Turkye se president, Recep Tayyip Erdogan, het die Islamitiese Staat-groep (ISIS) die skuld gegee vir die bomaanval op ’n buitelugviering van ’n troue in die suidooste van die land. Minstens 50 mense is in die aanval dood en 94 beseer. Amptenare sê die aanval in Gaziantep, naby die grens met Sirië, was oënskynlik ’n selfmoordbomaanval.
Leon Lemmer: Die kultuur van kultuurvernietiging
‘n Mens kan geneig wees om te dink dat Afrikaners geen vriende in ander lande het nie. In werklikheid is daar al hoe meer ingeligte, denkende mense wat die situasie van blankes in sowel die ou as die nuwe Suid-Afrika goed verstaan. Dit is veral die geval in lande wat reeds lank ‘n aansienlike (oproerige)
Lees verder: Leon Lemmer: Die kultuur van kultuurvernietiging
Twee Amerikaanse swemmers kry hul paspoorte terug
Die twee Amerikaanse swemmers wat Woensdagaand deur die Brasiliaanse owerheid van ’n vliegtuig afgehaal is, is toegelaat om huis toe te gaan. Olimpiese beamptes in Rio de Janeiro sê die polisie wou die swemmers se verklarings afneem oor ‘n beweerde gewapende roof. Gunnar Bentz en Jack Conger is hul gekonfiskeerde paspoorte teruggegee en het vertrek
Lees verder: Twee Amerikaanse swemmers kry hul paspoorte terug
Suid-Soedan se rebelleleier in SA?
Suid-Soedan se voormalige rebelleleier en visepresident, Riek Machar, het die land verlaat ná die gewelddadige botsings verlede maand en is nou in ’n “veilige” land in die streek. In ’n verklaring deur Mabior Garang de Mabior, ’n woordvoerder vir Machar se SPLM-IO party, word nie gespesifiseer in watter land Machar hom bevind nie. Maar gerugte
Oos-Kaap kry groot belegging in voertuigvervaardiging
Die Coega Ontwikkelingskorporasie (CDC) in die Oos-Kaap het ‘n kontrak vir die grootste belegging in voertuigvervaardiging in Afrika die afgelope veertig jaar geteken. Die beleggingskontrak van R11 miljard is met die Chinese staatsbeheerde maatskappy Beijing Automobile International Corporation (BAIC) gesluit. Die fabriek sal nie ver van die Ngqura-diepwaterhawe opgerig word nie. Die minister van handel
Lees verder: Oos-Kaap kry groot belegging in voertuigvervaardiging
Krotoa, die feminis
Die minister van verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, sal vandag ‘n monument by die Kasteel in Kaapstad onthul wat die lewe van die Khoi-vrou Krotoa uitbeeld. Die minister het in ‘n verklaring in geradbraakte Engels gesê Krotoa “het ‘n ingesteldheid vir tale gedemonstreer ” en “word beskou as een van die hoofargitekte van die Afrikaanse taal”. Sy
Mangaung-metro moet weer stem vir burgemeester en speaker
Die eerste amptelike vergadering van die nuwe Mangaung-metroraad moes Donderdagoggend vir ure vertraag word toe die verkiesingsproses vir die uitvoerende burgemeester en die speaker verkeerd uitgevoer is. Die vergadering was reeds in ‘n gevorderde stadium en die burgemeester, Olly Mlamleli, en speaker, Mxolisi Siyonzana, het reeds hul toesprake gelewer, toe DA-raadslid, Dulandi Leech, alles tot
Lees verder: Mangaung-metro moet weer stem vir burgemeester en speaker
Leeu verskeur kind op wildplaas
Die polisie in Parys ondersoek ‘n saak van strafbare manslag nadat ‘n 12-jarige seun verskeur is deur leeus by die Otavi-wildplaas buite Parys. Daar word beweer dat die oorledene, Nkalamelo Latha, een van die plaaswerkers om die plaas vergesel het. Die werker het in die leeukamp ingegaan saam met Nkalamelo. Die leeus het glo ontsnap
DA-raadslid doodgeskiet
Nog niemand is in hegtenis geneem na die moord op ‘n DA-raadslid van Daniëlskuil in die Noordkaap nie. Johannes Baadjies, wat Donderdag ingesweer sou word as raadslid van die Kgatelopele Plaaslike Munisipaliteit, is doodgeskiet, in wat vermoedelik ‘n politieke sluipmoord was. Die DA-leier in die Noord-Kaap Andrew Louw (foto bo), sê Baadjies se vrou het
Rio: Leë sitplekke, vuil water en ‘n leerkurwe wat nog moet gebeur
Dit is nie moeilik om mense te kry wat kla by die finansieel-gestremde en logistiese nagmerrie wat Rio 2016 heet nie. Die Olimpiese Spele in Brasilië is ‘n kopseer vir die owerhede wat ‘n fortuin spandeer het in ‘n ekonomie wat soos 1930 s’n lyk en op ‘n skouspel wat min belangstelling wek en afgewater
Lees verder: Rio: Leë sitplekke, vuil water en ‘n leerkurwe wat nog moet gebeur
