Nicolas Sarkozy, die president van Frankryk, het Woensdag oupa geword toe sy skoondogter sy eerste kleinseun in die wêreld gebring het.
’n Presidensiële vertroueling het bevestig dat Sarkozy oupa geword het, maar hy het geen verdere besonderhede gegee nie.
Hy het wel bygevoeg dat sy kleinseun ‘n “baie vreemde naam” gekry het.
Sarkozy se seun Jean (23) het in September 2008 met Jessica Sebaoun, die erfgenaam van die Joodse elektroniese onderneming, Darty getroud.
Die paartjie het verlede jaar haar swangerskap aangekondig.
Sarkozy (55) het twee seuns uit sy eerste huwelik asook ‘n derde seun, Louis (12) by sy vorige eggenoot.
Hy is tans met sy derde vrou, Carla Bruni-Sarkozy, getroud.
