Mulder in Zuma se kabinet skok, s? HNP

Die Herstigte Nasionale Party het verklaar dat "die aanstelling van dr Pieter Mulder, leier van die VF+, as adjunk-minister in die Zuma-kabinet, met skok ontvang is. Sy aanvaarding van die aanstelling het die laaste greintjie geloofwaardigheid in hom vernietig."

Volgens mnr. Louis van der Shyff, hoofsekretaris, het Zuma voor die verkiesing op 22 April gesprek gevoer met sekere leiersfigure uit die Afrikanergemeenskap. Die doel was om die indruk te skep dat die ANC onder Zuma simpatie het met die Afrikaners in die land. Maar Zuma het nie onderneem om misdaad en korrupsie te bekamp nie. Die aanstelling van Mulder is net gedoen om Afrikaners verder te mislei. 

Die HNP het voorts verklaar: "Zuma is bekend vir sy vyandige uitsprake teen die Blanke. Die samestelling van sy kabinet weerspieël dit. Die instelling van 'n nuwe portefeulje van "grondhervorming" is bevestigend van die eis van die Freedom Charter dat blanke grond geroof sal word en aan swart boere oorhandig word. Zuma sal dié proses verhaas."

Van der Shyff vind dit "skokkend dat die dag in die Afrikaner se bestaan moes aanbreek dat nog 'n bekende politikus uit die blanke politiek gekies het vir finansiële voordeel teen die vryheid van sy volk. Dat dit die seun van dr Connie Mulder moes wees, is net so tragies soos wat die oorgawe van oud-minister Jan de Klerk se seun aan die ANC was."

Die HNP tref ook 'n parallel tussen die NNP en die Vryheidsfront Plus. "Toe kortbroek Marthinus van Schalkwyk adjunkskap in die ANC aanvaar het, het dit die einde van NP beteken. Dr Mulder se aanvaarding van die aanstelling deur Zuma beteken ook die einde van die VF+."

Verder toon die optrede van dr Mulder "net weer die klug van die parlementêre stelsel. Mulder het gesê elke stem tel. Nou tel sy stem vir die ANC. In effek gee hy nou aan Zuma sy tweederdemeerderheid waarteen hy gewaarsku het."

Volgens Van der Shyff het "die verantwoordelikheid op die HNP om die vryheid van die Afrikanervolk te herstel, vandag nuwe dimensie gekry. Die ganse volk word tot dié stryd opgeroep." 

форма 086улобановский александр биография