Cyril kry wiele na lugmagvlerke probleme gee

‘n Lugmagvliegtuig wat adjunkpresident Cyril Ramaphosa vervoer het moes Sondagmiddag weens tegniese probleme terugdraai, het RSG berig. Ramaphosa het van Mpumalanga af teruggekeer waar hy ingehuldig is as die eerste kanselier van die Mpumalanga Universiteit. Hy het ook ‘n beraad van die ANC-geleide drieparty-alliansie toegespreek. Polisie-lyfwagte moes hom met ‘n motor terugneem huis toe, waarna

Lees verder: Cyril kry wiele na lugmagvlerke probleme gee

Slegte week vir leeus in Kenia

Verlede week was ‘n slegte week om ‘n leeu in Kenia te wees. Donderdag is ‘n tweejarige leeu bekend as Lemek dood aangetref, met ‘n spies deurboor, het die Kenya Wildlife Service gesê. Die tweede dooie leeu kom net ‘n dag nadat veldwagters van die diens ‘n ander leeu, Mohawk doodgeskiet het omdat hy glo

Lees verder: Slegte week vir leeus in Kenia

Miljarde verkwis met wapenaankope, maar Nkandla pla meer

Dat Suid-Afrikaners nie somme kan maak nie, raak al hoe duideliker. Terwyl ‘n Duitse konsortium net €27,5 miljoen belê het in Suid-Afrika, maar krediet gekry vir €1,285 miljard, is die land se belaglike media besig om histeries te raak oor ‘n paar miljoen verkwiste rande op hoenderhokke en derglike by Nkandla. Die skokkende ouditverslag oor

Lees verder: Miljarde verkwis met wapenaankope, maar Nkandla pla meer

Leon Lemmer: Verraad in Rhodesië/Zimbabwe en Suid-Afrika

Op 1 Maart is David Coltart se boek, The struggle continues: 50 years of tyranny in Zimbabwe (Auckland Park: Jacana, 2016, 647p, R380; Amazon Kindle $20,51) gepubliseer. Ek was verbaas om so ‘n lywige boek oor Rhodesië/Zimbabwe, gepubliseer deur ‘n plaaslike uitgewery, in die boekwinkel te sien. Ek onthou dat Ian Smith (1919-2007, Rhodesiese eerste

Lees verder: Leon Lemmer: Verraad in Rhodesië/Zimbabwe en Suid-Afrika

NG Kerk stel poligamie in, ná versoek van gay-lidmate

‘n Studiekommissie van die NG Kerk onder voorsitterskap van dr. André Bartlett het aanbeveel dat poligamie deur die Kerk aanvaar word. “Ons verwag dat poligame huweliksmaats vanaf vandag net soos tradisionele sisgenderpare voor die kansel die huweliksformulier in ons kerk sal kan opsê,” sê Bartlett. “Ek het self reeds ‘n eggemeenskap van drie mense in

Lees verder: NG Kerk stel poligamie in, ná versoek van gay-lidmate

Al-Sjabaab verantwoordelik vir Somaliese selfmoordbom

’n Islamitiese militante selfmoordbomaanvaller het die week in die outonome Somaliese streek, Puntland, sy arms om ’n plaaslike ampenaar gesit asof hy hom wou omhels en toe albei die lug ingeblaas. Die militante Islamitiese groep, al Sjabaab, teiken gereeld staatsamptenare in pogings om die Westers-gesteunde regering van Somalië omver te werp. Die groep het aanspreeklikheid

Lees verder: Al-Sjabaab verantwoordelik vir Somaliese selfmoordbom

Parysterreur-verdagte reg om ISIS-geheime uit te lap

Die verdagte in die Parys-aanvalle, Salah Abdesalam, wil met die Franse owerhede saamwerk, het sy regsgeleerde dié week verklaar. Hy het ook bevestig dat sy kliënt bereid is om aan ­Frankryk ­uitgelewer te word. ’n Aanklaer sou na die stad Brugge reis, waar Abdesalam aangehou word om sy uitlewering ingevolge ’n Europese arrestasiebevel te bespreek.

Lees verder: Parysterreur-verdagte reg om ISIS-geheime uit te lap

Akademie vereer twee vir Bybelvertaling

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns gaan twee professors van onderskeidelik die Noordwes-Universiteit en die Universiteit van die Vrystaat bekroon vir hulle bydrae tot Christelike teologie en Bybevertaling. Die Dominee Pieter van Drimmelen-medalje en Die Totiusprys vir Teologie en die Studie van die Bybel, sal aan Hermie van Zyl van Bloemfontein en Koos Vorster

Lees verder: Akademie vereer twee vir Bybelvertaling

Grondwethof beslis dat Zuma moet opdok vir Nkandla

President Jacob Zuma het tot middel Julie tyd om ‘n gedeelte van die geld wat op sy privaatwoning Nkandla in KwaZulu-Natal verkwis is, terug te betaal. Die hoofregter van die Grondwethof, Mogoeng Mogoeng het Donderdag in sy uitspraak beslis dat die president strydig met die grondwet opgetree het deur nie aan die Openbare Beskermer gehoor

Lees verder: Grondwethof beslis dat Zuma moet opdok vir Nkandla

Leeu wat man aanval in Nairobi geskiet

’n Man is die week in die buitewyke van Kenia se hoofstad, Nairobi deur ’n leeu aangeval en beseer waarna natuurbewaarders die leeu van kant gemaak het. Dit is die vierde keer vanjaar dat leeus buite die Amboseli Nasionale Park in Kaijado rondloop en die tweede keer in twee weke dat iemand deur ’n leeu

Lees verder: Leeu wat man aanval in Nairobi geskiet