"Daarom het mens 'n revolusionêr nodig om daardie revolusie uit te voer," het hy gesê.
Mantashe meen die moontlikheid om die vaardigheidsdirektoraat vanuit die arbeidsdepartement na Nzimande se departement te verskuif word tans bespreek.
Nzimande sou ook die kongres toegespreek het, maar kon nie omdat hy 'n afspraak met president Jacob Zuma gehad het. Daar word nou verwag dat hy Woensdagoggend sal praat.
Sy is een van ses nuwe ministeries wat onder die Zuma-bewind bekendgestel is en kritiek van opposisiepartye op die hals gehaal het.
Mantashe het voorgestel dat dié kritici na die ANC se manifes kyk. "Almal van hulle (die nuwe posisies) skakel met ANC-programme," het hy gesê en 'n beroep op Numsa-lede gedoen om dié programme te ondersteun.
Die vakbondbeweging moet sy deel doen om alle vlakke van regering te monitor en om enige kommer of probleme wat dit raaksien te rapporteer.
Die sekretarisgeneraal van Cosatu, Zwelinzima Vavi, het insgelyks die byeenkoms toegespreek en gewys op die aantal vakbondleiers wat in Zuma se kabinet opgeneem is, waaronder Nzimande.
"Ons kan nie net leiers skenk en geen kontak met hulle hê nie," het Vavi gesê, wat 'n ANC-nominasie as LP geweier het nadat Cosatu-filiale aangedui het dat hulle nie graag vir hom en Nzimande aan die regering wou afstaan nie.
"Ons kan nie net kamerade skenk en niks in ruil ontvang nie… niks vir mahala nie," het hy gesê.

'n Zambiese hof het gesê daar sal later die maand besluit word of 'n Britse hofbeslissing teen eks-president Frederick Chiluba is Zambië geldig is om die terugbetaling van gesteelde fondse moontlik te maak. Chiluba was vanaf 1991 tot 2001 staathoof.
Somaliese seerowers beplan aanvalle met gedetailleerde inligting wat hulle uit Londen bekom per telefoon. 'n Spaanse radiostasie het Maandag gesê sensitiewe data word deur 'n netwerk van informante ingesamel aangaande die vaartuie, roetes en vrag.
Lugvragkontrakteurs wat betrokke is by die vervoer van internasionale hulpvoorrade en vredesoperasies na Afrika se konflikgebiede, smokkel ook wapens sê 'n prominente vredesnavorsingsgroep.