Geel diamant haal rekordprys

grafvivid‘n Geel diamant van 100 karaat is vir meer as R160 miljoen op ‘n juweliersveiling in Genève verkoop. Daar is net enkele mense in die wêreld wat soveel vir so ‘n diamant kan betaal.

Die wêreldbekende afslaers, Sotheby’s, sê die sogenaamde Graff Vivid geel diamant is deur ‘n privaatkoper aangeskaf, wat een van 30 mense was wat gebie het.

Volgens die afslaers is dit ‘n wêreldrekordprys vir ‘n juweliersveiling.

Een teleurstelling van die veiling egter was dat die 31,34 karaat “Victory Diamond,” genoem ter ere van die geallieerde oorwinning in die Tweede Wêreldoorlog, nie verkoop het nie. Dit het ‘n geskatte waarde van ongeveer R50 miljoen.

Na die veiling, het die afslaer verduidelik dat die koper, ‘n vrou wat heel voor in die kamer gesit het, die item terug na die veilingvloer gestuur het. Hy het bygevoeg dat so iets wel soms gebeur, maar byna nooit met so ‘n hoë-profiel stuk nie.

“Die uiteindelike koper van die geel diamant was verward dink ek, met haar berekeninge in [Switserse] frank en dollars, en het ‘n paar minute later teruggekom en gevra om dit weer op aanbod te laat plaas.”

Hy het bygevoeg dat hy “baie dankbaar” voel dat dit uiteindelik verkoop het, maar die koper was glo selfs gelukkiger daaroor.

4 thoughts on “Geel diamant haal rekordprys”

  1. Ek sal ook heeltemal verward voel met so baie geld. Is verward as ek net daaraan dink. Is maar verward omdat ek so min geld het. Is ek verward of is ek verward? Dis die vraag wat my nou vir vyf minute gaan besig hou. Wat is verwardheid? Kom dit van vannuit die Self of het dit eksistensieel? Is dit episodies weens my epistomolgie? Dalk is dit net Vrydag en ek is klaar met die semester en nou weet ek nie wat om met myself te doen behalwe om twak te skryf nie. Gaan nou my verwarde kaste regpak.

Maak 'n opvolg-bydrae