President Jacob Zuma sê die mislukking van die Verenigde Nasies om die Israel-Palestynse konflik op te los, het die oproep vir die hervorming van die VN se Veiligheidsraad verskerp. Hy het die Algemene Vergadering van die VN in New York toegespreek. President Jacob Zuma het die rol van die Verenigde Nasies in die ondersteuning van
Skroewe stywer om Afrikaans by Potch
Die minister van hoër onderwys, die kommunis Blade Nzimande, het raadslede van die Noordwes-universiteit (NWU) beveel om hom in Johannesburg te kom spreek nadat hy die verslag van Leon Wessels se kommissie gelees het. In die visier is die taalbeleid by die universiteit, wat Afrikaanse lesings aanbied, maar dit plek-plek na Engels tolk. Omdat 73%
ISIS onthoof Franse toeris
Die Algerynse regering het die moord deur ‘n jihadistegroep op ‘n Franse toeris veroordeel. Die 55-jarige Herve Gourdel is Sondag deur die Jund-al Khilifa-groep ontvoer. Die groep, wat glo bande het met die ekstremistiese Islamitiese Staat-groep, het ‘n ultimatum van 24-uur aan die Franse regering gestel om lugaanvalle in Irak te staak. Frankryk het die
Wêreld moet ‘saamstaan’ teen 3 probleme wat VSA geskep het
Die Amerikaanse president, Barack Obama, het Woensdag by die VN se Algemene Vergadering in New York gesê die wêreld moet saamstaan teen terreur in Irak en Sirië, Russiese “aggressie” in Europa en ebola in Wes-Afrika. Al drie probleme is vermoedelik deur die VSA self geskep. “Ons kan die internasionale stelsel wat soveel vooruitgang geskep het
Lees verder: Wêreld moet ‘saamstaan’ teen 3 probleme wat VSA geskep het
Petisie: Jonathan Jansen moet bedank!
[emailpetition id=”1″] [signaturelist id=”1″]
Obama omarm omgewingsaktivisme
President Barack Obama van Amerika het sy stem gevoeg by by dié van omgewingsaktiviste. Obama sê die klimaat is besig om vinniger te verander as pogings om aandag aan aardverwarming te gee. As ‘n staatswetgewer het Obama voorheen gestem om die Kyoto-klimaatsverdrag te veroordeel en die staat te verbied om kweekhuisgasvrystellings te reguleer. Obama het
Jonathan Jansen het PhD oor Zim-opvoedingstelsel behaal
Prof. Jonathan Jansen, die omstrede antiblanke en anti-Afrikaanse rektor van die Vrystaatse Universiteit, het sy doktorale proefskrif oor die revolusionêre ZANU-PF-opvoedingstelsel van Zimbabwe behaal. Die onderwerp heet: The state and curriculum in transition societies: Zimbabwe 1980-1990. Die proefskrif is in 1991 aan die Universiteit van Stanford by die departement van opvoedings in die VSA ingehandig.
Lees verder: Jonathan Jansen het PhD oor Zim-opvoedingstelsel behaal
Twee Maties ondersoek wat hulself swart geverf het
Die Universiteit Stellenbosch het ‘n ondersoek geloods teen twee Maties-studente wat hulself Saterdagaand vir ’n partytjie swart geverf het. Die voorval het Dinsdag oudergewoonte ‘n storm onder politiek-korrektes veroorsaak. Twee studente van die Universiteit van Pretoria het hulself vroeër vanjaar swart gesmeer en as twee huisbediendes by ‘n partytjie opgedaag. Die twee vrouestudente is daarna
Lees verder: Twee Maties ondersoek wat hulself swart geverf het
Polisie se vuurwapenregister in chaotiese toestand
Terwyl die jongste misdaadstatistieke toon dat veral geweldmisdade “onaanvaarbaar” hoog is, veroorsaak algehele chaos by die sentrale vuurwapenregister (SVR) dat die polisie bykans geen beheer oor vuurwapens het nie. Die parlementêre portefeuljekomitee oor polisiesake was gister geskok toe hul besoek aan die sentrale vuurwapenregister (SVR) in Pretoria aflê. Stapels onverwerkte lêers in die gange, op
Lees verder: Polisie se vuurwapenregister in chaotiese toestand
Kernkrag-tender sluit ander spelers in sê ANC
Die regering probeer ‘n “misverstand” opklaar oor ‘n multi-miljard randse kernooreenkoms met Rusland, het RSG berig. Die departement van energie sê nou die ooreenkoms met Rusland is deel van ‘n tenderproses wat ander mededingende lande insluit. Amptenare sê die ooreenkoms met Rusland is nie ‘n kontrak om kernaanlegte te bou nie. Die Russiese atoom-agentskap Rosatom
