Londense netwerk lei seerowers

ImageSomaliese seerowers beplan aanvalle met gedetailleerde inligting wat hulle uit Londen bekom per telefoon. 'n Spaanse radiostasie het Maandag gesê sensitiewe data word deur 'n netwerk van informante ingesamel aangaande die vaartuie, roetes en vrag.

Cadena Ser radio sê hulle het 'n Europese intelligensieverslag oor die netwerk onder oë gehad. Die seerowers ontvang hulle inligting per satellietfoon en gebruik gesofistikeerde toestelle om hulle teikens op te spoor.

Blykbaar vermy die seerowers aanvalle op sekere skepe soos op Britse vaartuie. In heelwat van die aanvalle het die seerowers verbasende goeie inligting omtrent hulle teikens geopenbaar en was selfs bewus van die nasionaliteite van die bemanning aan boord.

Westerse lande het oorlogskepe na die gebied ontplooi om die seerowers te stuit wat al miljoene dollar gemaak het uit lospryse vir die gyselaars en vaartuie wat hulle aanhou in die waters van strategiese handelsroetes.

Tans hou hulle 20 vaartuie aan en ongeveer 300 gyselaars. Owerhede wat die seerowers vang weet dikwels nie waar hulle verhoor behoort te word nie, aangesien maritieme wette nie duidelik is oor jurisdiksie nie.

брекет системаФильчаков Александр Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae