Die Marikana Steungoep dreig met openbare protes as hulle nie hulle sin kry nie.
Hulle het die President gevra om ‘n geskrapte klousule ter herstel wat die Marikanakommissie opdrag gee om die rol van staatsdepartemente in die skietery by Marikana op 16 Augustus 2012 te ondersoek.
RSG berig dat ‘n woordvoerder, Trevor Ngwane, gesê het hulle wil ook hê die kommissie van ondersoek se termyn moet met nog ses maande verleng word in plaas van 34 dae.
Ingevolge die jongste verandering word die kommissie se werk tot 31 Julie verleng met hulle verslag wat ses weke later ingehandig moet word en word ‘n klousule oor die omvang van die ondersoek se werk verwyder.
Ngwane sê indien die versoek geïgnoreer word, sal hulle die openbare mening inspan om betogings te hou.

Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.