SA vroue leef langer as mans

Suid-Afrikaanse vroue leef ongeveer sewe jaar langer as mans.

Dit is volgens dokter Jacques Snyman, ‘n kliniese raadgewer van Resolution Health.

Snyman sê daar is verskeie redes hoekom vroue geneig is om langer te leef as mans.

Snyman sê dat mans daadwerklik ‘n gesonder leefstyl moet begin handhaaf.

Volgens Statistiek SA, was die lewensverwagting van mans in Suid-Afrika in 2014 59,1 jaar en vroue 63,1 jaar gewees.