatreël gesluit. Die volle omvang
