Dr. Rentia Landman (leier van VF Plus in die raad), dr. Conrad Beyers (koukusvoorsitter), kol. Piet Uys (sweep), rdl. Neels Hatting, rdl. Wouter Hoffman en rdl. Frik van Wyk is die lede.
Hulle meen Mulder het die belangrike gebaar wat pres. Zuma aan Afrikaners gemaak het aanvaar na konsultasie met die partyleierskap en invloedryke Afrikanerinstellings.
Die lede sê dit was belangrik dat dr. Mulder hierdie gebaar in belang van Afrikaners en die landbougemeenskap aanvaar. Dit is goed vir Suid-Afrika en bied ook aan die Vryheidsfront Plus nuwe geleenthede en 'n sinvolle rol om regeringsbesluite, ook op munisipale vlak, te beïnvloed.
Hulle sê ook dit is nou tyd vir die party om geledere te sluit en te werk vir 'n beter toekoms vir ons mense en vir die party.
