Aardbewing eis duisende in Haïti

Haïti, die oudste swart republiek en een van die tien armste lande ter wêreld, is Woensdagoggend deur ‘n hewige aardbewing, wat 7.0 op die Richterskaal geregistreer het, getref.

Dertigduisend mense het vermoedelik in die ramp gesterf.

Dit was die ergste aardbewing in meer as 200 jaar en inwoners het te midde van hoorbare noodgille mense het met hul kaal hande begin uitgrawe onder die puin.

Die land is in erge chaos gedompel aangesien elektrisiteitsverbindings en telefoonkommunikasie geheel en al ontwrig is.

Dit blyk dat die hoofstad, Port-au-Prince, die swaarste getref is

Volgens ‘n woordvoerder van die VN word ‘n hele aantal van hul 9 000 vredesoldate en personeel in Haïti tans vermis.

 

дровяные печи камины для домаданильченко юрий брониславович прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae