Videomateriaal en verklarings wat verband hou met die saak van Gregory Robinson, ’n Potchefstroomse onderwyser, word tans ingewag.
Robinson, 46, word saam met verskeie Suid-Afrikaners verbind met ’n beweerde internasionale kinderpornografie-netwerk, het Beeld berig.
Hy het Woensdag in die streekhof in Potchefstroom verskyn op aanklagte van die besit van kinderpornografie.
Bert Viljoen, 54, ‘n voormalige hoof van Lichtenburg se regshulpsentrum, is ook glo deel van die kinderpornonetwerk.
Viljoen verskyn weer Vrydag in die landdroshof en Robinson sal weer op 13 Junie verskyn ivm met die saak.
Kol. Vish Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, het Woensdag gesê die ondersoek na die beweerde netwerk duur voort.
Dit is oopgevlek deur ’n organisasie in Kanada en 348 mense is verlede jaar wêreldwyd in verband met kinderpornografie vasgetrek.
