‘Separatiste kon nie vlug MH17 afskiet nie’

Die Oekraïnse departement van binnelandse sake, het Donderdag die skuld vir die lugramp in sy land dadelik op “pro-Russiese separatiste” gepak en gesê Vlug MH17 is met ’n lugafweermissiel neergeskiet. Volgens die jongste inligting was daar 298 mense aan boord. ‘n Ontleder van Jane’s Defence, Nick de Larrinaga, sê egter die self-verdedigingsgroepe het nie die

Lees verder: ‘Separatiste kon nie vlug MH17 afskiet nie’

Reserwebank stoot repokoers op

Die Reserwebank het die repokoers met ‘n kwart van ‘n persentasiepunt verhoog. Gill Marcus, die president van die Reserwebank het die koers tot 5,75 persent opgeskuif. Sy het inflasie as rede vir die verhoging aangevoer. Die hoër koers beteken dat banke hulle prima uitleenkoers tot 9,25 persent sal verhoog. Marcus sê die swak rand en

Lees verder: Reserwebank stoot repokoers op

Gewonde leeu op vrye voet

Boere in die Mosselbaai-omgewing in die Suid-Kaap is op die uitkyk vir ‘n gewonde leeu wat in die gebied op vrye voet is. Dit volg nadat vyf leeus Woensdag by die Gondwana Natuurreservaat ontsnap het, het RSG berig. Twee is doodgeskiet, terwyl nog twee gevang en na die reservaat teruggeneem is. Die polisie het intussen

Lees verder: Gewonde leeu op vrye voet

Nosey Pieterse sit sy landbourewolusie voort

Nosey Pieterse, die uiters omstrede hoofsekretaris van Bawusa sê die landbouvakbond se werkers wil ‘n dubbelsyferverhoging hê. Plaaswerkers wat aan Bawusa behoort, het kennis gekry van uitsluiting by die werkplek nadat hulle Maandag by Douglas Green Bellingham in die Boland begin staak het. Die varkboer Pieterse, is ‘n skatryk begunstigde van bemagtigingstransaksies. Vrae oor sy

Lees verder: Nosey Pieterse sit sy landbourewolusie voort

Zuma: ANC oorweeg nie om Israeli ambassadeur uit te skop

President Jacob Zuma sê die regering het nie die moontlikheid bespreek om die ambassadeur van Israel uit die land te skop nie. Zuma het met die SAUK gepraat by die Brics-beraad in Brasilië. ‘n Beroep is op die ANC-regime gedoen om op te tree teen die ambassadeur weens Israel se voortgesette bombardering van Gasa. Arthur

Lees verder: Zuma: ANC oorweeg nie om Israeli ambassadeur uit te skop

Meeste passsiers van SAL turbulensie-vlug ontslaan

Een van 20 passasiers, insluitende ‘n baba, wat Woensdag beseer is op ‘n SAL-vlug tussen Johannesburg en Hong Kong, sê dit was vreesaanjaend. Ewald Sadie beskryf op Facebook hoe ” verskeie mense ‘n paar ernstige rugbeserings” opgedoen het en in die hospitaal opgeneem moes word. Die mense was aan boord vlug SA-286 toe die voorval

Lees verder: Meeste passsiers van SAL turbulensie-vlug ontslaan

Dood van vier kinders lei tot skietstilstand in Gasa

Israel en Hamas het ‘n skietstilstand van vyf uur aangekondig nadat vier kinders op ‘n strand in ‘n Israelse lugaanval dood is, het eNCA Donderdag berig. Die VN het dié versoek gerig in ‘n poging om ‘n langtermyn oplossing vir Israel se aggressie teen Palestynse burgerlikes te vind. Daar is ooreengekom dat alle spervuur van

Lees verder: Dood van vier kinders lei tot skietstilstand in Gasa

Pretorianer deur stakers aangeval

‘n Pretorianer en sy vrou Woensdagmiddag deur ‘n bende oproerige Numsa-stakers in Hercules aangeval. Kowie Fourie se bakkie se voor- en agterruite is stukkend geslaan, toe ‘n swart skare met rooi hemde en gewapen met knopkieries en sambokke op hulle toegesak het. Fourie sê hy het aanhou ry omdat hy vir hul lewens gevrees het,

Lees verder: Pretorianer deur stakers aangeval

Britse pedofiele aangekeer onder wolk van toesmeerdery

Die Britse polisie het 660 vermeende pedofiele in hegtenis geneem na maande se ondersoeke. Brittanje het die afgelope twee jaar gebuk gegaan onder ‘n aantal skokkende pedofiel-skandale. Die onthullings oor die oorlede BBC-televisieaanbieder en reeksverkragter Jimmy Savile – ‘n hegte vriend van prins Charles wat ‘n ridderskaptoekenning van die koningin ontvang het – het die

Lees verder: Britse pedofiele aangekeer onder wolk van toesmeerdery

Wêreld se gewildste sangeres twiet vir Palestyne

Die popsensasie Rihanna, ‘n vurige Duitse sokkerondersteuner, ondersteun ook die Palestyne. Sy is een van die gewildste sangsterre in die wêreld en veral in die Midde-Ooste. Sy moes egter noodgedwonge ‘n twiet uitvee na dreigemente van Joodse groepe. Rihanna het glo “#FreePalestine” getwiet voordat sy dit agt minute later vinnig moes verwyder. Volgens Beeld is

Lees verder: Wêreld se gewildste sangeres twiet vir Palestyne