Pretorianer deur stakers aangeval

‘n Pretorianer en sy vrou Woensdagmiddag deur ‘n bende oproerige Numsa-stakers in Hercules aangeval.

Kowie Fourie se bakkie se voor- en agterruite is stukkend geslaan, toe ‘n swart skare met rooi hemde en gewapen met knopkieries en sambokke op hulle toegesak het.

Fourie sê hy het aanhou ry omdat hy vir hul lewens gevrees het, het Beeld berig.

Die swartes het met geweld op die voertuig toegesak en die ruite uitgeslaan.

Fourie het aanhou ry, direk polisiekantoor toe om die voorval aan te meld. By die polisiekantoor was daar reeds ‘n ander slagoffer van die gewelddadige stakers wat ook ‘n klag ingedien het.

Die stakers het sy selfoon uit sy hand gegryp en gesteel en ander voertuie aangeval, het die vroeëre slagoffer gesê.

Fourie het gesê die polisie het die groep oproeriges vergesel, maar het nie ‘n vinger veroer toe sy bakkie aangeval is nie. Hy is geskok deur die polisie se ongeërgdheid, sê hy.

Volgens die polisie was die skare “vreedsaam”.

Die Nasionale Werkgewers-vereniging van Suid-Afrika, Neasa, sê hy is besorgd oor berigte van sy lede dat Numsa ook nie-stakende werkers intimideer en aanrand. Die vereniging is een van die grootste werkgewerverenigings in die metaal- en ingenieursbedryf.

Die bestuurshoof van die vereniging, Gerhard Papenfus sê verskeie berigte is ontvang van skade aan geboue en voertuie in Johannesburg.

Daar is beeldmateriaal beskikbaar van werkers wat uit voertuie gedwing en met sambokke geslaan word.

Papenfus sê daar is ook ‘n nuwe tendens om ingange na werkplekke te versper, wat beteken dat nie-stakende werkers nie kan gaan werk nie.

7 thoughts on “Pretorianer deur stakers aangeval”

  1. Die “poliesie” is deel van die stakende asems meneer! Hoekom geskok wees? Ons sien daagliks hoe hulle voor die skares uitry en stilhou by firmas sodat hulle kan kek maak en dan verder gaan! Ek sê dit al lankal en wens mense wil begin besef…hulle is een en dieselfde kleur en tree daarvolgens op, BARBAARS!! Moenie dink jy is beskerm as hulle in die omtrek is nie want jy moet BAIE BENOUD raak as jy hulle saam sien!

  2. Die tragedie is dat die swartes na 20 jaar nog nie instaat is om te besef dat daar n swart regering is nie en dat hulle verantwoordelik is vir werkskepping wat hulle nie doen nie. Hulle dink nogsteeds as hulle brand, afbreek en verwoes hulle doen dit aan blankes – hulle dink nogsteeds dat die hoër lone wat hulle eis uit blankes se sak betaal word – en dat dit n nimmereindigende bron van geld is – hulle besef nie dat hulle dit aan hulle self en hulle eie mense doen nie – hulle het nie die verstand om dit te besef nie.
    Nie die regering eens het die vermoë om te besef die geld wat hulle kry – hulle eie geld is wat hulle korrupteer nie. – Kan mens dit noem steel by hulle self?

    En dan glo hulle dat hulle gaan vir altyd regeer – ek het nuus vir hulle.

    NS: Van Niekerk van US gaan vang n haan want van politiek weet jy niks nie – en van wat in die
    land aangaan weet jy nog minder – hou jou liewer maar by teologie.

Maak 'n opvolg-bydrae