President Jacob Zuma sê die mislukking van die Verenigde Nasies om die Israel-Palestynse konflik op te los, het die oproep vir die hervorming van die VN se Veiligheidsraad verskerp. Hy het die Algemene Vergadering van die VN in New York toegespreek.
President Jacob Zuma het die rol van die Verenigde Nasies in die ondersteuning van die stryd van selfbeskikking en vryheid as “merkwaardig” beskryf. Hy het Suid-Afrika as ‘n skitterende voorbeeld uitgesonder.
Zuma het gesê Suid-Afrikaners is bewus van ‘n historiese en morele verantwoordelikheid in die globale stryd teen rassisme, rassediskriminasie en ander vorme van onverdraagsaamheid.
Hy het na die Durban-verklaring verwys as die “primêre raamwerk” in die stryd teen rassisme.
Hy het gesê Suid-Afrika sal daarom voortgaan om die stryd vir vryheid en selfbeskikking te ondersteun vir die Palestyne en Wes-Sahara wat steeds onder kolonialisme gebuk gaan.
Hy het daarop gewys dat die Israeli-Palestynse kwessie een van die oudste items op die VN-agenda is, maar geen vordering toon nie.
Zuma het die onlangse “verwoestende konflik wat ‘n humanitêre krisis van skokkende afmetings gelaat het” skerp veroordeel.
Hy het gesê die Palestyne is dakloos gelaat, met geen mediese geriewe, geen veilige drinkwater, en geen sorg vir die gewondes nie, na die vernietigende militêre optrede deur Israel.

Sy eie land is in chaos maar dan preek hy vir ander mense. Hy moet by die huis bly en iets doen omtrent die ekonomie, werkskepping en misdaad. Ek glo nie die vn vat hom ernstig op nie
Al wat hy doen is om te “boggom” – solank as wat hulle daarvan hou, gaan hulle daarvoor piesangs (ja-stemme) gooi.
Dolk, van die lyn af. Die herrie met die behuising van die oumense is nou opgelos. Die munisipaliteit het die huurbedrag van R2500 per maand afgebring na R300 plus die verskaf van 50 KWu en 14 kl water per maand gratis aan verdienstelike gevalle.
Dankie vir jou aangebode finansieële hulp.
Dit het die oumense bemoedig om vas te byt omdat daar mense buite hierdie gemeenskap is wat omgee!
Baie dankie vir die wonderlike bydrae en terugvoering Johan!
Nes Jan Smuts van ouds.
so pas verneem dat my kinders huistoe gestuur gaan word omrede dar nie water is nie.
In 111 jaar nog nie so swak ramp gewees nie
alles waaran hulle raak breek. Vervloekte nasie wat niks kan opbou of onderhou nie…..
Palestina se gat!! wat van die Boere?
Skillie kan nie eers my vars water te kort regkry nie wat nog van Palestina??!!
Minder rond kajakker prez, hier is werk om te doen.
Ag foeitog, ou stortkop wil nou weer last blyk asof hy omgee oor “menseregte”, aangesien die wêreld hom nou aansien vir ‘n gewetenlose, korrupte leunaar en skelm.