Spioenasie-beskuldigings kan tot OB-skorsing lei

Thuli Madonsela, Openbare Beskermer, het gesê sy vermoed die motief vir die ondersoek na bewerings dat sy vir die CIA spioeneer, kan tot haar skorsing lei, het 702 se Eyewitness News berig. “Ek dink die motief was om my te dwing om ‘n ondersoek te vra en sodoende aan die president ‘n rede te verskaf

Lees verder: Spioenasie-beskuldigings kan tot OB-skorsing lei

Skietery in Swede se immigrantenes eis twee

Minstens twee mense is dood ná ‘n skietery by ‘n restaurant in Göteborg in Swede. Die polisie sê outomatiese wapens is na bewering in die aanval gebruik. Ooggetuies sê die aanvallers was twee mans gewapen met Kalasjnikofs. Göteborg is die tweede grootste stad in Swede, en ‘n immigrantenes van werkloosheid en geweld. Die area waar

Lees verder: Skietery in Swede se immigrantenes eis twee

SA vaar goed op BRICS-indeks

Suid-Afrika is die tweede beste presteerder onder BRICS lande ten opsigte van die omskakeling van regstreekse beleggings na maatskaplike vooruitgang, het RSG berig. Dié prestasie is gegrond op die bevindings van ouditeure van Deloitte. Volgens ‘n maatskaplike vorderings-indeks is Suid-Afrika op 63 punte, wat sewe indekspunte laer as Brasilië is. Rusland, China en Indië is

Lees verder: SA vaar goed op BRICS-indeks

Eskom gebruik gas om ligte aan te hou

Die maatskappy Sunbird Energy wat in Australië genoteer is, het ooreengekom om gas aan Eskom te verskaf in ooreenstemming met die kragverskaffer se planne om eerder gas te gebruik om sy kragopwekkers aan te dryf as diesel. Eskom moes die afgelope tyd swaar steun op sy diesel-aangedrewe turbines om die ligte aan te hou, het

Lees verder: Eskom gebruik gas om ligte aan te hou

Suid-Afrikaner onder slagoffers van Tunis-aanval

Tunisië se ministerie van binnelandse sake het Woensdagaand bevestig dat daar ‘n Suid-Afrikaner onder die 20 toeriste was wat gedood is toe gewapende mans die nasionale museum in Tunis aangeval het. Daar was ook Suid-Afrikaners onder die gewondes, het gesê die Minister van gesondheid gesê.   AP het vroeër die Tunisiese premier Habbib Essid aangehaal

Lees verder: Suid-Afrikaner onder slagoffers van Tunis-aanval

Twee mans geskiet op N1 in Johannesburg

‘n Voertuig is Dinsdagaand in ligte laaie gelaat op die N1 naby die Maraisburg-afrit in Johannesburg, nadat die insittende doodgeskiet is. ‘n Tweede man wat stilgehou het om hulp te verleen, is ook geskiet. Lt. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, het gesê die eerste insittende is van die pad gedwing voordat hy doodgeskiet geskiet

Lees verder: Twee mans geskiet op N1 in Johannesburg

Hoërskoolseun deur weerlig doodgeslaan

Witbank Nuus het berig dat ‘n wit hoërskoolseun, Francois Clarence, Dinsdag deur die weerlig doodgeslaan is. Die seun het Dinsdagmiddag ná skool na die hokkieveld gestap waar HTS Witbank se eerste span teen Potchefstroom sou speel, toe hy deur weerlig getref is. Hy is daarna deur paramedici op die veld behandel, maar is later dieselfde

Lees verder: Hoërskoolseun deur weerlig doodgeslaan

Zim skiet 160 rondloperhonde dood

Owerhede in Zimbabwe is besig met ‘n veldtog teen rondloperhonde, “Operation Tie Up Order”, ondanks ‘n hewige reaksie van dierebeskermingsaktiviste. Sowat 160 honde is in Bulawayo doodgeskiet in ‘n poging om die verspreiding van hondsdolheid te voorkom. “Ons het reeds 160 honde van kant gemaak en hoop om nog rondloperhonde dood te skiet,” het Edwin

Lees verder: Zim skiet 160 rondloperhonde dood

Ma byt kind glo dood

‘n Swart ma, 24, van Mpumalanga is in hegtenis geneem nadat sy glo haar eenjarige kind gewurg en doodgebyt het. Die beskuldigde, wie se naam nie bekend gemaak mag word totdat sy in die hof verskyn het nie, is Woensdagoggend by haar huis in Zibokwane in hegtenis geneem. Lede van die gemeenskap het berig dat

Lees verder: Ma byt kind glo dood

‘Dagga-kleuter’ opgespoor

‘n Vierjarige bruin kleuter wat glo deur ‘n ouer sibbe gedwing is om dagga te rook, is opgespoor, het die departement van maatskaplike ontwikkeling in die Wes-Kaap, Woensdag verklaar. “Die ministerie is Dinsdag in kennis gestel van ‘n 17-jarige tiener wat foto’s op sosiale media gelaai het waar hy glo sy vierjarige sussie aansê om

Lees verder: ‘Dagga-kleuter’ opgespoor