EFF-bevelvoerder moedig studentebetogers aan om te sterf as ‘martelare’

Die EFF-bevelvoerder, Julius Malema het aan The Times gesê sy party steun die opstand van ‘n paar belhamels vir gratis hoër onderwys ten volle. Die houtwerk-savant sê hoewel die sluiting van universiteite en die verlies van ‘n akademiese jaar “jammer” sal wees, “is daar ‘n prys wat betaal moet word in ‘n rewolusie. Daar moet

Lees verder: EFF-bevelvoerder moedig studentebetogers aan om te sterf as ‘martelare’

Orkaan Matthew kan Hillary se stigting ook omwaai

Miskien sal Hillary Clinton se ergste mislukking as minister van buitelandse sake binnekort op TV-skerms regoor die wêreld sigbaar wees. Binne ure sal Haïti, reeds ‘n menslike hel, dalk sorg vir ‘n Oktober-verrassing vir haar teenstander Donald Trump. Die “verrassing” sal egter meer na ‘n gruverhaal lyk as ‘n verwagte orkaan Haïti tref. Dié orkaan,

Lees verder: Orkaan Matthew kan Hillary se stigting ook omwaai

ANC: Studente-oproer deur anti-regeringsagente gedryf

Die ANC is oortuig daarvan dat die geweld op kampusse deur “agente wat die regime wil omverwerp” gedryf word. Direkteur-generaals van veiligheidsdepartemente, ministers, gemeenskapspolisielede en regeringslui gemoeid met hoër onderwys het Vrydag by OR Tambo-lughawe byeengekom (foto) om die huidige krisis te bespreek. Honderde miljoene rande se skade is reeds aan infrastruktuur aangerig deur swart

Lees verder: ANC: Studente-oproer deur anti-regeringsagente gedryf

Universiteite hervat, maar betogers dreig met geweld

Nog universiteite het besluit om weer te open nadat klasse by die Universiteit van die Witwatersrand hervat het, maar oproermakers dreig steeds met ontwrigting. Die akademiese program by Wits sal Dinsdag voortgaan nadat studente in ‘n eletroniese meningsopname ná onlangse gewelddadige betogings ten gunste van die voortsetting van klasse gestem het. Slegs personeel sal nog

Lees verder: Universiteite hervat, maar betogers dreig met geweld

Wits besluit om te heropen na peiling

Die Witwatersrand Universiteit se bestuur het besluit dat lesings Dinsdag sal hervat. Alle personeel sal Maandag terugkeer na die werk. Bykomende private sekuriteit gaan op die kampus ontplooi word terwyl die polisie binne “die omtrek van die kampus” sal bly en slegs op kampus sal ingryp indien nodig. Sekuriteit sal geleidelik van die kampus onttrek

Lees verder: Wits besluit om te heropen na peiling

Onrus teister Ethiopië

Die polisie in streek Oromiya in Ethiopië het traangas en waarskuwingskote Sondag geskiet om anti-regeringsbetogers uiteen te jaag. ‘n Stormloop wat daarna gevolg het, het volgens die opposisieparty ten minste 50 mense gedood. Die regering het nie ‘n presiese aanduiding van die dodetal gegee waar chaotiese tonele tydens ‘n jaarlikse fees afgespeel het nie. Bywoners

Lees verder: Onrus teister Ethiopië

James Burnham oor die inkrimping van die Weste

Elkeen kan self besluit of die volgende aanhaling ‘n hipotetiese beskrywing is of ‘n situasie uitbeeld wat werklik êrens op die aardbol bestaan: “Suppose I believe that men of a certain color, size or shape, or in some other way physically marked off as a group, are in point of fact distinctly inferior, on average,

Lees verder: James Burnham oor die inkrimping van die Weste

Dan Roodt tans in Swede vir konferensie en gesprekke

Dr. Dan Roodt van PRAAG het gisteroggend in Stockholm aangekom waar hy vandag (Saterdag) ‘n Europese konferensie oor identiteit sal toespreek. ‘n Verskeidenheid Europese, maar ook Amerikaanse, groepe en individue woon die konferensie by waar die opkoms van nuwe nasionalismes in Europa onder andere bespreek sal word. Die Amerikaanse nuustydskrif Time het so pas ‘n

Lees verder: Dan Roodt tans in Swede vir konferensie en gesprekke

Clinton se gunstelingleier is… Merkel!

Hillary Clinton het anders as Gary Johnson, wel ‘n gunsteling wêreldleier: Angela Merkel. Die Demokratiese presidensiële kandidaat het Donderdag oor Merkel, wat uiters ongewild is in Duitsland, gekoer. Johnson, die Libertariese kandidaat en selfverklaarde daggakop, kon onlangs nie ‘n enkele wêreldleier opnoem nie. Voorheen het hy ook gesê hy het nog nooit van Aleppo gehoor

Lees verder: Clinton se gunstelingleier is… Merkel!

Rusland gaan voort met Siriese lugaanvalle

Die regering van Rusland sê hulle sal voortgaan met lugaanvalle op die ooste van die stad Aleppo teen ISIS-simpatiseerders. Die lugaanvalle in Sirië is op stellings wat deur militante na aan ISIS beheer word. Amerika eis dat die lugaanvalle dadelik gestaak word, vermoedelik omdat hul proksiemagte onder beleg is. ‘n Woordvoerder van die regering, Dmitry

Lees verder: Rusland gaan voort met Siriese lugaanvalle