Die leier van Agang SA, Mamphela Ramphele, sal nie haar party in die Parlement verteenwoordig nie. Dié besluit is geneem nadat daar die week ‘n bakleiery uitgebreek het oor die twee beskikbare poste. Daar was selfs sprake dat Mampie-Rampie dit oorweeg om te bedank. Ramphele is beskuldig daarvan dat sy die Kaapstadse prokureur Andrew Gasnolar
Staatsamptenaar raak beserk en moor
‘n Staatsamptenaar in Mmabatho in Noordwes het beserk geraak en ‘n man vermoor voordat hy sy eie lewe geneem het. Die polisie sê die skieter het die gebou van die Departement van Huisvesting binnegegaan en begin skiet, eht RSG berig. Twee mense is gewond deur opslagkoeëls, terwyl ‘n derde deur hom doodgeskiet is. Die man
Buitelandse invloed oor veiligheid onder die loep
Die Suid-Afrikaanse minister van polisie, Nathi Mthethwa het reeds gesê dat buitelandse eienaarskap van private sekuriteitsmaatskappye ‘n bedreiging vir nasionale veiligheid inhou. Tot op hede is dit glashelder dat die teenwoordigheid van sulke maatskappye geen helende invloed op die donker misdaadprentjie en veral plaasmoorde wat voedselsekuriteit bedreig, gehad het nie. Dat buitelandse sekuriteitsmaatskappye ‘n bedreiging
Lees verder: Buitelandse invloed oor veiligheid onder die loep
Duitse motorvervaardiger belê groot in Oos-Londen-aanleg
Die regering het homself daartoe verbind om ondersteuning aan die motorbedryf te verleen. Die Duitse motorvervaardiger, Mercedes Benz, gaan vyf miljard rand belê vir die produksie van sy nuwe C-klas model by sy aanleg in Oos-Londen. MBSA sal produksie van die nuwe C-klas by sy vervaardigingsaanleg begin met die aansienlike belegging in masjinerie en toerusting, asook
Lees verder: Duitse motorvervaardiger belê groot in Oos-Londen-aanleg
Afrikanerhater dalk Gauteng se premier
Die Gautengse uitvoerende komitee van die ANC het besluit op drie kandidate vir die premierskap van die provinsie Alhoewel hulle nie die hulle name wou bekend maak nie, is daar spekulasie dat die Afrikanerhater Barbara Creecy onder hulle is. ‘n Provinsiale woordvoerder, Nkenke Kekana, sê die alliansievennote het die drie kandidate onderskryf. Hy sê die
Geel diamant haal rekordprys
‘n Geel diamant van 100 karaat is vir meer as R160 miljoen op ‘n juweliersveiling in Genève verkoop. Daar is net enkele mense in die wêreld wat soveel vir so ‘n diamant kan betaal. Die wêreldbekende afslaers, Sotheby’s, sê die sogenaamde Graff Vivid geel diamant is deur ‘n privaatkoper aangeskaf, wat een van 30 mense
Onderwyser in hof oor kinderporno
Videomateriaal en verklarings wat verband hou met die saak van Gregory Robinson, ’n Potchefstroomse onderwyser, word tans ingewag. Robinson, 46, word saam met verskeie Suid-Afrikaners verbind met ’n beweerde internasionale kinderpornografie-netwerk, het Beeld berig. Hy het Woensdag in die streekhof in Potchefstroom verskyn op aanklagte van die besit van kinderpornografie. Bert Viljoen, 54, ‘n voormalige
Sal belasting Malema uit parlement hou?
Die Ekonomiese Vryheidsvegters wou nie kommentaar lewer oor hul partyleier, Julius Malema se belastingstatus nie. Malema skuld die Ontvanger R16 miljoen. Die EFF se woordvoerder het egter die versekering gegee dat hul leier wel parlement toe sal gaan. Mbuyiseni Ndlozi, die EFF se woordvoerder het gesê dat hy nie inligting oor die belastingaangeleentheid het nie.
Marikana Steungoep dreig met openbare protes
Die Marikana Steungoep dreig met openbare protes as hulle nie hulle sin kry nie. Hulle het die President gevra om ‘n geskrapte klousule ter herstel wat die Marikanakommissie opdrag gee om die rol van staatsdepartemente in die skietery by Marikana op 16 Augustus 2012 te ondersoek. RSG berig dat ‘n woordvoerder, Trevor Ngwane, gesê het
Meeste Moslems verwerp terreurgroep
Nigerië se president Goodluck Jonathan het Boko Haram se aanbod om swart skoolmeisies vir gevangenes uit te ruil, verwerp. Die skoolmeisies is vroeër deur die terreurgroep ontvoer. Boko Haram is ‘n groep Takfiri-militante, vermom as Moslems, wat misdade in verskillende dele van die wêreld pleeg in ‘n poging om Islam swart te smeer. Net soos
