Swart sokkerspeler beboet vir koggel

Mario Balotelli, die negentienjarige sokkerspeler van Inter Milaan, sê hy is siek en sat vir wit rassitiese sokkerondersteuners.

Die Italiaanse liga het hom egter pas beboet met $10 000 omdat hy die toeskouers terugkoggel.

Balotelli, word gereeld uitgejou omdat hy swart is en in sy kleedkamer by die San Siro-stadion pryk ‘n slagspreuk wat hom daaraan herinner dat hy nie ‘n ware Italianer is nie, maar “‘n swart Afrikaan”. “Non sei un vero Italiano, sei un Africano nero.”

Die kwessie is ‘n sensitiewe een. ‘n Kroegeienaar het onlangs die polisie gebel omdat iemand ‘n tros piesangs na Balotelli geslinger het terwyl hy besig was om by die eienaar se toonbank ‘n drankie te geniet.

Balotelli is naamlik die gesig van die suksesvolle swarte in Italië en by elke rassevoorval word hy opgehaal om Italianers daaraan te herinner dat swartes nie dom, agterlik en ‘n las op die staat is nie.

Tydens die rasseonluste wat verlede week in die suide van Italië tussen swart seisoenwerkers en plaaslike inwoners uitgebreek het, is sy naam weer eens gebruik om anti-swart gevoelens te besweer. Dosyne mense is in die onluste beseer.

Swart sokkerspelers word gereeld in Italië beledig. Brasilië se Luciano moes ook onlangs deurloop

In 2001, toe die 18-jarige Nigeriese speler Schengun Omolade vir Treviso uitgedraf het, het ondersteuners ‘n banier opgehou wat lees, “Ons wil nie ‘n swart speler in die span hê nie” en daarna die stadion verlaat.

Balotelli oorweeg dit om te skuif na die Engelse Premierliga, na ‘n klub soos Arsenal of Chelsea, waar daar volgens hom nie rassisme is nie.

 

cleopatra free slotsАлександр Фильчаков прокурор