Sowat 106 meisies jonger as 12 is binne drie maande in Pietermaritzburg en omgewing verkrag, het News24/Natal Witness berig ‘n Nuwe verslag toon ook dat 821 meisies jonger as 18 tussen Julie en September vanjaar geboorte gegee het. In dieselfde tydperk is 504 aborsies, meestal op tieners, uitgevoer. Daar is in die tyd 325 verkragtings
Drie van na moord op NUM-takvoorsitter
Drie swart mans is in hegtenis geneem na die moord op die takvoorsitter van die National Union of Mineworkers (NUM) op Marikana in Noordwes. Brig. Thulani Ngubane sê die drie verdagtes – tussen die ouderdom van 33 en 37 – is vroeër vandeesweek in Nkaneng, Wonderkop Uitbreiding 2, gearresteer. Ngubane sê die drie mans sal
Ligte vliegtuig val buite Stellenbosch
‘n Man is dood toe ‘n ligte vliegtuig Donderdagmiddag naby die La Pineta-restaurant buite Stellenbosch neergestort het. Die vliegtuig het in ‘n aarbeiveld neergestort. Sover wil dit voorkom asof slegs die vlieënier aan boord was. Die rede vir die ongeluk word deur die relevante owerhede ondersoek. – ER24
Zuma gaan voorbeeld stel met besparings
Pres. Jacob Zuma gaan “die regering se kostebeparingsproses lei deur ’n goeie voorbeeld te stel”. Collins Chabane, minister in die presidensie, sê die instruksie om koste te bespaar op luukse motors, reis, verblyf en vermaak kom van Zuma self af. “Sodra die riglyne uiteengesit is, sal ons sit en kyk na die aangeleenthede wat verband
Kaapstad gasheer vir Nobel-beraad
Kaapstad is gekies as die gasheerstad vir die 14de Wêreldberaad van Nobel vredespryswenners wat volgende jaar plaasvind. Die aankondiging is in Warskou, Pole gemaak waar die 13de beraad tans plaasvind. Volgens ‘n verklaring deur die Stad Kaapstad, is dit ‘n eer vir alle Suid-Afrikaners om dit aan te bied en sal daar seker gemaak word
Plaasaanvalle neem toe sê ISS en TLU
Die verwarring rondom plaasaanvalle en –moorde word deur die staat self veroorsaak aangesien daar sedert 2007 nie statistiek hieroor gehou word nie, het die Vryheidsfront Plus se hoofwoordvoerder oor polisie gesê. Hierdie verwarring lei tot kritiek dat mense wat daaroor praat, vrees en rasseverdeeldheid aanblaas. “Hierdie kritiek moet voor die staat se deur gelê word
‘Merkel moet meeluistering as ‘n kompliment beskou’
Woede oor die VSA se spioenasie op bondgenote is fel aan die toeneem. Meksiko en Brasilië het ook reeds beswaar daaroor aangeteken. Kort op die hakke van Frankryk dié week, het Duitsland het die Amerikaanse ambassadeur, John B Emerson, ontbied oor die meeluisterskandaal wat dreig om verhoudinge tussen die twee lande te versuur. Merkel se
Lees verder: ‘Merkel moet meeluistering as ‘n kompliment beskou’
Niekie van den Berg speel Afrikaners af teen bruines
deur Danie Langner Net ʼn kort voetnota oor Niekie van den Berg wat in vandag se Beeld dit nodig gevind het om Afrikaners sleg te sê en af te speel teen bruin Afrikaanssprekendes. Dit is die diepte van kulturele denke en strategiese insig van hulle skadu-minister vir kultuur wat my ernstig laat wonder oor die
Lees verder: Niekie van den Berg speel Afrikaners af teen bruines
Bizos roskam Duncan Scott oor Marikana-slagting
Luitenant-kolonel Duncan Scott van die polisie is vanoggend geroskam deur advokaat George Bizos van die Regshulpsentrum tydens die Marikana Kommissie van Ondersoek se sitting in Centurion. Bizos het tydens Scott se kruisverhoor hom gevra hoe die polisie daarin geslaag het om 34 mynwerkers dood te skiet en self ongedeerd daaruit te kom. Die plan wat
Lees verder: Bizos roskam Duncan Scott oor Marikana-slagting
Misdaadintelligensie-eenheid in ‘disfunksionele krisis’
Die skorsing van genl.maj. Chris Ngcobo, waarnemende hoof van die polisie se misdaadintelligensie-eenheid oor ‘teenstrydighede met sy kwalifikasies’, is alreeds ‘n ernstige vingerwysing na die staat van disfunksionaliteit waarin die eenheid verval het, het die Vryheidsfront Plus se hoofwoordvoerder oor die polisie gesê. Daar is ernstige vrae moet gevra word oor waarom die ongerymdhede rondom
Lees verder: Misdaadintelligensie-eenheid in ‘disfunksionele krisis’
