VN-verslag sê SA-troepe ergste seksuele oortreders

Die Weermag sal ‘n verslag deur die Verenigde Nasies bestudeer, waarin beweer word dat Suid-Afrikaanse troepe die ergste oortreders ten opsigte van seksuele misdrywe op vredesendings is. Die weermag sê hy sal nie enige wangedrag deur sy lede duld nie, en sal sy samewerking aan die VN gee om die bewerings te ondersoek. Die verslag

Lees verder: VN-verslag sê SA-troepe ergste seksuele oortreders

Druk op Phiyega neem toe

Die Parlementêre portefeuljekomitee vir Polisie sê die Minister van Polisie, Nathi Nhleko, sal binne die volgende twee maande versoek word om verslag te doen oor hoe die aanbevelings van die Marikana-verslag ingestel sal word. Die Marikana-verslag oor die skietery van Augustus 2012 by Lonmin se Marikana-myn is deur pres. Zuma in ‘n regstreekse uitsending bekend

Lees verder: Druk op Phiyega neem toe

Moordenaar tweede keer gevonnis

Die Zimbabwiër wat dié week deur regter Lettie Molopa lewenslank tronk toe gestuur is vir die moord op die 66-jarige boer Mauritz Oberholzer, is ook die moordenaar van die boksheld, Corrie Sanders. Samuel Mabena en twee ander Zimbabwiërs is vroeër vanjaar tot 30 jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op Sanders. Die swart moordenaars het

Lees verder: Moordenaar tweede keer gevonnis

Zuma maak Marikana-verslag bekend

President Jacob Zuma het die verslag oor die gebeure van Augustus 2012 by Lonmin se Marikana-myn in ‘n regstreekse uitsending bekend gemaak. Die Farlam Kommissie van Ondersoek het aanbeveel dat die geskiktheid van die polisiekommissaris, Riah Phiyega vir haar pos, ondersoek moet word in die lig van die skietery by Marikana. ‘n Ondersoek na die

Lees verder: Zuma maak Marikana-verslag bekend

Familie verlig na twee swaar gestraf word vir plaasmoord

Die familie van die boer van Noordwes wat tydens ‘n plaasaanval vermoor is, is verlig dat twee sy moordenaars gestraf is. Nog drie swartes wat by die moord en roof betrokke was, is steeds op vrye voet. Twee Zimbabwiese burgers, Samuel Mabena en Bismarck Dik, is in die hooggeregshof in Pretoria lewenslange tronkstraf opgelê vir

Lees verder: Familie verlig na twee swaar gestraf word vir plaasmoord

Ploftoestelle op bus na Zim gevind

Amptenare van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het beslaggelê op meer as 200 ploftoestelle op ‘n bus by die Beitbrug-grenspos na Zimbabwe. Die SAID sê die ploftoestelle is ontdek toe hulle die bus deurgesoek het wat van Zimbabwe na Suid-Afrika onderweg was, het RSG berig. Die toestelle was in ‘n lappe toegedraai en onderin ‘n sak versteek,

Lees verder: Ploftoestelle op bus na Zim gevind

Onderbesteding en growwe wanbestuur in onderwys

Noordwes Departement van Openbare Werke het met die bou van nuwe skole en klaskamer gesloer en veroorsaak dat die onderwysdepartement op sy onderwysinfrastruktuurtoelae onderbestee het. Ander redes wat aangevoer is vir die vertraging van projekte, is dat twee groot projekte deur subkontrakteurs tot stilstand gebring is toe hulle op beter betaling aangedring het. Openbare onrus

Lees verder: Onderbesteding en growwe wanbestuur in onderwys

SA vroue leef langer as mans

Suid-Afrikaanse vroue leef ongeveer sewe jaar langer as mans. Dit is volgens dokter Jacques Snyman, ‘n kliniese raadgewer van Resolution Health. Snyman sê daar is verskeie redes hoekom vroue geneig is om langer te leef as mans. Snyman sê dat mans daadwerklik ‘n gesonder leefstyl moet begin handhaaf. Volgens Statistiek SA, was die lewensverwagting van

Lees verder: SA vroue leef langer as mans

Optiese kabels slaan aan die brand

Optiese veselkabels wat op die Telkom-perseel in Capital Park geberg word, het dié week weens ’n grasbrand ook aan die brand geslaan. Swart wolke het swaar oor die Telkom-gebou in Capital Park gehang nadat optiese veselkabels aan die brand geslaan het, het Rekord Moot berig. Tshwane-nooddienste se woordvoerder Johan Pieterse sê die brand het omstreeks

Lees verder: Optiese kabels slaan aan die brand

Eskom kry miljarde se inspuiting

Eskom sal ‘n reddingsboei van belatingbetalers ontvang nadat twee wetsontwerpe miljarde rande beskikbaar gestel het aan die sukkelende kragvoorsiener. Die Nasionale Vergadering het Woensdag die wetsontwerpe goedgekeur van ‘n R23 miljard-kontantinspuiting aan Eskom asook ‘n R60 miljard lening. Eskom se benarde situasie is te danke aan ongehoorde bonusse vir wanpresterende bestuurslede, peperduur spysenieringskontrakte en ‘n yslike personeel.

Lees verder: Eskom kry miljarde se inspuiting