Zuma: ANC oorweeg nie om Israeli ambassadeur uit te skop

President Jacob Zuma sê die regering het nie die moontlikheid bespreek om die ambassadeur van Israel uit die land te skop nie. Zuma het met die SAUK gepraat by die Brics-beraad in Brasilië.

‘n Beroep is op die ANC-regime gedoen om op te tree teen die ambassadeur weens Israel se voortgesette bombardering van Gasa.

Arthur Lenk is Woensdag ingeroep deur die departement van internasionale betrekkinge om Israel te waarsku teen ‘n grondinval in Gasa.

Lenk het op sy beurt die gesprek verwelkom en gesê dat hy verheug is dat hy die geleentheid gegun is om Israel se posisie aan die ANC-regering te verduidelik.

Zuma sê Suid-Afrikaners voel ernstig oor die situasie in die Midde-Ooste, maar die regering het nie die moontlikheid bespreek om Israel onder diplomatieke druk te plaas oor sy oortredings nie.

Hy sê daar moet ‘n tweestaat-oplossing vir Israel en Palestina gevind word om die geweld in die gebied tot ‘n einde te bring.

Die president het gesê “Die kwessie van Palestina en Israel moet tot ‘n einde kom, dit is eintlik ‘n globale verleentheid, in vandag se wêreld […] met soveel magtige internasionale organisasies wat help om probleme op te los, is daar ‘n kwessie wat onoplosbaar is, dit is eintlik ‘n moeilike ding.”

Israel is een van die lande wat die ANC sterk steun.

Suid-Afrika se ambassadeur in Israel, Sisa Ngombane, het Israel Woensdag geprys: “Jode het gehelp met die bevryding van Suid-Afrika. […] Die regering onthou en herken julle bydraes. Jy kan verseker wees dat die formele verklaring deur my regering nie valse dinge sal bevat nie.”

Die “valse dinge” waarna Ngombane verwys is die aantygings dat Israel se onwettige optrede teen Palestyne met die van die Nazi’s vergelyk kan word.

8 thoughts on “Zuma: ANC oorweeg nie om Israeli ambassadeur uit te skop”

  1. “Hy sê daar moet ‘n tweestaat-oplossing vir Israel en Palestina gevind word om die geweld in die gebied tot ‘n einde te bring.” Nou toe-nou. Apartheid is reg vir Israel en Palestina, maar hier is dit sonde. Die huigelaar huigel voort.

Maak 'n opvolg-bydrae