Wêreld se gewildste sangeres twiet vir Palestyne

Die popsensasie Rihanna, ‘n vurige Duitse sokkerondersteuner, ondersteun ook die Palestyne. Sy is een van die gewildste sangsterre in die wêreld en veral in die Midde-Ooste.

Sy moes egter noodgedwonge ‘n twiet uitvee na dreigemente van Joodse groepe.

Rihanna het glo “#FreePalestine” getwiet voordat sy dit agt minute later vinnig moes verwyder.

Volgens Beeld is dit “heel moontlik” dat sy afgeraai is omdat haar “CD-verkope” daaronder kan ly.

Agt minute was egter te laat. Die gewraakte twiet was teen daardie tyd al 7 000 keer hertwiet.

Volgens ʼn bron na aan Rihanna het die sangeres nooit bedoel om die twiet te stuur nie.

Sy was glo besig om op te lees oor die konflik toe sy per ongeluk op die hutsmerk gedruk en dit gestuur het.

Rihanna het later getwiet: “Kom ons bid vir vrede en ’n vinnige einde tot die konflik tussen Palestynse inwoners en Israel. Is daar enige hoop?”

Sy het die Duitse span Sondag in hul kleedkamer gaan gelukwens na hul oorwinning oor Argentinië.

Obama se gunsteling ster, Beyoncé is ‘n kommersiële flop in vergelyking met haar grootste mededinger Rihanna.

Rihanna het meer digitale verkope as enigiemand in die geskiedenis (100 miljoen en sy tel nog) en het 3,2 miljard YouTube-kykers.

Die musiektydskrif, die Rolling Stone beskryf haar as ‘n “Top 40 Genghis Khan”.

34 thoughts on “Wêreld se gewildste sangeres twiet vir Palestyne”

          1. Ligte mistykie. Dit moet nie ‘bevoel’ wees nie, dit moet ‘kan bekostig’ wees

          2. O gogga nee! Net so skreeulelik soos Charlize se kys. Hy kan maar sy kredietkaart hou, dankie.

          3. Hy moet donners ryk wees!!!! Vrek ek dink sy’s bang om haar oë oop te maak in die oggend vir ingeval sy langs ‘n “stiff” wakkerword en dat dit nie net die viagra se styfwerk is nie!!! Agge nee man!

          1. Jammer 2125, maar HUH? Jy moet ongelukkig prentjies teken met my so saam want ek verstaan nie wat jy sê nie!

          2. Goeie more Javvies!

            “Toe ek op ‘n dag in die spieël kyk, sien ek my eie Pa…” – (Besef ek dat ek ongemerk middeljarig geword het… My immergroen jeug, soos perskeblare verkleur…)

            “En vir die eerste keer het ek begryp wat dit beteken – om die dinge van ‘n kind as onverklaarbaar – agterweë te laat…” – (Besef ek ook – dat wat ek vir ons kinders leer – dit is, waarteen ek gerebelleer het as kind… Dat seuneman, volwaardig man geword het…)

            2125 = Dolk (Maklik om uit te werk – vir die wat van raaisels hou.)

            Vertrou dat dit huppelsprong-goed gaan met jou?! Wens jou en almal ‘n sagte (rustige), lipklap-lekker, draairoomys-dag toe!

            NS Ek werk dat die hare waai.

          3. Ai wat kan ek sê!!! Blond het BAIE kleure! hie hie. Een van my beste vriendinne sê nogal vir my, seker dis Dolk en ek sê uhuh! Jong moet wild en wakker spring maar spring spring ons! Moenie te hard werk nie hoor.

          4. Hehehe! Javvies, haarkleur het gelukkig niks met IK te maak nie – dat blond populêr is, is ‘n feit. (Daar is baie kernfisikusse, wetenskaplikes ens. wat 100% blond is.) Die rede vir 2125 by die skrywe is omdat beide eintlik by mekaar pas.

            Baie dankies hoor – vrede en seën. (Ek skryf net vir ‘n wyle nou – sonder om by DISQUS aan te meld.)

  1. Ons hier op Praag is ingelig genoeg wat wereld toestand betref (ons eie inaggeneem) volgens my mening om hierdie skakel te lees en self te besluit wie se weergawe n mens wil glo – self sou ek graag net vir R. Theron Dunn, Senior Deacon, wou vra waar figureer julle as Vrymesselaars in instandhouding van menseregte en volkereg, Nog meer belangrik wat is die funksie van en waarvoor beywer die Vrymesselaars hulle. Miskien kan n plaaslike Vrymesselaar hierdie vrae van my antwoord?

    http://www.rense.com/general29/free.htm

  2. Ek sal nie met jou argumenteer nie want jy het klaar besluit. Ek wil jou net aan twee aanhalings in die Bybel herinner wat jou hopelik kan help in die toekoms. Belofte van God (JHWH) aan Abraham en sy saad: “Ek sal een seën wie jou seën, en ek sal een die vervloek wat jou vervloek”. Verder het Jesus self gesê: “Die saligheid is van die Jode”. (nie verbatum aangehaal nie) Wees geseend!

Maak 'n opvolg-bydrae