Die regering het homself daartoe verbind om ondersteuning aan die motorbedryf te verleen.
Die Duitse motorvervaardiger, Mercedes Benz, gaan vyf miljard rand belê vir die produksie van sy nuwe C-klas model by sy aanleg in Oos-Londen.
MBSA sal produksie van die nuwe C-klas by sy vervaardigingsaanleg begin met die aansienlike belegging in masjinerie en toerusting, asook vaardigheidsopleiding en-ontwikkeling.
Die Minister van Handel en Nywerheid, Rob Davies, het die belegging as die grootste onder die huidige regering geloof. Davies sê die produksie sal die aantal uitvoerlande vergroot.
Davies het gesê die huidige iterasie van die APDP (Automotive Production and Development Programme) is hier om te bly en sal voortgaan tot 2020
Hy het gesê die bedryf kan dit as vanselfsprekend aanvaar dat daar verdere konsultasie sal wees oor hoe dit verbeter en uitgebrei kan word.
Arno van der Merwe, uitvoerende hoof van MBSA en vise-president vir vervaardiging, het gesê die plaaslike maatskappy het sy eerste C-klas in 1994 gelewer en sedertdien die eer gehad om elke daaropvolgende C-klas model te bou om ‘n gerespekteerde deel te word van Daimler se wêreldwye netwerk.
Van der Merwe het gesê MBSA het geleidelik verhoogde produksiekapasiteit nagestreef en produksie het ‘n toppunt van 60.000 eenhede in 2012 bereik.
Van der Merwe het nie die presiese kapasiteit van die aanleg gespesifiseer nie.
Hy het bevestig dat sowat 85 persent van die produksie van die aanleg uitgevoer sal word.
