Soos verwag sou kon word ontlok die uitslag van ‘n Beeld-peiling dat die meerderheid respondente aandui dat hulle gunstig voel daaroor om in ‘n volkstaat te gaan woon, baie reaksie – van beide voorstanders en teenstanders. Al was dit geen wetenskaplike peiling nie, is daar enkele faktore wat nie uit die oog verloor kan word
Zim sny Namibië se krag af
Zimbabwe se kragvoorsiener is beveel om die uitvoer van elektrisiteit na Namibië te staak en eers in sy eie behoeftes te voorsien, is Woensdag in die land se staatskoerant berig. Volgens die Herald het Elia Mudzuri, Zimbabwe se minister van energie, gesê dié land se kragstasies kan nie voortgaan om elektrisiteit na Namibië uit te
Volkstaat kan ‘n Zimbabwe-eindspel verhoed
Beeld het vandag ‘n verkorte weergawe van my brief in antwoord op Pieter du Toit se Volkstaat hou g’n heil in gepubliseer. Hier is die volledige brief, wat ek intussen ‘n bietjie bygewerk het. (Ek dink Beeld is gister oorval deur briewe, want vele mense in die Vryheidsfront het ook skrywes aan die koerant gerig,
Behulpsame VSA
{jathumbnail off} влагоотделитель на компрессорФильчаков прокурор харьков
Obama-musiekblyspel open in Duitsland
‘n Musiekblyspel oor Obama se “Yes we can”-verkiesingslagspreuk gaan hierdie naweek in Duitsland open. Die blyspel sluit liefdesliedjies van die president aan sy vrou Michelle in en samesang met Hillary Clinton. Selfs Sarah Palin en John McCain maak hulle buigings om die verloorders, die Republikeine, te verteenwoordig. Dertig sangers, akteurs en dansers sal aan die
Swart sokkerspeler beboet vir koggel
Mario Balotelli, die negentienjarige sokkerspeler van Inter Milaan, sê hy is siek en sat vir wit rassitiese sokkerondersteuners. Die Italiaanse liga het hom egter pas beboet met $10 000 omdat hy die toeskouers terugkoggel. Balotelli, word gereeld uitgejou omdat hy swart is en in sy kleedkamer by die San Siro-stadion pryk ‘n slagspreuk wat hom
Oupa Sarkozy
Nicolas Sarkozy, die president van Frankryk, het Woensdag oupa geword toe sy skoondogter sy eerste kleinseun in die wêreld gebring het. ’n Presidensiële vertroueling het bevestig dat Sarkozy oupa geword het, maar hy het geen verdere besonderhede gegee nie. Hy het wel bygevoeg dat sy kleinseun ‘n “baie vreemde naam” gekry het. Sarkozy se seun
Dodetal in Haïti kan bó 500 000 wees
Die eerste minister van Haïti het aan die media gesê dat die dodetal na gister se 7.0 aardbewing “maklik bo 100 000” kan styg. “Ek hoop dit is nie so nie, want ek hoop die mense het tyd gehad om uit te kom,” het minister Jean-Max Bellerive bygevoeg. “Op die oomblik is daar so baie
Plaasaanvalle styg
Statistiek toon dat gemiddeld twee boere per week tans in Suid-Afrika op hul plase vermoor word. Agri SA is bekommerd oor dié toename in plaasaanvalle in die land oor die afgelope paar maande volgens ‘n berig op landbou.com. Die voorsitter van Agri SA se veiligheidskomitee, André Botha, sê volgens die jongste beskikbare statistiek van die
Aardbewing eis duisende in Haïti
Haïti, die oudste swart republiek en een van die tien armste lande ter wêreld, is Woensdagoggend deur ‘n hewige aardbewing, wat 7.0 op die Richterskaal geregistreer het, getref. Dertigduisend mense het vermoedelik in die ramp gesterf. Dit was die ergste aardbewing in meer as 200 jaar en inwoners het te midde van hoorbare noodgille mense
